News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
All Blacks wen rugby én harte
Dis nie net die Bokke wat swig voor die All Blacks nie - 'n Suid Afrikaanse model het ook vir 'n Kiwi geval.
Toer saam met Bokke
Wen 'n reis na Engeland en sien die Bokke op Twickenham.
Sondag 24 Augustus 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
In Diepte
Nuusfokus
Mandela90
Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Leef in Gauteng
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
    Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  4°C  23°C
Kpstd  13°C  14°C
Dbn  16°C  28°C
Jhb  10°C  26°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

23/07/2008 14:28  - (SA)  
De Blog-sem in: Die vele deuntjies van mnr. Khompela
    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Louis de Villiers is 'n rugbyskrywer by Rapport.


As jy Butana Khompela se uitlatings lees, is dit moeilik om te dink watter van ‘n halfdosyn gedagtes eerste deur jou gemoed skiet.

Dink jy eerstens: Sjoe, maar dié misbaksel is arrogant, oningelig en onnosel in gelyke parte? Of dink jy: Hel, as ek nie nou hardloop nie, gooi ek op in die sitkamer?

Dink jy eerder: sjoe, geweld los heeltemal niks op nie, maar ‘n snotklap sou darem uiters bevredigend wees? Of dink jy: nou waar’t ek die nommer van daai emigrasie-konsultante gelos?

Ek sou nie kan sê nie.

As daai naam “Butana Khompela” so dowwerig van onder aan die koerantbladsy die hoek van my oog vang, maak my brein soos ‘n rekenaar wat te’ veel informasie te’ vinnig moet verwerk.

Dis omdat die p- en die f- en die d-woorde mekaar so uit die pad stamp om eerste by my mond uitgespoeg te word, dat my brein soortvan vries. Soos ‘n rekenaar as hy vashaak en so Eêêêêê! gil, totdat jy hom maar om liefdesnaam reboot.

Ek gil gereeld self as ek onthou daar is iemand soos Butana Khompela.

En ‘n mens word maar al te gereeld daaraan herinner.

Hoewel syne ‘n uiters beskeie jôppie in ANC-geledere is, kan jy daarop reken dat enige joernalis op soek na ‘n voorbladberig net vir Khompela hoef te bel. Die joernalis is gewaarborg dat dié ‘n paar stellings sal maak wat die manne môre-oggend in hul graanvlokkies gaan laat stik.

Dis dié dat, hoewel Moss Mashishi van Sascoc nou met goeie rede gevra het dat Khompela uit sy pos geskuif word, die uwe maar min hoop het dat dit sal gebeur.

Khompela is dan die perfekte weerlig-afleier.

Kla die hele Suid-Afrika oor die Vigs-pandemie of misdaad of die Zimbawiese gemors, weet jy by voorbaat Khompela sal dié kwessies na die binnekant van die koerant kan skuif met nog ‘n verregaande uitlating oor Springbokke se paspoorte of iets dergeliks.

Sy portefeulje, kortom, is nie soseer voorsitter van enige parlementêre wharra-wharra-wharra nie. Sy portefeulje is, soos die ou liedjie gegaan het, “om die boere te vererg”. Nie dat ‘n man vir Khompela met ‘n bobbejaan wil gelyk stel nie. Ek is immers kleintyd geleer dat ‘n bobbejaan padgee as jy daarin slaag om hom te ignoreer.

Ek het dié taktiek al met Khompela ook probeer, maar dit werk nie. Om nog ‘n ou liedjie aan te haal: “die annerdag se môre was die kat! Weer! Daar!”

Ek hou eintlik net van drie van Suid-Afrika se vier nasionale sporte. Rugby en sokker en krieket, in min of meer daai volgorde. Die vierde gewildste, rasse-klassifikasie, laat my nog my hele lewe koud.

Van ‘n afstand af kan jy egter sien in hoe ‘n mate dié vierde sport darem bevredigend getransformeer is.

In die ou dae was daar sulke tingerige, bebrilde witmannetjies in safari-pakke en tjips op die skouer wat nie kon ophou dink oor wie watter kleur het wanneer hulle een van die ander drie sporte wou speel nie.

Deedae is dit sulke kort swartetjies met ronde pop-stêre en tjips op die skouer wat nie kan ophou dink oor wie watter kleur het wanneer hulle een van die ander drie sporte wil speel nie.

Daar was, inderdaad, nog altyd politiek in sport, maar ons moet begin om onsself daarin te herinner dat dit nie verpligtend is om kant te kies wanneer imbesiele die dag stry nie. Neutraliteit is dus amper altyd die beste uitgangspunt vir sportmense.

Miskien, as ons almal saam probeer om hom te ignoreer…?


 
Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
Khompela, 28/07/2008, Johan Goosen
Spyker oppie kop. Solank as wat ons president aanjaag met Vigs, misdaad, Zim en alles anders is iemand soos Khompela nodig. Iemand moet die hofnar wees om die mense te oortuig die koning is die koning en nie die hofnar nie.
KHOMPELA, 28/07/2008, Willie du Plessis
As mens na die beste voorbeeld van 'n uiterste rassis in Suid Afrika wil soek, hardloop Khompela losvoor in die resies.
ai die khompe, 27/07/2008, Theo
Louis jy slaan die spyker op die kop!!
ai die khompejaan, 27/07/2008, Theo
dis uitstekend Louis. Die jane moet begin leer om die eie "ek-belange" laaste te stel en eerder sport bevorder. Die internasionale sport wereld lag maar net in hulle mou vir die klomp in SA
Khompela, 27/07/2008, Leon van rensburg
Nes soos sy aansteller, " Monkey see, Monkey do " Leon, Suid Korea
Khompela, 26/07/2008, Andries Grundlingh
'n Mannetjie wat meer staatmaak op sy koddigheid in plaas van sy brein. Wat egter verontrustend is dat die ANC hom daar geplaas het en hom ondersteun.Laat jou dink!
Khompela, 24/07/2008, marita
Dis nou 'n raak beskrywing van hoe 'n mens voel as jy van hom hoor!!
 
Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.

Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
Piggs Peak Casino
    Stem
SA se swak prestasie in Beijing is...
Die atlete se eie skuld
Saskok (die owerhede) se skuld
'n aanduiding dat SA nie die talent het nie

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo