News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Minki vonkel...
Minki Visser vonkel behoorlik wanneer sy praat oor 'n nuwe verbintenis...
Komedie met plaaslike talent
Wat het Catriona Andrew, Barry Hilton en Mark Fish in gemeen?
Sondag 12 Oktober 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Sport
Sake
In Diepte
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Leef in Gauteng
Kaap-Rapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
    Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  10°C  31°C
Kpstd  13°C  20°C
Dbn  17°C  30°C
Jhb  11°C  29°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

02/07/2008 14:36  - (SA)  
Hollikaans: Nóg lesse in Nederlandikaans
    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Verwante Berigte
  • Hollikaans: Wat is 'n vrou sonder 'n fiets...?
  • Hollikaans: Hup Holland Hup! (11/06/2008)
  • Hollikaans: die wondere van die wêreldwye web (04/06/2008)
  • Hollikaans: Al fietsende deur Amsterdam (29/05/2008)
  • Hollikaans: Om te braai of te barbecue, dis die vraag (21/05/2008)
  • Hollikaans: '94 was sommer anderdag! (08/05/2008)
  • Hollikaans: Oranje Boven! (02/05/2008)
  • Hollikaans: Die mooiste stad in Europa
  • Hollikaans: Ek kan nie tou daaraan vasknoop nie! (16/04/2008)
  • Hollikaans: Nou wys Nederland haar ware kleure! (09/04/2008)

  • Die Nederlandse stokperdjies is om te kla en om die laagste moontlike prys te betaal vir alles. Laasgenoemde het ek hierdie week op ‘n heel ander manier meegemaak:

    Vanaand is die Radiohead-konsert in ‘n park hier in die weste van Amsterdam gehou. Ek wou graag gaan, maar het nie 6 maande gelede in ‘n ry gestaan om ‘n kaartjie by die poskantoor te koop nie. Maklik-maklik het ek toe gister ‘n advertensie op die Nederlandse weergawe van eBay geplaas en binne ‘n uur 3 oproepe ontvang. Die eerste gelukkige beller was ‘n vrou. Vir ‘n oomblik het ek gedink ek hoor ‘n ligte aksent, maar gedink miskien kom sy net uit die suide.

    Nog voor die onderhandeling begin, spoeg sy dit al uit: “Ja, ek het 70 euro vir die kaartjie betaal.” Ek bly stil. “Maar, uhmm, ek sal ook 60 euro vat.” Ek swyg. “Maar eintlik is 55 ook goed.”

    En so het ek, sonder om ‘n woord te sê, nog ‘n hoofstuk van my inburgeringskursus voltooi. Maar ek vermoed nog onraad - en toe sy haar man vra hoe laat ek hom kan ontmoet, val al die stukke van die legkaart in plek. Hulle praat eintlik Engels. My trots oor my 1-0 oorwinning oor die Nederlanders het soos mis voor die son verdwyn!

    Om nou by die ander gewilde tydverdryf van my gas-volk te kom: kla. Kla oor die weer (goed, goed, 8 maande van die jaar het hulle rede), kla oor die honde wat hulle besigheid op straat doen, kla oor die duur koningshuis en laastens, kla oor die verkeer. Of “file” (uitgespreek fiele) soos hulle sal sê.

    In die amper twee jaar wat ek hier bly, kon ek nog nie besluit of die verkeer hier erger as in Johannesburg is nie. Ek het tot die slotsom gekom dat dit anders is. Veral toe ek die vorige Vrydagaand van Nijmegen af terugry na Amsterdam (om 12 uur in die nag), en vir ‘n uur lank in die “ stomme file” moes sit. Hulle het aan die pad gewerk. Vir 12 kilometer! Goedkoop arbeid bestaan nie eintlik hier soos in Suid-Afrika nie, so ek weet nie waar vind hulle al die mannetjies om vir 12 km aan die pad te werk nie. Volgens my opinie kan hulle hoogstens aan 1 km gelyk werk.

    Maar goed, dit was die uitsondering. Oor die algemeen (as mens dit nou moet vergelyk) is die verkeer hier nie so erg nie. Die ringweg om Amsterdam is redelik besig, en so ook die paaie na Den Haag, Utrecht of Rotterdam. Maar wat ek wel goed vind van die Nederlanders is die manier hoe hulle dit hanteer, beheer en verbeter.

    Die websites en inligtingsborde tot my beskikking is fantasties. Jy kan elke oomblik sien waar staan dit vas, en hoe jy liewer moet ry. Die verkeersberigte op die radio is ook prakties. Dit word gelees in nommer-volgorde. Dus eers wat op die A1 gebeur, dan die A2 en dan die A27 byvoorbeeld. Dit klink wel voor die hand liggend, maar as die berig by A5 begin, dan weet jy al daar is niks op die A2 nie. Eenvoudig dog pragtig! Miskien moet Jeremy Mansfield en sy bende dit probeer.

    So is daar ook ‘n website met die naam “van A naar Beter”. Dit help onder andere mense om minder verkeer te veroorsaak. Klein goedjies soos bly in jou baan, ry teen ‘n billike spoed op die invoegstroke (hier “rits” genoem) en moenie op die snelweg stilhou as jy ‘n ongeluk gehad het wat net jou kar se buitekant beskadig het nie.

    Maar my gunsteling is die robotte op die opritte van die snelweg. Ek dink dit is ook nou in Johannesburg ingevoer, so dis miskien nie nuut nie, maar daar is die oulikste kennisgewing: “ By groen een auto (kar), en bij rood (rooi) een foto!” Dus jy moet maar jou kans afwag of jy kry ‘n foto met ‘n rekening in die pos.

    Die skole het verlede week gesluit, en ek het vanaand op die nuus gehoor dat dit more 30 grade gaan word. Dus met die mooi weer saam, en almal met vakansie (wat erge verkeer in Suid-Frankryk gaan veroorsaak) hoop ek dat ek ten minste more die geneul gespaar sal bly!


     
    Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
    Nog lese in Nederlandikaans, 06/07/2008, Kobus
    Lisl ek nie help om te glimlag toe jy van jou gasvolk praat nie. Ek het 'n Hollandse buurman gehad. As hy by ons aan huis kom loop hy en prrtt prrtt (poep) so ver as wat hy loop. Sonder 'n woord. Groetnis.
    Lesse in Nederlandsikaans, 02/07/2008, M
    Ek lees altyd die berigte, want my dogter werk in Amsterdam by TMF. Sy geniet dit baie daar, maar verlang terug na Bloemfontein. Stel deesdae ook belang in Sokker!!
     
    Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.

    Kry Rapport op jou Facebook-profiel

    Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


        Vind
    Motor- & huisversekering
    Direct Axis-Lenings
    Piggs Peak Casino
    Werkgeleenthede
    Afrikaanse boeke
    Stuur jou video
    Internasionale Lotto
    Rapport-foto's
        Stem
    Sal jy jou steun toesê aan mnr. Lekota se wegbreek-poging?
    Ja
    Nee
    Dit sal nooit realiseer nie.

    Resultate
    Vorige Resultate
        Vind ou vriende
    Kies jou skool se provinsie
    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP







    Terug na bo