News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Charlize help VN
Charlize Theron is deur die Verenigde Nasies (VN) aangestel as vredesambassadeur.
Mej SA nou modeskouspel
Die nuwe formaat Mej SA-kompetisie beloof 'n modeskouspel soos Suid-Afrika nog nie gesien het nie.
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Suid-Afrika
Sport
Sake
Wêreld
In Diepte
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
Kaap-Rapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
    Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  14°C  30°C
Kpstd  16°C  20°C
Dbn  21°C  29°C
Jhb  14°C  22°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

19/06/2008 11:51  - (SA)  
Hollikaans: Wat is ’n vrou sonder ’n fiets...?
    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Verwante Berigte
  • Hollikaans: Hup Holland Hup! (11/06/2008)
  • Hollikaans: die wondere van die wêreldwye web (04/06/2008)
  • Hollikaans: Al fietsende deur Amsterdam (29/05/2008)
  • Hollikaans: Om te braai of te barbecue, dis die vraag (21/05/2008)
  • Hollikaans: Oranje Boven! (02/05/2008)
  • Hollikaans: Die mooiste stad in Europa (23/04/2008)
  • Hollikaans: Ek kan nie tou daaraan vasknoop nie! (16/04/2008)
  • Hollikaans: Nou wys Nederland haar ware kleure! (09/04/2008)

  • En nog meer oor fietse…

    Aangesien fietse die wêreld hier domineer, en ek voel dat ek nog nie genoeg oor die verskynsel geskryf het nie, is dit dié week se verhaal.

    My knieë is nie meer so blou nie, en ek het al amper die pyn vergeet van die tremspore se val, maar my selfvertroue is nog nie terug op die optimale vlak nie.

    Maar ek sal by die begin begin…

    Dit het my omtrent 18 maande gevat om 'n fiets te koop. Dit is skandalig – ek weet – en ek laat my kop ook in skaamte sak. Die enigste verweer wat ek het, is dat ek in ‘n klein stadjie gewoon het en orals heen kon loop. In Amsterdam het ek nie meer ‘n verskoning gehad nie en het dus op een van my eerste Saterdae in my nuwe huis afgesit na die fietswinkel.

    Ek het ‘n wenk van iemand gekry dat Dr. Beyk (soos in Bike!) goeie diens lewer en relatief goedkoop is.

    Met dié inligting en nog ander instruksies van verskillende vriende, arriveer ek by Dr. Beyk. Ek word gehelp deur ‘n man wat lyk of hy gisteraand in die coffee shop (en nee, nie die soort wat koffie verkoop nie) geslaap het. Blykbaar weet hy iets van fietse.

    Maar met die vasgestelde begroting en die vereiste van remme was daar vinnig net een keuse vir my oor:

    ‘n Rooie.

    Remme, ja. Klink nogal standaard. Maar die meeste fietse hier trap agteruit om te rem. Ek kan nie eers ‘n bal vang nie, laat staan nog ry en agteruit “briek”!

    As ek nou nie so ‘n konvensionele meisie was nie, het ek ook nog die volgende opsies gehad:

    Die bakfiets. Met ‘n groot bak waarin jy kinders, honde, kruideniersware of tuingereedskap in kan vervoer.

    ‘n Ou bekende: Die tandem-fiets. Vir twee mense – wie weet waarom?

    Die lê-fiets. As jy hier afval, val jy hard. Ek het dit al gesien.

    Die elektriese fiets. Vir die luies onder ons.

    Die vou-fiets. Hiermee mag jy in die trein ry, maar net as jy hom opvou. Niemand doen dit nie! Dit pas ook maklik in jou kar.

    Maar ek hou van my rooie.

    Volgens my Amsterdamvriende is my fiets te nuut. Jy is veronderstel om ‘n duurder slot as fiets te koop. Myne was andersom, maar dit het vir my op daardie oomblik sin gemaak. Eintlik nog steeds. Maar vir ‘n bisarre rede word ek nog steeds gespot. Soos baie dinge in Nederland, het ek dit maar aanvaar, sonder om heeltemal te verstaan.

    So van verstaan gepraat - my voetballesse kom al mooi aan, danksy al die nuttige inligting op die internet en oulike voetbalkaartjies met al die spelers op van die Staatsloterij.

    En die wedstryd teen Frankryk was legendaries! En gisteraand het al die reserwes hulle beste gelewer teen Roemenië.

    Laastens, om die fietsry-sirkel te voltooi, kort ek nou nog net een ding:

    Fietsversekering!


     
    Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
     
    Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.

    Kry Rapport op jou Facebook-profiel

    Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


        Vind
    Reis en Verblyf
    Direct Axis-Lenings
    Wen tot R1000 verniet
    Motor- & huisversekering
    Werkgeleenthede
    Afrikaanse boeke
    Rapport-foto's
        Stem
    Wie is, volgens jou, mees "presidensieel"?
    Mnr. Zuma
    Mnr. Lekota
    Pres. Motlanthe

    Resultate
    Vorige Resultate
        Vind ou vriende
    Kies jou skool se provinsie
    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP







    Terug na bo