News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
All Blacks wen rugby én harte
Dis nie net die Bokke wat swig voor die All Blacks nie - 'n Suid Afrikaanse model het ook vir 'n Kiwi geval.
Toer saam met Bokke
Wen 'n reis na Engeland en sien die Bokke op Twickenham.
Sondag 24 Augustus 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
In Diepte
Nuusfokus
Mandela90
Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Leef in Gauteng
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
    Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  1°C  22°C
Kpstd  13°C  15°C
Dbn  15°C  24°C
Jhb  7°C  26°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

02/07/2008 16:17  - (SA)  
De Blog-sem in: Laat ons maar wag tot Saterdag
    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend


Slaan my dronk, in geselsies met pêlle en as ek die openbare mening lees en luister, hoeveel mense waaragtig voor die twee rugbytoetse teen Nieu-Seeland reken die Springbokke het dié ene so te sê in die sakkie.

Dis allermins buite die kwessie – hier is ‘n topgehalte geslag rugbyspelers in Suid-Afrika aan die deurkom en dit beginne net so effens te lyk of ons dalk die ergste nagevolge van ‘n dekade se internasionale isolasie begin afskud.

Maar hoe kort is hierdie mense se geheues? En weet hulle watter prestasie dit sou wees indien die Bokke maar net een van hul twee toetse in Wellington of Dunedin kan wen?

Die uwe het anderdag sit en tel hoeveel rugbywedstryde hy in Nieu-Seeland, Australië en die Suidsee-eilande gesien het en hoeveel hiervan die SA spanne gewen het…

Dis 25 wedstryde in totaal, waarvan die Sharks in ’96 hul Super-12-halfeindstryd teen die Reds gewen het; die Bokke in 2001 in Perth gelykop gespeel het teen die Aussies en, les bes, die SA Ontwikkeling-span in ’92 voor was teen Junior Samoa toe die skeidsregter die wedstryd weens ‘n volskaalse onlus op die veld stopgesit het.

Die ander 22 het die Suid-Afrikaanse span verloor. En met ‘n hele paar hiervan het ek ook, soos Jan Rap en sy maat, vooraf vertel van ons moet hierdie ene wen en natuurlik kan ons.

Meestal het dié droom daarop berus dat ons swaarder voorspelers hul oorsese eweknieë se koppe in hul alies sou terugdruk en daar g’n wegkomkans sal wees vir Kiwi se kind nie.

Meestal was die All Black-voorspelers daai deurslaggewende twintig persent beter as wat ons onsself vooraf wysgemaak het, maar selfs in ‘99 – toe die Bok-agttal wél die veld vol geloop het met hul skrum – het die All Blacks met 28-0 gewen.

Om hulle pap te skrum, gaan nie die wedstryd wen nie, al kan jy dit uiteraard verloor deur self pap geskrum te word.

Hier is ‘n bietjie statistieke vir al dié siele wat vergeet teen wie die Springbokke die volgende twee Saterdae speel.

In die laaste 71 jaar kon die Springbokke ‘n totaal van 4 toetse in Nieu-Seeland wen.

Bring jy die goue jare van SA rugby in berekening, raak die statistiek darem ‘n meer bemoedigende 7 oorwinnings in 87 jaar. Daar was nie goeters soos Wêreldbekers om ons onder die waan te bring dat ons nou die beste span in die wêreld is nie.

Nes ons na 1995 onsself so warm gepraat het (en die woord “voedselvergiftiging” taboe was onder ons ondersteuners) dat ons die volgende paar jaar moes spartel vir enige bietjie sukses, vrees ek die 2007-sukses het weer gans te gou na gans te veel koppe getrek.

In Nieu-Seeland, het hulle in die ou dae vertel, organiseer hulle rugbytoere verskillend vir Suid-Afrikaners as vir Britte. Vir die Britte, so skinder die Kiwi’s, maak jy ‘n klipharde toerprogram reg, stamp hulle Woensdag na Saterdag hard en wag vir hul selfvertroue om te kwyn voor die toetse.

