News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Charlize help VN
Charlize Theron is deur die Verenigde Nasies (VN) aangestel as vredesambassadeur.
Mej SA nou modeskouspel
Die nuwe formaat Mej SA-kompetisie beloof 'n modeskouspel soos Suid-Afrika nog nie gesien het nie.
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Suid-Afrika
Sport
Sake
Wêreld
In Diepte
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
Kaap-Rapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
    Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  14°C  30°C
Kpstd  16°C  20°C
Dbn  21°C  29°C
Jhb  14°C  22°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

11/06/2008 12:06  - (SA)  
Hollikaans: Hup Holland Hup!
    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Verwante Berigte
  • Hollikaans: die wondere van die wêreldwye web (04/06/2008)
  • Hollikaans: Al fietsende deur Amsterdam (29/05/2008)
  • Hollikaans: Om te braai of te barbecue, dis die vraag (21/05/2008)
  • Hollikaans: '94 was sommer anderdag! (08/05/2008)
  • Hollikaans: Oranje Boven! (02/05/2008)
  • Hollikaans: Die mooiste stad in Europa (23/04/2008)
  • Hollikaans: Ek kan nie tou daaraan vasknoop nie! (16/04/2008)
  • Hollikaans: Nou wys Nederland haar ware kleure! (09/04/2008)

  • Ek was nog nooit 'n groot aanhanger van rugby nie. Dit is veels te ingewikkeld en ek kan dit nie so maklik volg nie. Die mans is onnatuurlik groot, en die geskrum is vir my bietjie vreemd. Selfs die lynstaan het nog nooit vir my regverdig verloop nie.

    Maar nou het ek 'n nuwe sport ontdek. Voetbal! (Of beter bekend in Suid-Afrika as sokker).

    Hoewel my Afrikaanse kultuur nie eintlik voetbal-vriendelik is nie, geniet ek dit baie. En ek het gou agtergekom hoekom.

    Dit is eenvoudig.

    Een bal, met twee hokke. Elf manne met net een doel: om die bal in 'n hok te kry. En een punt per keer. Nie so moeilik soos rugby met al die verskillende punte vir verskillende dinge nie! Lekker maklik. O, en ook 'n maklik reël: moenie met jou hand aan die bal raak nie. Mooi. Selfs ek kan dit verstaan.

    En die geel en rooi kaarte-ding het geen verduideliking nodig nie. Amper soos kleuters met die “supernanny” uit Engeland: Eers 'n waarskuwing, en dan mag jy nie meer saamspeel nie.

    Die nuwe belangstelling kom natuurlik nie van nêrens af nie – dit is nou die EK (Europese kampioenskap) hier. En alles is alweer oranje! Selfs by die supermark kry jy nou vir elke 15 euro wat jy spandeer 'n gratis oranje leeuwelpie. Op die tv-advertensies word mense aangemoedig om van die welpies te spaar en dit dan orals vas te plak. (Kyk uit vir die vliegtuig aan die einde!) Wragtig, het ek vanaand 'n taxi gesien met een op die voorkant. Mini-maanhaartjies wapper in die wind soos wat hy in my straat af jaag.

    Die ekwivalent van Eskom hier, deel selfs oranje “spaarlampe” uit. Dit herinner bietjie aan die rooiligdistrik, dus sal ek twee keer dink voor ek dit in my sitkamer inskroef. Maar dit is seker die idee wat tel, en dit laat die mense nadink oor die omgewing.

    Die kampioenskap het nou pas maar begin. Maandagaand (vir Nederland) om presies te wees. Met Nederland teen Italië. En met Italië as die huidige wêreldbekerhouers, was dit nie 'n maklike taak nie. Maar Van Basten en Van der Sar (ek is trots: ek ken selfs al die name!) het goed gedoen, en die eindtelling was 3-0.

    Vir Oranje.

    Wat 'n mooi aand.

    Die eindfluitjie het nog nie eers geblaas nie, toe toeter die trems, taxi's en fietse al buite my deur. 'n Man het sy kop by my venster ingedruk en my hare deurmekaar gewaai met 'n groot oranje tossel. En my buurvrou het “Gefeliciteerd” (gelukwensing) geskreeu met haar unieke en tog so herkenbare stem.

    En Vrydag doen ons dit weer. Maar die keer teen die Franse.

    Nou moet iemand nog net vir my “buite spel” verduidelik, want dit verstaan ek nog nie.

    Enige vrywilligers?


     
    Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
    Lui Blog, 16/06/2008, Lisl
    Kobus - Ja, ek was bietjie lui met my blog. Vandat ek hier skryf, skeep ek bietjie my persoonlike blog af. Maar ek sal werk maak daarvan! Dankie vir die herinnering.
    Voetbal, 15/06/2008, Oranje
    Haai Lisl,is nou juis terug in mij land van herkoms na 32 jaar in SA. Dis vir my eufories om NL so goed te sien speel (na Cruyf se legendes. Hoop jy het darem 'gepoel' by die werk? Wie weet, wen jy 'n lekker. Trek maar lekker daai leeu t-hempie aan!
    Holland, 15/06/2008, Kobus
    Hi Lisl Baie interesante skrywes van jou. Tereg soos Louwtjie dit gestel het: 'n weeklikse uitstappie na Holland. Ek het op 'n blog van jou afgekom wat baie interessant was. Ek sien hy word nie meer op datum gehou nie. Het jy dalk 'n web site?
    oulik!, 14/06/2008, Myn
    oulike geskrywery - ek geniet dit baie!! hoe lyk dit met 'n foto'kie van 'n "welp" of vier?
    hup holland, 14/06/2008, rich
    blijf zo doorgaan met je blog,leuk om van een zuid-afrikaanse te lezen hoe zij in holland leeft en alles beleeft. heb met zuid-afrikaanse vrienden hier in de usa de wedstrijd gezien en dit is een groot feest hier .veel plezier in holland!
    Hup Holland Hup ^^, 13/06/2008, Ren?jie in Hollandsfontein
    Sies man, 'wat 'n mooi aand', dit verdien darem ten minste 5 uitroeptekens!! Dit was sommer 'n historiese wedstryd, soos die kommentator maklik 4 keer ges?et ;) Vanaand weer!! :)
    Holland, 12/06/2008, Louwtjie
    Lisl, ek het aanvanklik maar moeilik vat gekry aan jou skrywes: gedink dit gaan weer 'n expat wees wat vertel hoe sleg SA is, en hoe wonderlik die vreemde. Maar nou is ek hooked. Dis tog te lekker om elke weer te lees hoe jy die nuwe dinge probeer baasraak, en van die vreemde gewoontes van die Nederlanders. Doe so voort: dis amper my weeklikse uitstappe Holland toe.
    koning Van der Sar, 12/06/2008, Huisvrou in Holland
    Edwin van der Sar (1970) maak di?uisvroutjie se knie?am; iets wat rugbyhelde byvoorbeeld nooit reg gekry het nie. En wat die welpies betref: as jy hulle netjies op jou yskas plak hoef jy nie 'n boekhousisteem te h?ie. Elke welpie=15 euro. Dit is skokkend om te sien hoe snel die gediertetjies vermeerder! Tot die kinders se groot vreugde want vir elke vier welpies + 3 euro kan jy 'n groot welp gaan koop. Het jy al 'n "brul-shirt"?
     
    Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.

    Kry Rapport op jou Facebook-profiel

    Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


        Vind
    Reis en Verblyf
    Direct Axis-Lenings
    Wen tot R1000 verniet
    Motor- & huisversekering
    Werkgeleenthede
    Afrikaanse boeke
    Rapport-foto's
        Stem
    Wie is, volgens jou, mees "presidensieel"?
    Mnr. Zuma
    Mnr. Lekota
    Pres. Motlanthe

    Resultate
    Vorige Resultate
        Vind ou vriende
    Kies jou skool se provinsie
    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP







    Terug na bo