| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 24 Augustus 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Mandela90 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Musiekblitz | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
19/07/2008 09:36 - (SA)
Tim praat terug
Hier volg Tim du Plessis se antwoord op leserskommentaar: (Die oorspronklike blog verskyn onder hierdie antwoord.)
Toe Conrad Sidego in die jare sestig die eerste bruin verslaggewer word wat by Die Burger aansluit, is hy nie toegelaat om die poelmotors van die redaksie te gebruik as hy uitgegaan het op stories nie. Die destydse grootbaas van Naspers, adv. Langdavid de Villiers, ’n welskape mens as daar ooit een was, het toe ’n gebruikte karretjie laat koop, eksklusief vir Conrad se gebruik. Die ironie dat hy toe ’n motor net vir homself gehad het terwyl die wit verslaggewers met poelmotors oor die weg moes kom, het hulle skynbaar destyds ontgaan. Solank die bruinman net nie in die witmense se karre ry nie. Conrad het lekker gelag toe hy my jare gelede hiervan vertel. Ek het halfhartig saamgelag, meer skaam as geamuseer. Vir dié immer wellewende mens het die wiel gedraai. Hy het aangegaan en die stigter-redakteur van Rapport-Ekstra geword. Later het hy ’n hoë pos in Anglo American gekry, was Suid-Afrika se ambassadeur in Denemarke en uiteindelik het hy “huis toe” gekom in ’n senior korporatiewe pos by Naspers/Media24. Daar is reggemaak met Conrad. Maar nog nie met al die wit Afrikaners se bruin familie nie. Breyten Breytenbach het dit onlangs gesê toe hy die Hertzogprys ontvang het. Jan Rabie was een van die eerstes wat gewaarsku het teen die gruwelike dwaling wat wit en bruin Afrikaanse mense onder apartheid van mekaar vervreem het. Die ding is net: hoe word die regmaak prakties gedoen? Of is dit eerder ’n proses wat neerslag vind in dinge soos die aanstelling van Danny Titus as die ATKV se klutuurhoof? Of Henry Jeffreys as redakteur van die einste Burger en Russel Botman as Matie-rektor? En die feit dat bruines ’n leidende rol het in die onlangs gestigte Afrikaanse Belangeforum? Tog, in die kerk dryf ons uitmekaar. Dit voel vir my die pogings om eenheid te kry tussen die NG Kerk en die Verenigende Gereformeerde Kerk het nie net tot stilstand geknars nie, die verdeling is aan die verdiep. Self is ek deesdae huiwerig om hardop te dink oor wat ons kan doen om een Afrikaanse gemeenskap te word. Die wit bitterbekke traak my nie, maar dit maak seer om te hoor jy’s “paternalisties” en jy wil “koöpteer” terwyl dit presies is wat jy níé is of wil doen nie. Dié lang inleiding om vir Pieter, Cathy en dr. Mauritius du Toit te sê: ons is op dieselfde bladsy van die liedboek oor wit en bruin. Ek hou net nie van die die woord “skuldkompleks” nie. Dit neig tot verlamming. Verantwoordelikheid aanvaar vir die verlede en vir dit wat verkeerd geloop het - ook vir die konsekwensies daarvan - werk beter vir my. Voorts moet daar gewaak word daarteen om wit en bruin Afrikaanses bymekaar te maak vir “saamstaan teen die ANC” in ’n post-’94-storie van gesamentlike slagofferskap. Ons is nie slagoffers nie! So-iets gaan Afrikaans opnuut politiseer, dié keer met noodlottige gevolge. Die politieke verhale in die koppe van wit en bruin Afrikaanse mense verskil drasties en onveranderbaar. Verreken dié realiteit, moenie maak asof dit nie bestaan nie. JVR voer ‘n klomp redes aan waarom Afrikaners nie die bruines kan “help” nie. Hy kan maar ontspan. Nêrens het ek gelees die mense van die Bruin Belange Inisiatief (BBI) verwag van die Afrikaners om hulle te help nie. Ek het dit ook nie bepleit nie. Tewens, verlede Saterdag by die BBI se amptelike stigting op Goudini was daar oorvloedige getuienis van ’n gemeenskap in selfhelp-modus. Ek neem aan Fanie Smal is tevrede omdat ek in die rubriek ook geskryf het oor die lot van verarmde wittes. Dis een van die mees ondergerrapporteerde verskynsels van Suid-Afrika post-’94. Seker maar omdat dit strydig is met die lui denke van sekere kommentators. En nie die dogma pas wat die ANC aan die land probeer opdwing nie.
Die oorspronklike blog: Min groepe is sedert 1994 so konsekwent agteruitgestoot soos die bruines. Hulle en die armste van die arm wittes. Dis nie ek wat so sê nie, dis koue syfers. Bruines word oor die hoof gesien wat tersiêre onderwys betref, nêrens meer as in die Wes-Kaap, hul hartland nie. Hulle is 54% van die bevolking daar, maar maak net 26% van die toelatings tot universiteite uit. Swartes is 27% van die bevolking in die Wes-Kaap, maar hulle maak 31% van die toelatings uit. Wittes is 12% van die bevolking in dié provinsie met 36% van die universiteitstoelatings. Die nie-bywoning van ’n opvoedkundige instelling onder bruines is die hoogste van al die bevolkingsgroepe. In die ouderdomsgroep 16 jaar is die persentasie bruines wat glad nie op skool is nie 22%. Vir swartes is die persentasie 12%, vir Asiërs 9% en vir wittes 6%. Aldus Statistieke Suid-Afrika. Sedert 1994 het werkloosheid onder bruines met 35% toegeneem. Onder swartes met 19% – amper die helfte minder. Werkloosheid onder wittes het met 106% toegeneem, maar dis van ’n baie lae basis af – wittes geniet steeds die hoogste koers van indiensneming in die land. As jy bruin is in Suid-Afrika, is jou kanse om vermoor te word twee keer groter as vir enige ander groep, volgens syfers van die Mediese Navorsingsraad (MNR). Jou kanse om in die tronk te wees as jy bruin is, is ook groter as vir enige ander groep. Bruines vorm net onder 9% van die land se bevolking, maar hulle is oor die 20% van die gevangenisbevolking. Volgens navorsing van die Universiteit van Kaapstad is 90% van die gebruikers van dwelms op die Kaapse Vlakte, spesifiek tik, jong, bruin mans. Iewers is daar ook ’n syfer wat sê Afrikaanssprekende bruin mense in die Noord-Kaap is van die armste, mees verwaarloosde mense in die ganse land. Asseblief, dié syfers word nie hier herhaal om die bruin gemeenskap te beklad nie. Nee, hulle is die onmiskenbare simptome van ’n gemeenskap in benoudheid. Tans is die prentjie van die agteruitgang van brandarm wittes sedert 1994 nog onduidelik. Maar die ANC-president, mnr. Jacob Zuma, was ’n paar maande gelede stom van verbasing toe Solidariteit hom na ’n wit (eintlik Afrikaanse) plakkerskamp in Pretoria gevat het. Solidariteit het ook syfers wat wys die getal wit huishoudings wat geen toegang tot huisvesting het nie, het toegeneem van 83 000 in 2002 tot 131 000 in 2006. Dis ’n gemiddelde jaarlikse toename van meer as 14%. Solidariteit se Helpende Hand-projek bedryf al jare lank voedingskemas by skole in arm wit woonbuurte in Gauteng waar daardie maaltyd vir baie kinders die enigste een van die dag is. Só lees ek toe die afgelope tyd alles beskikbaar oor die Bruin Belange Inisiatief. (BBI). Ook die vermanings oor bruin Oranias en die predikasies van wit slimjannies oor nie-rassigheid en etniese mobilisering. En wonder toe: dis maar in die haak dat Solidariteit ’n hand uitsteek na wittes wat uitgeskuif raak in die nuwe Suid-Afrika. En wee jou as jy iets durf sê oor die vele organisasies wat black African belange dien, sommige sommer lekker aggressief. Hoekom is dit dan so verskriklik verkeerd as daar in die bresse getree word vir bruines, veral as die narratief van die bruines sedert 1994 lees soos wat hy lees? Hulle moet net ’n skerper naam as BBI kies. En die politiek van blaam en griewe vermy. Sê die Engelse dan nie hoeka charity begins at home nie?
|
||||||||||||||||||||
|
||||||||||||||||||||
![]() |
||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|