| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 17 Augustus 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Mandela90 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Musiekblitz | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
19/07/2008 11:09 - (SA)
Vrydenker: Gaan Investec se ‘bom’ boemerang? David Meades
Ek het nog nooit in die meer as veertig jaar wat ek baie naby aan die JSE beweeg het, ervaar dat ’n groepie aandele só vlamvat en styg soos die bankaandele vandeesweek nie. En ek is deur 1969 se Groot Oplewing! Dit het op sy beurt weer ’n paar ander nywerheidsaandele aan die brand gesteek. As mens kyk na die miljarde rande wat in hierdie aandele gepomp is - en jy aanvaar dat dit die gewone individuele belegger hoofsaaklik op die kantlyn bly sit het, en as hy gebyt het was dit maar beskeie - was die afgelope week se opwelling hoofsaaklik gedryf deur afgeleide instrument-gedrewe aankope. Die rede vir die geweldige ommekeer, word voor die deur gelê van ‘n gewaande siening dat bank- en ander finansiële aandele te ver geval het weens onder meer ’n foutiewe berekening van die inflasiekoers. Dié “opsienbarende” getuienis is deur Investec Batebestuur se manne gelewer in die vorm van ‘n persverklaring dat Statistiek SA (Stats SA) weer soos vyf jaar gelede ’n bôls-op met ons inflasiesyfers gemaak het en dat die koers eintlik sowat 2% laer moet wees. Ek weet nie veel van hierdie span van Investec wat die fluitjie geblaas het nie. Hulle is meer betrokke by een of ander indeks oor vertroue of so iets. Wat ek wel weet, is dat hulle nie eintlik gesien word as erkende ekonome nie. Maar ek herhaal weer, ek ken hulle nie en onbekend is onbemind. Dalk is hulle maar net baie beskeie en sku vir publisiteit. Maar dan moet ek myself dadelik korrigeer. As ek die hoofartikel van een van ons land se voorste finansiële publikasies lees, die Business Day van 17 Julie 2008, lyk dit vir my of die Investec-storie nogal goed “bemark” is. Die hoofartikel praat van ’n “aggressief bemarkte mediavrystelling”. Business Day gaan voort deur te sê dat dat markte onmiddellik gereageer het, ten dele omdat dit dieselfde instelling was wat korrek in 2003 daarop gewys het dat die amptelike inflasiekoers met 1,9% te hoog aangegee is. Maar hierdie keer is dinge baie verskillend. Stats SA het ‘n gereelde vyfjaar-hersiening gedoen van sy metodologie om inflasie te bereken, in ooreenstemming met internasionale praktyk en volgens “ ’n duidelik beplande en en goed gepubliseerde skedule”. Hy het uit sy pad gegaan om volgens Business Day almal in te lig wat hy aan die doen was, en die implikasies was dat Suid-Afrika se hoofinflasiekoers waarskynlik sou afkom wanneer die nuwe indekse aanstaande jaar gepubliseer word. ‘Dit was hoofsaaklik die gewig van kos in die indeks, wat een van die grootste drywers wat globale pryse opjaag, in die mandjie goedere wat gebruik word op die VPIX te meet, van 25,6% nou tot 16,3% sal daal. Maar daar is weer ander faktore wat hierdie verandering van neutraliseer, meen die koerant. Die gewig van dienste-pryse wat maar pas begin styg het, sal toeneem van 33,8% tot 38,3%. Wat ook belangrik is, is dat die nuwe mandjie goedere sal bestaan uit produkte en dienste wat nie voorheen gemonitor is nie, dinge soos pryse vir taxis, restaurante, sportgebeurtenisse en begrafnisse. Dit beteken dat die jaarlikse inflasiekoerse vir hierdie items nie nou bereken kan word nie, daar is geen vorige prysvergelyking nie.” Volgens Business Day is dit onmoontlik om met enige sekerheid te sê hoeveel die land se verwagte inflasiekoers aanstaande jaar sal wees, hoewel baie analiste al ook gespekuleer het dat dit tot 2% laer kan wees. Ander ontleders meen weer die algehele effek kan neutraal wees, terwyl ander weer meen dit kan langer duur vir die VPIX om terug te beweeg in amptelike doelwit-wydte van 3 tot 6%. Die koerant maak dan die stelling dat dit “nogal vreemd” is vir Investec Batebestuur dat hy twee weke langer as ander gevat het om tot sy gevolgtrekking te kom. Dit is selfs eienaardiger dat die outeurs van die verslag dit wenslik geag het om verslaggewers op te bel en druk op hulle uit te oefen om die “plofbare bevindings” onmiddellik te publiseer. Niemand in Suid-Afrika doen dit nie, nie die Reserwebank nie, nie die Regering of Stats SA nie, voeg die koerant by. Waarom nie al vroeër die fluitjie geblaas nie? Investec het ‘n punt as hy beweer dat Stats SA het te lank gevat om sy vyfjaar-opname te verwerk. Maar waarom het hulle dan nie al vroeër gepraat nie? Tot daar toe dan die kommentaar van Business Day, wat om die minste te sê tussen die lyne die indruk wek dat hy ernstige bedenkinge oor Investec se manier van optrede het. Dit is veral die geval as mens dit saamlees met ‘n opskrif in Business Report: Financial shares surge after Investec report. Daar word berig dat finansiële aandele met meer as 7% gestyg teen middagete nadat ‘n verslag van Investec die inflasiekoers op 2% laer gestel het as die amptelike raming. En wat sê ons president van die Reserwebank hieroor. Dis tog hy wat gesien word as die man wat rentekoerse verhoog het en die indruk word gewek dat hy so onnutsig was op grond van onbetroubare inligting. So ‘n stoute knaap! Hy is soos die Koningin van Engeland sou sê, glad nie geamuseerd nie. Om die waarheid te sê, hy het geen rede om Stats SA se syfers in twyfel te trek nie en hy voeg by: “Ek is baie bekommerd oor Investec se benadering” omdat dit ’n konflik van belange skep wanneer ’n geldbestuurder sê inflasie is te hoog. Die vraag wat baie mense seker vra, is of dit wel die Investec-verslag was wat die sneller getrek het vir die banke om aan die loop te raak soos ’n trop mal perde of was dit normale markgedrag waar die mark, daardie in Trevor Manuel se woorde, “amorfe” dier, gemeen het hierdie spul aandele se prys is nou hopeloos te laag en die verslag het maar net almal se vermoedens bevestig dat rentekoerse kort voor lank weer gaan begin daal en dan is alles weer honkie-dorrie. Hoe sal man nou weet. In vandag se dae kan mens dink wat jy wil, maar jy kan nie sê wat jy wil nie en soos Spreuke ons leer is dit soms beste om ‘n wag voor jou mond te plaas. Ek het ook my vermoedens, maar hou dit maar vir myself. So wat is die feite? Kom ons gestel Investec se “plofbare” aanname is korrek, wat volgens die baie kundige uiteensetting van Business Day klaarblyklik sonder meriete is, maar kom ons sê dis in die hoogs onwaarskynlike geval in die kol. Gaan die SARB en sy grootbaas, Tito Mboweni, nou maar stert tussen die bene op die volgende vergadering van die SARB se opemark-komitee besluit om weens hierdie verslag koerse sommer met ’n volle persent of dalk sommer met die twee persent verlaag? Is dit net omdat ons Stats SA glo nie sy job behoorlik gedoen het dat dit vir die SARB - met sy magtige dinkskrum oor die ekonomie en sy toegang tot die grootste arsenaal van ekonomiese syfers waaroor enige ander ekonomiese navorsingsgroep of instelling oor beskik - nodig geword het om al hierdie aanwysers summier te verwerp? Tito “dik die josie in” Ander bronne wat na aan die SARB beweeg, vertel my dat die president van die bank “die donder” in is. Ek neem hom nie kwalik nie en ek wonder of ons die laaste gehoor het van die Investec-verslag wat so “aggressief” in die kele van koerante afgedruk is volgens die mening van minstens een redakteur. Die inflasiekoers soos bereken deur Stats SA is maar net een van ’n hele paar baie belangrike aanwysers om die SARB se optrede oor die ekonomie te help bepaal en beslis nie op sy eie die belangrikste een nie. Die inflasiekoers is per definisie die resultaat van ’n hele klomp wanbalanse wat in enige ekonomie oor ’n tydperk ontstaan. Die geheim is om hierdie wanbalanse aan te spreek VOOR dit die gesamentlike uitwerking het om knelpunte te skep wat uiteindelik pryse onbeheers laat styg wat weer op sy beurt die internasionale waarde van die rand raak en die bose kringloop skep wat dan op homself teer en baie moeilik weer beëindig kan word. Daardie wanbalanse ontstaan lank voor die inflasiekoers soos gemeet deur wie ookal begin styg. Die belangrikste rede vir inflasie is wanneer te veel geld te min goedere en dienste jaag. En wie gaan dit die eerste weet? Investec, Stats SA, Trevor Manuel of Tito Mboweni? Natuurlik Tito. Dis hy wat in die eerste en die laaste plaas die man is wat die geld druk. Hy weet dus heel eerste wanneer die rolperse te kwaai in rat kom en nuwe banknote druk dat die biesies daar in Pretoria rondom die SA Munt se aanleg bewe. Hy besef ook dat dit dan effektief eintlik hyself is wat inflasie veroorsaak, wat weer die rand se internasionale koopkrag onderrmyn. En hy besef ook dat dit in die finale instansie is waaroor die Regering hom aangestel het; Om die rand tot elke prys te beskerm! Hy weet dat die rooi ligte begin aangaan wanneer ons rolperse meer geld druk as wat ons groot handelsvennote druk. Wanneer ons geldvoorraad byvoorbeeld met 22% styg en die van ons belangrikste handelsvennote as ‘n gemiddelde met net 5%, daardie verskil van 17% tot gevolg kan hê dat die internasionale koopkrag van ons geldeenheid met 17% gedevalueer moet word. Mens kan mos nie verwag dat jy soos ‘n soort piesangrepubliek maar net kan geld druk en druk en die res van die wêreld vir altyd bereid sal wees om jou geld in te ruil vir hulle s’n wanneer jy geen sigbare monetêre dissipline het nie. En wanneer “verplig” die stelsel die SARB om soveel meer geld as ons handelsvennote te druk? Wanneer ons almal te maklik koop en te maklik skuld by die banke of die kettingwinkels kry. As ons almal bereid is om die rente op daardie skuld te betaal, het die SARB geen keuse as om die geld te druk en vir die banke te gee om weer vir ons te gee om te koop soos ons wil nie. Hier het die SARB nou ook weer danksy sy monitering van die banke se bedrywighede toegang tot syfers wat aandui hoe sterk die verlening van krediet toeneem en wanneer dit begin met om en by 25% per jaar te styg, weet die SARB hier kom groot probleme en gaan nog ‘n paar rooi ligte aan. En wanneer man dan nog boonop in die posisie is dat jou eie produksiemasjiene nie naastenby die geweldige vraag kan lewer nie en ons dus op groot skaal moet invoer, gaan daar weer rooi ligte aan in die vorm van ons betalingsbalanstekort wat sterk begin styg. Hierdie tekort is die verskil tussen die waarde van die goedere wat ons uitvoer en die waarde van die goedere wat ons invoer. Dan raak dit nag Om so ’n tekort te hê is opsigself nie ongesond nie, maar hou dit binne perke en sorg dat man dit kan hanteer deur ‘n sterk kapitaalinvloei van oorsese geld te bewerkstellig. As die netto invloei groot genoeg is gaan ons reserwes dus nie verminder nie en sal ons kredietgradering goed bly. Maar wanneer hierdie tekort op die lopende rekening te groot word en die risiko dus ook dat ons nie altyd in staat sal wees om die ekstra kapitaal te trek nie, kan dit nag raak. Dan word daar gewoonlik gesê dat ’n land soos ons s’n maklik ‘n tekort van tot 3% van ons totale volksproduk, dis nou die BBP, kan hanteer. Gebeur dit dat daar spesiale omstandighede is, kan dit selfs ietwat hoër. Maar wanneer daardie tekort begin styg na iets soos 9%, gaan sommer tien of twintig rooi ligte aan en dan begin sulke internasionale graderingsagentskappe soos Moody’s waarskuwings uitstuur dat ons iets aan die saak moet doen. Dit begin neuk! En net een man kan iets daaraan doen en dis Tito. Die somtotaal van ons ons buitensporighede word uiteindelik weerspieël deur die inflasiekoers wat dan die rand raak en dan is dit gewoonlik baie moeiliker om te help. Die gevaar is dan dat daar op soveel fronte lapwerk gedoen kan word dat jy net die hele tyd moet keer dat die walle nie oorstroom word nie en nie tyd en beweegruimte het om die oorsaak aan te spreek nie. En wat inflasie betref, is dit belangrik dat Investec se manne en ander wat nie heeltemal ingelig is nie, kennis neem dat die SARB, net soos sentrale banke oor die hele wêreld ook aanwysers het soos byvoorbeeld die prysdeflator wat hulle in staat stel om inflasie of stygende pryse te meet SONDER die hulp van ’n prysindeks. Hierdie deflator word bereken deur die nominale BBP deur die reële BBP te deel en met 100 te maal. Die prysdeflator en die prysindeks van die statistiekdiens verskil gewoonlik weinig, ofskoon dit in sekere gevalle waar jy ontwikkelende lande het wat met groot verskille in inkomstes van die verskillende klasse van sy bevolking meer kan verskil as in ontwikkelde lande. SARB kan bepaal of Stas SA se syfers klop Die probleem is egter dat die SARB nie hierdie prysdeflator so gou kan sien as wat hy die VPI kan sien nie. Dit neem tyd om al die inligting te versamel vir die SARB se kwartaalverslag en Tito kan dus net elke drie maande die mate sien waarin pryse volgens sy eie aanwysers styg. Maar wat hy wel doen, is om die mate waarin pryse styg soos gemeet deur die Stats SA en die prysdeflator met mekaar te vergelyk. Dit gee hom en sy navorsers ‘n goeie idee om te bepaal of die syfers van Stats SA wel betroubaar genoeg is deur soms, en net soms, te reageer sonder bevestiging deur die prysdeflator. Ons kan dus aanvaar dit is waarom Tito hierdie week gesê het hy het geen rede om die syfers van Stats SA in twyfel te trek nie. Wat ek nou graag wil weet, is of Investec se expose nou tot gevolg het dat die banke eintlik in ‘n baie gesonder toestand is as wat almal tot nog toe verwag het? Hoekom het ons al ’n hele paar keer gehoor van banke wat bekend maak dat winssyfers stadiger gaan groei? Wat van Standard Bank wat al drie keer die doelpale verskuif het? Praat Wesbank sommer snert wanneer hy sê dat hy bereken dat sowat 6 000 motorvoertuie per maand deur die banke teruggeneem word? Volgens my berekeninge kan dit die banke sowat R600 miljoen per maand kos as elke motorlening gemiddeld “net” R100 000 uitstaande het. Wat van die verbande wat nie meer so maklik in stand gehou kan word nie. En die kredietkaartskuld? Is daar nie dalk banke wat nou elke maand sommer honderde miljoene rande meer voorsien vir slegte skuld as ’n jaar gelede nie? Is dit dan die tyd om te meen dat banke nou te ver geval het en nou goeie waarde bied? Hoe weet ons wat is goeie waarde? As die prys van ’n aandeel geval het van R140 tot R80, is dit op sy eie nie rede om nou sommer net blindweg te wil koop nie. Wie sê nie dat die prys van R140 in elk geval R40 te veel was nie? Syfers oor winste per aandeel of dividende is in die meeste gevalle geskiedenis. Om dus nou te wil sê die en daardie aandeel is ’n goeie koop omdat die PV-verhouding nou so laag is as tien jaar gelede of die dividend-opbrengs nou die beste is in vyftien jaar, beteken net mooi niks as die man wat die uitspraak lewer nie ook baie betroubare inligting het oor die stand van sake by die maatskappy wat hierdie winste nog moet maak en dividende daaruit moet betaal nie. Maar dan troos ek my daaraan dat die manne wat die afgelope week to tekere gegaan het op ons beurs, NIE die gewone man is nie. Dis die lede van die “klub van onderlinge bewonderaars” wat nie aandele koop om te hou nie. Soos die ou storie van Van der Merwe wat gekla het oor die vrot vis wat hy gekoop het en moes hoor: “But miester Ven der Merwie, don’t tell my you ate the fish? Iets not for eatink. Iets for buyienk and sellienk!”
|
|||||||||||||||||
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|