| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
||||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Suid-Afrika | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Wêreld | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Reis | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Promosies | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
| Kontak | |||||||||||||||
| Redakteur | |||||||||||||||
| Web-redakteur | |||||||||||||||
| Nuusredakteur | |||||||||||||||
| Brieweredakteur | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Advertensiebestuurder | |||||||||||||||
| Nog Kontaknommers | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Aflewerings | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Klagtes | |||||||||||||||
|
02/10/2008 13:28 - (SA)
De Blog-sem in: Ons soek aksie! Louis de Villiers
Hulle weet te vertel een van die redes dat Formule 1-wedrenne wêreldwyd so gewild is, is omdat so baie mense daarmee kan identifiseer. Almal kan nie ‘n sokkerbal laat krul soos Ronaldinho nie; almal kan nie ‘n krieketbal moker soos soos Ricky Ponting nie, maar daar’s baie ouens wat (min of meer) kan motor bestuur. Nou ja, ek is maar skepties hieroor. Moet inderdaad jaarliks ‘n paar duisend hoes vir verkeersdepartemente tussen Kaapstad en Botrivier, maar dit laat my beslis nie soos Lewis Hamilton voel nie. Hoewel – as ‘n mens moedswillig wil wees – jy kan redeneer dat Hamilton ook maar gereeld in die verkeer moet vassit, nes ons gewone sterflinge. Kyk nou net weer in Singapoer. Die uwe het weer ingeskakel om die Singapoer-wedren te kyk – dit was immers ‘n nuwigheid – ná hy amper op sy rug wou val toe hy hoor Hamilton is in België” gediskwalifiseer omdat hy ‘n hoek te skerp gevat het. Verskoon die onkunde, maar ek dag dis die hele idee van resies jaag? As kind het ek plakboeke van renjaers gemaak. Hulle was die flambojantste, malste sportmense van almal. Ongelukke was volop, begrafnisse eweneens: Jochen Rindt het die wêreldtitel gewen vanuit sy graf in Graz, Oostenryk – toevallig ook die tuisdorp van ene Arnold Schwarzenegger, wat min of meer dieselfde tyd sy biseps beginne bult het vir die kameras. Dié chroniese gedobbel met die dood het die sport natuurlik baie makabere glans verleen. Formule 1-sterftes beloop ‘n aardige 43, maar agt hiervan was op Indianapolis in die dae toe die Indy 500 nog deel van die kampioenskapsreeks was. Dit het as kind vir my gevoel of daar taks iemand op die baan sterf, ‘n indruk wat seker vergroot is daardeur dat Tom Pryce en Peter Revson in die vroeë sewentigerjare twee jaar uit mekaar op Kyalami verongeluk het. Sedert die gevierde Ayrton Senna in 1994 in die Tamburello-draai by San Marino teen ‘n muur dood is, was daar genadiglik nog nie weer sterftes in dié rensport nie, maar die onvermydelike uiteinde was dat die veiligheidsmaatreël die sport dramaties gesteriliseer het. Hamilton wat met deurslaggewende sekondes gestraf word omdat hy ‘n draai te skerp vat, was ‘n simptoom hiervan, so ook die nuwe Singapoer Grand Prix, waaroor Ferrari reeds vooraf gekla het en sekerlik nie beter voel ná die wedren nie. Inderdaad: wedrenne met méér aksie – meer kans om verby te steek - is wat nodig is om die’ sport op te kikker. Die moontlikhede om op ‘n straatbaan soos dié in Singapoer verby te steek, is gans te skraal vir skouspel. Die veiligheidsmotor is inderdaad twee maal uitgestuur om Ferrari se argwaan behoorlik te ontketen, maar synde dat die rooi motors van Maranello die groot begunstigdes was toe Hamilton in België gestraf is, kan ‘n man hulle nie té jammer kry nie. Blykbaar was die Singapoer-wedren gewild onder almal buiten die uwe en die Ferrari-span. Dis ‘n nuutjie: ‘n nuwe baan, ‘n nag-wedren... Maar jy kry maar min kans om verby te steek en dit bly mos maar grimmig as ‘n wedren in die kuipe beklink word. Dis dalk die hele punt aan identifikasie met moderne Formule 1-jaers. Kyk, ek trap daai groen Citroëntjie van my dat sy gaai fluit op ‘n goeie, oop stuk pad, maar ek sukkel uiteraard om té erg te identifiseer met die jong multimiljoenêrs wat op blitssnelle advertensieborde in die ronde om jaag en agterna oënskynlik orgies met modelle het. Die meeste Formule 1-ondersteuners wat ek ken, kan daai modelle ook maar op hul mae skrywe – en tóé gaan die gloeilampie eindelik aan. Natúúrlik kan ons almal identifiseer met Formule 1 van vandag. Want nes die karre in Singapoer sit ons al meer gereeld in dik verkeer vas wat ‘n man nie kan of mag verby steek nie, buiten as jy ‘n minibus-taxi bestuur en kan maak soos jy wil... en daar’s dalk my miljoendollar-idee. Haal die minibus-cowboys van ons paaie af en sit hulle op die baan. Vergeet sommer heeltemal van die veiligheidsmaatreëls: laat hulle mekáár slag en de bliksem in maak eerder as die res van ons. Laat ons ons ‘n skoot verkneuter aan húl leed – ek reken daar sal groot geesdrif vir só ‘n vertoning onder Suid-Afrikaners wees. Hel, bewapen hul assistente as dit moet! Ons soek aksie allamagtig, identifkasie biedêm.
|
|||||||||||||||||
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|