Vir Suid-Afrikaners, reken hulle, is die resep anders: voer hulle vet met taamlik sagte opposisie: ‘n Suid-Afrikaner is op sy gevaarlikste met sy rug teen die muur en op sy swakste wanneer hy hom begin verbeel hy’s kaas.

Genadiglik het ons spelers waarskynlik nog nie aangesteek by hul landgenote nie. Hul geheues strek natuurlik ‘n bietjie verder as verlede week se Boots ‘n’ All. Die geheue (of die internet) sal enigiemand kan vertel dat die Bokke, sedert ons hertoetrede tot toetsrugby in ’92, nege maal in 34 toetse teen die All Blacks baas was, met een gelykop uitslag.

Dis rakelings meer as ‘n kwart van die tyd! En sluit boonop tuistoetse in…

Persoonlik glo ek self die Springbokke gaan minstens een van die twee toetse oorsee wen. Maar ek is nie simpel genoeg om myself wys te maak dat my verstand harder as my hart praat nie.

En nee – nie daai verrassende probleem van Adrian Jacobs se verdediging teen Ma’a Nonu wat ek so luidkeels van al wat skielike kenner moet aanhoor nie, want Jacobs speel teen Conrad Smith.

As Nonu op Jacobs af hardloop, het die verdediging klaar binnetoe skeefgeloop en is dit ‘n formaliteit vir die All Blacks om te gaan druk al speel die gees van Ryk van Schoor dan ook buitesenter.

Die Bokke het die lynstaan, die All Blacks die skrum. Of so glo ons, want dié twee is baie lank gelede teen mekaar gemeet in deesdae se terme. Uitslae teen ander spanne tel ook min tot g’n niks nie.

Op papier lyk dit of daar maar min tussen die twee spanne te kies is, wat beteken die wenhonger raak ‘n groot faktor.

In Wellington draf die wêreldkampioen uit teen ‘n tuisspan wat hierdie eeu 12 van hul twee se laaste 16 toetse gewen het – en verneder is in die laaste groot toernooi waarin hulle hul ware kon uitstal.

Maar dié Bok-span het hart en die wil om as kampioene gesien te word; daarom dat ek dink wie ook al Saterdag wen, ‘n week later gaan verloor. Daai klein tikkie skaamkwaad of selftevredenheid kan in so ‘n oënskynlik gelykop tweestryd al die verskil ter wêreld maak.

Ek glo nietemin dat hierdie Springbokke hul status as kampioene sal verdien en dalk kan ontwikkel tot een van die groot spanne.

Wen die Bokke albei toetse in Nieu-Seeland, is hulle klaar onder die bestes van alle tye en kan ons maar in morge lughawe toe ry om te gaan welkom tuis sê. Dit sal feitlik die grootste sportprestasie dié eeu deur Suid-Afrikaners wees en beslis die grootste op rugbyfront: die Wêreldbeker was heerlik, ja, maar Engeland, Tonga, Fidji, Argentinië, Engeland – of Nieu-Seeland, Nieu-Seeland?

Watter rits oorwinnings klink vir u die beste?


 
Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
Kies die regte Bok span!, 07/07/2008, Wouter van der Merwe
1)CJ vd Linde 2)J Smit 3) BJ Botha 4) B Botha 5) V Matfield 6) S Burger 7) J Smit 8) P Spies 9) F du Preez 10) B James 11) B Habana 12) J d Villiers 13) J Fourie 14) F Steyn 15) P Montgomery Met Fourie du Preez en Jacques Fourie terug is dit ons beste span! Hoe kan die Bokke wen as die beste span nie speel nie? Wie gaan met my stry dat hierdie nie ons beste spelers huidiglik is nie!!!
 
Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.

Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
Piggs Peak Casino
    Stem
SA se swak prestasie in Beijing is...
Die atlete se eie skuld
Saskok (die owerhede) se skuld
'n aanduiding dat SA nie die talent het nie

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo