| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 31 Augustus 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Mandela90 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Musiekblitz | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
03/07/2008 13:53 - (SA)
Uit die persgalery: ’n Kis vir ’n Zim-boer
“Hulle moet my kom doodskiet. Dis al hoe hulle my van die plaas af sal kry. In ’n kis.” Dít was mnr. Mike Campbell, bejaarde boer van die Chegutu-distrik in Zimbabwe, se woorde aan my tydens ’n telefoniese onderhoud in November verlede jaar. Agt maande later tref dié drie sinne my soos ’n vuishou in die maag ten aanskoue van bebloede foto’s van hom, sy vrou en skoonseun wat vandeesweek hier in koerante verskyn het. Hulle is van hul plaas Mount Carmel ontvoer, pap geslaan, weer gemartel en toe vir dood langs ’n pad agtergelaat. Dít op dieselfde dag wat die despoot Robert Mugabe die soveelste verkiesing gekaap en die presidentskap opgeëis het. Grondboewe het al lankal hul messe in vir Campbell omdat hy die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se tribunaal in Windhoek gevra het om hom, sy familie en 70 werkers en hul 120 kinders teen plaasbesetters en teistering te beskerm. Die SAOG-tribunaal het regsgeskiedenis gemaak en in Desember ’n tussentydse hofbevel uitgereik wat die Zimbabwiese regering verbied om hul hande op Campbell se plaas te lê tot tyd en wyl die Zimbabwiese hooggeregshof dié boer se saak aanhoor. Dit moet seker nie ’n verrassing wees dat Zanu-PF se handlangers hulle nie aan ’n hofbevel steur nie. Die Campbells se lot haal wêreldnuus danksy hul toegang tot regspanne, kameras, die internet en satellietfone. Maar soos die Business Day tereg gesê het in die foto-onderskrif op Woensdag se voorblad, die meerderheid van die Mugabe-regime se slagoffers is arm swart mense wat in stilte ly. Die menseregtevergrype in ons buurland sál sommige Suid-Afrikaners ongemaklik laat rondskuif. Wie was al nié in gesprekke waar die deuntjie “ons is die volgende Zimbabwe” gesing is nie? Die gebeure in Zimbabwe is ’n tydige waarskuwing oor die pad wat ’n land kan loop as sy landsburgers ’n demokrasie nie jaloers bewaak nie. ’n Demokrasie kom nie oornag tot ’n val nie. Dit gebeur stelselmatig. Dit is die sogenaamde klein voorvalle - op die oog af niksbeduidend - wat die grense stadig maar seker verskuif. Dít is hoekom ons nie durf apaties wees teenoor die politiek, regeringsbesluite of wat in die parlement en in ons howe gebeur nie. Die burgerlike samelewing het ’n belangrike rol te speel. Só ook die instellings wat ons grondwetlike regte beskerm. Neem byvoorbeeld die herrie tussen die Menseregtekommissie (MRK) en mnre. Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga, en Zwelinzima Vavi, hoofsekretaris van Cosatu. Vavi en Malema het albei onlangs in die openbaar gesê hulle is bereid om hul lewens op te offer en ander s’n te neem om mnr. Jacob Zuma, ANC-president, se belange te beskerm. Die MRK het albei twee weke gegee om hul stellings terug te trek omdat dit teen die Wet op Gelykheid is en strydig is met die gees van die Grondwet. Dit lyk nie of Vavi en Malema hulle aan die MRK steur nie. Of dié waghond en sy werk ernstig opneem nie. Nou kryt dr. Blade Nzimande, SAKP-hoofsekratris, die MRK ook uit vir ’n boendoehof. Sommige lesers meen dit alles is ’n storm in ’n teekoppie. Dit is juistement nié. Nie in die lig van die hangende hofsaak teen Zuma nie. Nog minder as jy die gebeure rondom die konstitusionele hof en regter-president John Hlophe by die prentjie voeg. Suid-Afrikaners moet dié gebeure met ’n fyn oog dophou. Ons mag nie ons koppe soos volstruise in die sand druk en hoop en bid die storms gaan oorwaai nie.
|
|||||||||||||||||
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|