News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Charlize help VN
Charlize Theron is deur die Verenigde Nasies (VN) aangestel as vredesambassadeur.
Mej SA nou modeskouspel
Die nuwe formaat Mej SA-kompetisie beloof 'n modeskouspel soos Suid-Afrika nog nie gesien het nie.
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Suid-Afrika
Sport
Sake
Wêreld
In Diepte
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
Kaap-Rapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
    Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  14°C  30°C
Kpstd  16°C  20°C
Dbn  21°C  29°C
Jhb  14°C  22°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

02/10/2008 13:41  - (SA)  
Uit die persgalery: Luthuli-huis kan nie te gerus wees nie

Lizel Steenkamp
Parlementêre Beriggewer
    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

So vra ek verlede week vir minister Naledi Pandor wat sy dink van die bespiegelings dat ’n wegbreek-faksie van die ANC ’n nuwe party wil stig.

“Die ANC het al veel erger oorkom. Soos apartheid.”

Dít was haar antwoord in Tuynhuys, minute voordat mnr. Kgalema Motlanthe ingehuldig is as Suid-Afrika se nuwe president.

Die gerugte van ’n nuwe party loop dik. Nie ’n enkele ANC-hooggeplaaste het tot dusver ontken dat daar iets onder die oppervlak woel nie. Mnr. Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, is in die kol met sy stelling die afgelope naweek “waar daar ’n rokie is...”.

Senior-leiers soos mnr. Jeff Radebe en me. Jesse Duarte lag dit af. Ander soos me. Susan Shabangu, adj.min. van veiligheid en sekuriteit wat in die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) en werkkomitee dien, bejeën dit met groter erns.

Die NUK se besluit om oudpres. Thabo Mbeki te herroep, is maar net die kersie op die koek ná maande waarin verdeeldheid binne die regerende party stelselmatig verdiep het.

Daar is ’n groot gros ANC-lede wat nie hou van wat hulle sien nie. Ministers bedank nie vir g’n rede of grief uit die kabinet én die parlement nie. Dit is ’n sterk standpunt om in te neem, in ag genome net die finansiële voordele wat dié groep verbeur deur hul ampte voortydig te ontruim.

Praat jy met ANC-ondersteuners op voetsoolvlak, kry jy die gevoel hulle herken nie meer die regerende party as dié een waaraan mnre. Walter Sisulu en Oliver Tambo behoort het nie.

’n Bejaarde vrou het verlede week in Langa in die Wes-Kaap vir my gesê sy skaam haar vir dít waarin die ANC ná Polokwane ontaard het.

’n Jong aktivis beweer mnr. Jacob Zuma en sy kaders het die ANC “gekaap”. Vir háár is daar nie plek in die “nuwe ANC” nie, sê sy.

Ja, bogenoemde is net twee menings. Maar dit verteenwoordig ’n beduidende groep mense wat uitgestoot voel. Dit spruit onder meer uit patetiese dienslewering, ’n verwydering tussen die ANC-leiers en sy voetsoolvlak-ondersteuners, en onvervulde beloftes.

Of die ongelukkiges wel vir ’n wegbreek-party sou stem as só ’n party teen 2009 die lig sien, is ’n ander vraag.

’n Navorser van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge meen ’n nuwe party staan ’n sterk kans om minstens twee provinsies - die Wes- en Oos-Kaap - van die ANC af te rokkel.

Mnr. Mapeete Mohale skryf in die Cape Times die ANC het in 2004 se algemene verkiesing 10,9 miljoen kiesers getrek; die DA 1,9 miljoen en ander opposisiepartye tesame 2,8 miljoen stemme.

“Sou die wegbreek-party 2 miljoen stemme van die ANC afrokkel en nog 1 miljoen ANC-ondersteuners besluit om nie te stem nie, laat dit die ANC eindelik met 8 miljoen stemme teenoor die 3,9 miljoen stemme van ’n gematigde nuwe ANC en die DA. Voeg hierby die 2,8 miljoen stemme vir ander opposisiepartye en dit laat die ANC met 8 miljoen stemme teenoor die 5,7 miljoen van al die opposisiepartye tesame.”

Is dit vergesog? Dalk. Maar Luthuli-huis moet liefs nie té gerus slaap nie.


 
Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
Luthuli huis is in 'n koma..., 06/10/2008, Pieter
Daar is 'n engelse spreekwoord wat se "The commonality of the common man is his commonness." En dis Naledi Pandor. Kommin. Die enigste goeie ding wat Afrika ooit getref het, was kolonialisme. Pandor se kennis van die geskiedenis is so beperk, sy kan nie eers die woord 'geskiedenis' kwyl nie. Suid Afrika was al in 1928 deur die KOMMINTERN, die Internasionale Kommunistiese Beheerliggaam; geteiken om n swart kommunistiese regering te kry. Bill Andrews, was toe die voorsitter van die SAKP, en het gedien op die Internasionale Beheerliggaam. In die Koue Oorlog was Afrika, net een van die slagvelde. Die KOMMINTERN het self net voor die val van die Berlynse Muur ges?ie feit dat Rusland vir Afrika van wapens voorsien het, het daartoe gelei dat die meeste Afrika lande verwoes is, of op die punt staan om verwoes te word vanwe?ie Russiese wapenhulp. "Apartheid" was ten ergste maar net die propaganda-instrument waarmee die SAKP hul doel bereik is. In Suid Afrika is daar sowat 600 kommunistiese terroriste doodgeskiet. Het die ANC, waaronder Pandor, ooit n verklaring van verdoemenis gemaak teen kommunisme wat in die wereld sedert 1917, al meer as 'n 100 miljoen mense wereldwyd vermoor het? Nee, want haar strepe is dieselfde as hierdie moordenaars s'n. Nadat ouboet Rusland in 1986 besluit het om nie meer die swaksinnige derde wereld se terreurbewegings te steun nie, kry hulle maar swaar, en maak maar staat op n kliek in die UNHCR om mekaar se rue te vryf. Die ANC se geselskap is deesdae die muishonde van regerings wat volksmoorde gepleeg het; - of besig is om te pleeg; - of nog gaan pleeg. Mense soos Bashir van Soedan, Mugabe van Zimbabwe, Nujoma van Namibi?die regerings van Algerie, Vietnam, Rooi Sjina en Rusland. Massamoordenaars. Dit is Pandor se klankborde en vriende. Dit is moeilik om te sien hoe Luthuli huis en Suid Afrika van hierdie vriende gaan wegbeweeg. Dit waarvoor hierdie massamoordenaars staan, is wat wat die bre?frika samelewings van waarde ag. Dit is die programmering van die DNA van Afrika. Dit is Afrika se strepe, en helaas ook hulle nalatenskap solank as wat hulle bestaan.
Luthuli huis se Insomnia diagnose...., 05/10/2008, Corrie Botha
Lizel jy slaan daai spyker so raak as wat Mbeki die byt van sy "eie hond" gevoel het in Polokwane....as jy mense lank genoeg soos honde behandel gaan hulle soos honde begin optree en honde wat nie "happy" is nie BYT! Nou wil hy hom die reg kom aanmatig om die ekonomiese groei as SY "prestasie/legacy" op te eis...Jaaa Thabo..en die maan is ook van kaas gemaak! Mag God Madiba nog met baie jare seen...want as dit nie vir SY VERSOENINGS BELEID was nie, sou NIEMAND die sanksies teen SA gelig het nie....die gevolg is onvermydelik: Ekonomiese ommeswaai! Comrade "Quiet": Jy het die klimaat van ontevredenheid en weerstand teen jou en jou ewe "misdaad-blinde" onbevoegde lakeie geskep, en JOU kiesers wat nou nog in die "makukus" (shacks) moet bly, so die moer in gemaak op voetsoolvlak, dat hulle selfs die ANC die rug toegekeer het....Jou "quiet diplomacy" wat intern verbloem was as "perceptions of white racism" is bloot net Mugabe se beleid om "te gaan vat wat julle wil he van die wittes wat dit by julle gesteel het". Wat anders noem jy die moordsyfer in ons land anders as 'n "oorlog" teen almal,(swart of wit) wat deel is van die "haves"? In Zimbabwe het jou gatgabba Mugabe dit openlik goedgekeur...Was jy te lafhartig om te erken dat dit presies is wat jy wou he hier in ons land? Toe probeer jy dit deur wetgewing doen om te mag vat wat en waneer jy lus kry daarvoor, "in the public interest" Watter public? Ons bid vir Msholozi dat hy en mnr Motlantle die regte besluite sal neem, en die regering sal suiwer van die "politiese vigs-virusse" wat jy aangestel het. Hulle sorg vir die stadige en pynlike dood van die ANC deur die party so te verswak dat dit geen aanval kan weerstaan nie, of hoe Dr "Beetroot Garlic"? Luthulihuis sal inderdaad nie goed kan slaap nie, eintlik glad nie, want hulle het so 'n siek pasient ontvang dat hulle nou inderhaas 'n kuur moet optower om die bogenoemde "politieke-vigs dood" af te weer! Sweet dreams Thabo.......
Uit die persgalery: Luthuli-huis kan nie te gerus wees nie, 05/10/2008, Jan van Riebeeck
Dit is goeie nuus vir Suid Afrika as die ANC versplinter.Die ANC moet skrik gemaak word by die stembus, want hule het nie alleenreg op Suid Afrika nie.Net miskien kan Suid Afrikaners in die buiteland se stemreg teruggegee word, bietjie snaaks dat tronkvogels stemreg het...
 
Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.

Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis-Lenings
Wen tot R1000 verniet
Motor- & huisversekering
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Rapport-foto's
    Stem
Wie is, volgens jou, mees "presidensieel"?
Mnr. Zuma
Mnr. Lekota
Pres. Motlanthe

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo