News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
All Blacks wen rugby én harte
Dis nie net die Bokke wat swig voor die All Blacks nie - 'n Suid Afrikaanse model het ook vir 'n Kiwi geval.
Toer saam met Bokke
Wen 'n reis na Engeland en sien die Bokke op Twickenham.
Sondag 24 Augustus 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
In Diepte
Nuusfokus
Mandela90
Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Leef in Gauteng
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
    Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  1°C  22°C
Kpstd  13°C  15°C
Dbn  15°C  24°C
Jhb  7°C  26°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

16/07/2008 15:51  - (SA)  
Uit die persgalery: Hoe legitiem is ’n staat sonder publiek se vertroue?
    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend


Die Huis het nie juis tyd gehad om aandag te gee aan die publiek se wantroue in die parlement nie.

Só sê me. Baleka Mbete, speaker van die nasionale vergadering en nasionale ANC-voorsitter, in ’n vraag-en-antwoord-sessie aan die Helen Suzman-stigting.

Die bekentenis volg vier maande nádat die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing bevind het die publiek se vertroue in Suid-Afrikaanse instansies het nou kommerwekkend lae vlakke bereik.

Parlementariërs is te besig, verduidelik die belangrikste vrou in die regerende party. Suid-Afrikaners verstaan ook nie die rol van die parlement nie (lees: ons is te dom). En natuurlik moet mens ook in ag neem hóé die parlement in die media uitgebeeld word.

Die ANC se blameer-die-media-retoriek is ou nuus.

Wat wel verfrissend arrogant is, is Mbete se siening dat die publiek se vertroue in ons parlement nie ’n saak van erns of kommer is nie.

Die RGN sê in sy Maart-verslag minder as die helfte (46%) van die bevolking vertrou die parlement. Dit is 20% minder as in 2004.

Mbete mag min gepla wees, maar verseker sê dit iets as nie eens een uit elke twee Suid-Afrikaners die wetgewende gesag vertrou nie.

Die vertrouenskwessie het die afgelope kwartaal sterk na vore getree in die openbare verhore oor die wetsontwerp op onteiening. Me. Thandi Tobias-Pokolo, ANC-LP en voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor openbare werke, het verlede maand aan Rapport gesê wit en swart mense vertrou nie die regering nie. Dít is hoekom die onteieningswetsontwerp so omstrede is en emosionele reaksie ontlok, was haar woorde.

Wag maar, die vet gaan behoorlik in die vuur wees wanneer wetgewing wat die Skerpioene se ontbinding moet deursien, in die parlement dien. Dán sal ons sien hoeveel vertroue daar is in die mense wat ons landswette maak.

Mbete kan gerus ag slaan op die feit dat ’n skamele 34% van Suid-Afrikaners hul plaaslike regering vertrou. En dit is nie net wit mense wat sinies is nie. Tot 65% van swart mense wantrou hul plaaslike regeringsleiers - dít verteenwoordig ’n toename van 25% onder swart mense sedert 2004 tot 2007.

Plaaslike regering hou direk verband met dienslewering. Dié syfers sê al meer ANC-ondersteuners op voetsoolvlak is ontnugter.

Boonop vertrou net die helfte van die bevolking die howe en net vier uit elke 10 mense die polisie. Die wantroue spruit waarskynlik uit die persepsie dat misdaad al erger word en die feit dat mense toenemend onveilig voel in hul huise en op straat.

Gebeure die afgelope vyf jaar vervreem stemgeregtigdes al meer. Dit spruit onder meer uit politieke skandale (onthou minister Manto Tshabalala-Msimang se lewer-ekskepades); selfverryking onder politici (dink aan die wapenskandaal, Travelgate en nou weer die Pillay-kommissie se bevinding dat bykans R200 miljoen uit die koffers van die Oos-Kaapse regering verdwyn het) en onbevoegdheid (die Eskom-fiasko).

’n Tikkie verantwoordbaarheid en deursigtigheid, ’n afgedankte minister en ’n korrupte politikus agter tralies, is ’n goeie begin om die vertrouensverhouding met die publiek te herstel.

Vertroue máák saak, me. Mbete. Sonder dít kan geen staat hom daarop roem hy is legitiem of geldig nie.


 
Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
onse parlement, 20/07/2008, pavlov
As ek so af en toe geleentheid kry om onse Parlement op die tv dop te hou dan kan ek maar nie anders as om skaam voel as ek dink dat diplomate en ander buitekant ons grense dit ook dalk dophou. Ek meen, as dit is hoe onse palementariers landsake debateer is dit geen wonder dat vertroue in die institusie laag is nie!
ANTI-MISDAAD PARTY?, 20/07/2008, Eddie Davey (Pretoria)
Wanneer staan iemand dan tog nou op en stig die ANTI-CRIME PARTY? Verskieslik moet dit 'n prominente swart persoon wees, maar 'n witte of bruine sal ook doen!? Dan bring ons die ANC summier tot 'n val! Wat van Zille? Of dan ten minste: Laat die DA hierdie slagspreuk sy motto vir die volgende verkiesing maak! SA se rampokker-vriendelike ANC regering sal geskud word! Weg met die Prez: Dis Thaboe! (sic) vir SA verder met Mbeki (kleinseun van Oupa Mugabe.
Korrupte Regering, 19/07/2008, Theu van Schalkwyk
Nbeki het ges?ie struggle is nie verby. Dit sien jy in BOERE MOORDE, beskerming teen Robert Mogabe, toesmeerdery van Selebe en Shabala Simang. Daar is geeen demokrasie in Afrika. Hoekom moet ons n korupte regering vertrou?
Vertroue en eierskap, 18/07/2008, flinkdink
Vertoue is die fondament van leierskap. Sonder vertroue is daar nie leierskap nie. Sonder leierskap sal 'n regerende party sy mag verloor.
So wat nou..., 18/07/2008, Slicendice
die vraag is gaan daar enigsins anders gestem word in die volgende eleksie! Die persepsie onder swartes is dat hulle MOET vir die ANC stem. Hulle voel daar is nie 'n ander swart party om voor te stem nie en sal ook nooit vir 'n "wit" party stem nie. Die DA moet meer doen om swart stemme te wen. Hulle staan immers die beste kans om te wen tussen die "wit" partye!!
 
Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.

Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
Piggs Peak Casino
    Stem
SA se swak prestasie in Beijing is...
Die atlete se eie skuld
Saskok (die owerhede) se skuld
'n aanduiding dat SA nie die talent het nie

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo