News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
'Hy ly aan geheueverlies'
"Hy ly aan ernstige geheueverlies", sê Steve Hofmeyr se voormalige minnares, Janine van der Vyver.
Kate Moss in goud verewig
Sy is een van dié supermodelle van die wêreld - en superomstrede.
Sondag 5 Oktober 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Sport
Sake
In Diepte
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Leef in Gauteng
Kaap-Rapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
    Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  10°C  31°C
Kpstd  11°C  25°C
Dbn  14°C  26°C
Jhb  6°C  26°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

24/07/2008 10:58  - (SA)  
Opslagbal: Die wraak van Moeder Krieket
    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Eduan Roos is Rapport se krieketskrywer.


Na die televisiekykweer-debakel verlede week op Headingley, wil dit blyk dat dubbelle standaarde so eie aan die Engelse is as vis en skyfies en die Union Jack.

Niks teen die Pommies nie - om in ‘n land te toer waar dinge meestal werk soos dit moet, bied welkome afwisseling.

Hier is die openbare vervoerstelsel ‘n alledaagse noodsaaklikheid, eerder as die uitweg van desperate of waaghalse pendelaars, soos in Suid-Afrika.

Hier is die strate skoon en die mees gesoekte misdadiger is ‘n puisiegesig-tiener met ‘n kappie op sy kop en ‘n mes in sy baadjiesak.

Hier is politieke korrektheid oortollig - op elke tweede televisiekanaal is ‘n kletsprogram wat die draak steek...en geen Heilige Koei spring die slagpale vry nie.

Tog is daar dinge wat ongemaklik krap.

Soos die rook van sigarette.

Om ‘n dampie te maak waar en wanneer die lus jou beetpak, is so onwaarskynlik as om die sjampoebottel in jou handbagasie ongemerk verby die veiligheidspersoneel by Heathrow-lughawe te smokkel of om ‘n pakkie biltong te koop en met al jou ledemate by die winkel uit te stap.

Ek is vooraf gewaarsku dat nie-rook-tekens amper so volop as die Starbucks- of Subway-kitskoswinkels in Engeland is.

Maar weet verseker - selfs al sou jy kies om die helderrooi waarskuwings te verontagsaam (wat jou ‘n yslike 200 pond uit die sak kan jaag) sal Jan Publiek die twintig meter tussen julle afblits net om te herinner dat jy sy lewe in gevaar stel.

Selfs die grootste nikotien-slaaf sou dit seker kon verstaan (en dalk selfs waardeer) dat ‘n land so nougeset kan let op gesondheidsbewustheid en sosiaal-aanvaarbare praktyk...was dit nie vir ‘n paar onmisbare teenstellings nie.

Die Britte is loshande een van die vetste nasies op die aardbol - die maklikste manier om ‘n toeris uit te ken is aan die grootte (of gebrek daaraan) van sy of haar middellyf.

Boonop is die vryelike gebruik van alkohol - selfs vir iemand wat in Potchesftroom gestudeer het - verstommend.

Drank is eers nou-die-ander-dag op die moltreine in Londen verbied en dit is skynbaar niks vreemd om lank voor middagete reeds die Britse somerhitte met ‘n ale te lawe nie.

Die toeskouers in die westelike pawiljoen van die Leeds-toets is bewys hiervan.

Sowat 80 van hulle moes in die eerste dag reeds uit die stadion begelei word en in die vier dae van krieket was daar minstens een handvol kere dat spel onderbreek moes word omdat ‘n dronklap wou wys dat hy ‘n reguiter pad na die kolfblad kon stap as geheelonthouer Hashim Amla.

Nie een van die skelm twakkies wat ek, soos destyds in die skoolpouses gehurk in die parkeerterrein moes rook, het ooit gedreig om houers van die peperduur kaartjies van waardevolle toetskrieket te ontneem nie.

En ek is seker dat nie een van die hordes beledigings wat die Suid-Afrikaanse veldwerkers toegesnou is, deur ‘n trek aan ‘n Camel Light aangevuur is nie.

* Dieselfde verwronge logika het skynbaar posgevat by die Engelse keurders.

Nadat die tuisspan drie van die vyf dae op Lord’s oorheers het (met dieselfde span wat in vyf vorige toetse welslae behaal het), besluit die Bleekbeen-baadjiedraers mos om aan die kombinasie te torring.

Andrew Flintoff se terugkeer was onvermydelik, maar om ‘n Australiese dakteler (by name Darren Pattinson) bo Asse-sterre soos Steve Harmison, Matthew Hoggard en Simon Jones te kies?

Na die slagting aan die hande van die Proteas (en meer spesifiek Ashwell Prince en AB de Villiers) kan mens nie help as om te wonder waarmee hulle vir aanstaande week se derde toets op Edgbaston vorendag gaan kom nie.

Dalk kan Barthek, die bejaarde Pool wat drie van die vingers aan sy regterhand mis (my eerste taxibestuurder in Birmingham), solank sy spykerskoene afstof?

Gepraat van dubbelle standaarde...

Die gal wat Ou Kaptein Bitterbek, soms ook bekend as Michael Vaughan, oor De Villiers se amper-vangkans gebraak het, was skaars droog of hyself haal die Oscar-kortlys vir die stukkie toneelspel waarmee hy kwansuis onse Amla uitgevang het.

Asof De Villiers se reuse-honderdtal daarna nie genoeg sout in Kakie-wonde gevryf het nie, kom spook Mickey Arthur se voorspelling van vroeer toe wragtig ook by die tuisspan.

“Moeder Krieket sien alles en sy slaap nooit nie,” het Arthur gewaarsku nadat die plaaslike media hulle bankvas agter Vaughan geskaar en behoorlik vir De Villiers gekasty het.

Die manier waarop die einste koerantmanne nou teen hul span gedraai het, is genoeg om elke Suid-Afrikaanse krieketliefhebber se kleintoontjies van lekker te laat omkrul.

In die Protea-kamp heers daar egter ‘n gevoel van stille optimisme.

Niemand sê dit in soveel woorde nie, maar die Engelse sal straks ‘n tang nodig he om die Basil D’Oliveira-trofee, waaraan Graeme Smith na Headingley reeds met een hand ferm aan vasklou, los te woel.

Tog sal dit nie die eerste keer wees dat die Proteas in die pylvak - en binne ruik-afstand van die lint van die eerste reekssege sedert hertoelating - struikel nie.

Boonop loop die einste Edgbaston-spook steeds, sedert Allan Donald en Lance Klusener se gebriekdans in die middel van die kolfblad in die Wereldbeker-wedstryd teen Australie in 1999, Suid-Afrikaanse harte in tienduisend stukkies gebreek het.

Ja, Mickey. Moeder Krieket slaap dalk nooit nie.

Maar sy bly ‘n vrou - onvoorspelbaar en met ‘n voorliefde vir meer as net ‘n tikkie drama.


 
Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
Opslagbal, 27/07/2008, Leon van Rensburg
Dit was voorwaar jou beste ooit, doen zo voort. Leon, Suid Korea
 
Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.

Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Motor- & huisversekering
Direct Axis-Lenings
Piggs Peak Casino
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Stuur jou video
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
    Stem
Wie dink jy praat die waarheid, Steve of Janine?
Steve
Janine
Mens sal nooit weet nie

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo