04/10/2008 13:44 - (SA)
Tim gesels: Post-Polokwane en verkiesing ’09
Suid-Afrika se drie laaste verkiesings was “post-apartheid”.
Aanstaande jaar gaan ons ’n ander soort een hê: “post-Polokwane”. Ek kan nie wag nie.
Want die ANC se stemvee het begin mor. Die nimmereindigende binnegevegte, die endemiese korrupsie en gebrekkige dienslewering begin hul tol eis.
Jacob Zuma is glo gretig om weer ’n groot sege vir die ANC te lewer, minstens naby aan Thabo Mbeki se tweederdemeerderheid van 2004.
Dit kan ’n opdraande stryd wees. ’n Mens hoor oral kiesers wat sê hulle is ANC, maar in 2009 gaan hulle nie stem nie. Ek sal dit eers glo as dit gebeur. Dis Afrika dié, nie Brittanje nie.
Dis net so interessant aan die opposisiefront. Die DA se stemmetal behoort te styg.
DA-gesinde kiesers hou van Helen Zille. Sy kan nuwe stemme vir die party inbring.
Zille moet gedurig die gesanik hoor dat haar party kwansuis mank is omdat hy nie groot getalle swart kiesers lok nie. Hopelik steur sy haar nie daaraan nie.
Dis pure lui denke. Swart kommentators kla steen en been dat daar geen alternatief is vir die ANC nie. Terwyl hulle die ANC aanval in dié trant, en met argumente wat weinig verskil van Zille s’n.
Maar dan maak hulle die DA steeds af as ’n gangbare opposisieparty. Maak nie sin nie. Hulle is duidelik steeds verkneg aan ras.
Baie kiesers sal in 2009 ag slaan op ’n losse alliansie tussen die DA, Bantu Holomisa se UDM en Patricia de Lille se Onafhanklike Demokrate.
Holomisa kan kapitaliseer op ’n ANC-tweespalt in die Oos-Kaap weens die vernedering wat die strafsugtige Zumaïete die Oos-Kaap se prinsie, Thabo Mbeki, laat smaak het.
De Lille is terug op die politieke hoofweg nadat sy haar steun by Zille se regerende koalisie ingewerp het en só die unistad Kaapstad buite die bereik van die gulsige ANC geplaas het.
Haar kiesers hou hiervan, het De Lille self agtergekom. Enige plek behalwe in die bed saam met die ANC is reg vir hulle.
Benewens in die Kaapse metro kan De Lille haar steun verhoog op die platteland in die Wes- en die Noord-Kaap. Veral by kiesers wat die vorige drie rondes nog ANC gestem het, maar nou ontnugter is.
Dit sal ’n ratverwisseling wees as die DA, die OD en die UDM ’n verkiesingsfront kan saamflans op die grondslag van elkeen beveg afsonderlik die hiperdominante ANC en nie mekaar nie.
Dis nogal baie gevra, want Helen, Bantu en Patricia is vurige karakters met sterk oortuigings. Al drie sal die
primus inter paris wil wees. Duidelik word ’n stadige hand en ’n versigtige aanslag benodig.
Tog, as dié drie in 2009 saam meer stemme kan kry as wat hulle afsonderlik in 2004 gekry het, word ’n betekenisvolle sege teen ANC-oorheersing behaal.
’n Mens sou die Vryheidsfront Plus hierby kon insluit. Maar hy en die DA het nou verwoed (en kleinlik) begin meeding om wit Afrikaanse steun. ’n Randgeveggie sonder ’n wenner.
’n Losse opposisie-koalisie in 2009 wat bydra dat die ANC sy meerderheid van twee derdes in die parlement verloor, sal vordering wees. En goed vir die land.
* Verlede Sondag het ek geskryf prof. Albert Venter van die UJ het gesê Suid-Afrika het ’n geskiedenis van groot politieke partye wat lank regeer en dan verdwyn.
In der waarheid was dit Moeletsi Mbeki wat dit vir Harald Pakendorf gesê het wat dit op Wat’s die storie gesê het. My fout.
As jy met so baie slim mense praat, weet jy later nie meer wie wat gesê het nie.
* Tim praat dié week nie terug nie, maar sal volgende week weer op kommentaar reageer. Moet ook nie Sondag sy nuwe gesels-blog misloop nie - red.
|
| |
Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
|
 |
Post Polokwane, 09/10/2008, Matt Heyns
Daar is ek geleer dat ons nog baie politieke leiers sal moet trotseer voor SA n beduidende demokrasie sal wees. Die miljoene armes skreeu ten hemele vir n beter lewe ( werk ) maar die " rulers" glo blykbaar dat die tyd stadig genoeg omgaan en dat daar nog baie tyd oor is. Hulle sien niks, hoor niks en se niks. Net soos die drie jungle bunnies in die spotprentjie. Ek aanvaar dat ons in sekere opsigte vorder maar hel kan ons dan nie maar meer kole gooi nie. Ons benodig stoom meneer die "rulers" Ons kan die armoede probleem oplos as ons sedert 1994 die probleem van 51% tot 41% verminder het. Ons kon daarin slaag omdat ons groei en dus werkskepping bewerkstellig het. As die wereld ekonomie saamspeel kan ons weer so maak. My groot hartseer is die hope arme jongmense wat weer lee hande sal moet gaan omdat daar weereens nie genoeg geleenthede vir hulle sal wees nie. Daar is niks belangriker as volgehoue ekonomiese groei nie. As ons teen 6% oor 6 jaar groei sal daar 3 miljoen werkgeleenthede beskikbaar wees.
On n man te leer om vis te vang is nie n swak idee nie. As daai rivier egter droog is wat gaan hy eet al woon hy ook langs die rivier. |
Nuwe Party vir Suid Afrika, 09/10/2008, Brentie
Volgens 'n onderhoud met Mnr Lekota op
Radio 702 is die stigting van 'n nuwe
party 'n werklikheid en word daar volgens koeranteberigte gewag op die verkiesingsdatum sodat parliamentslede
wat wil aansluit nie finansieel benadeel
sal word nie,dws as jy nou se jy sluit aaan is die kanse goed dat jy soos Mnr Mbeki uit die party en parliament geskop sal word.
Dit lyk dus of die werklikhede van
die nuwe Suid Afrika,korrupsie,intimidasie van die
gereg,swak owerheidsdienste op
plaaslike sowel as regeringsvlak,Telkom
en Eskom monopolie (snaaks dat buurtkrag
na 'n finansiele staatsinspuiting soos
mis voor die son verdwyn het)
'n infrastruktuur wat besig is om plat
te val,tog uiteindelik tot sommige
hoogeplaaste en ontnugterde ANC-lede deurgedring het.
Die vraag is,is daar genoeg mense op voetsoolvlak wat die siening met hul
deel en hul stem agter die nuwe party
sal voeg of gaan ons dalk met twee
ANC-partye sit wat die land met hul
gevegte gaan lam le.
Daar is mos 'n gesegde dat daar waar
twee olifantbulle mekaar die stryd
aanse,sal gras nooit weer groei nie.
Sal Mnr Lekota se party groei tot
die statuur?? |
Slim manne, 08/10/2008, Domkop
Ons hou so daarvan om die leiers die skuld vir alles te gee.Verseker het hul 'n groot aandeel,maar die leiers is gewoonlik 'n weerspieling van die mense wie hulle daarstel.So is ou FW ,Pik en Kortbroek nou al ou nuus van verraad en bedrog en is Zuma en Mbeki nou op die agenda van skurke.Wat maak dit dan saak of ons in elk geval Holomisa,De Lille of Zille volgende wil he as leiers;die volk(stemvee)bly aandadig aan die skelmstreke en niks sal verander nie.Afrika bly Afrika en ons(Afrikaners)se hardste lawaai,sal ons niks meer as 'n seer keel besorg nie.As ons mooi wil weet waar gaan Suid-Afrika oor 'n dekade wees, moet ons net 'n slag oor die draad loer na Lesotho.'n Land waarin daar nog nooit apartheid of koloniale inmenging was nie.Dis nie slegter of ander mense as die van Suid-Afrika nie,inteendeel dis dieselfde appels wat daar van die boom afval en hier kom stem en bly.Demokrasie oor die wereld as geheel beteken vir my kultureel en godsdienstig asook sosiaal en maatskaplik en ekonomies niks nie.Ek dink nie ek is beter as Sjinese,Portugese,Mexikane,Indiers, Russe,Engelse of enige ander volk in die wereld nie,maar ek wil beslis nie deur hulle stem beheers en oorheers word nie.Dieselfde geld in Suid-Afrika.Die reenboognasie is 'n drogredenasie.Die demokrasie is 'n stagnasie.Die een-nasie-konsep is 'n skyn-nasie-konsep.Die vraag is wie gaan verantwoordelikheid aanvaar vir die mislukking van die reenboog-nuwe-Suid-Afrika.Ek is bevrees niemand nie, soos wat dit die geval in die res van Afrika ook was.In 92 is daar oorweldigend ja gestem en nou mor almal oor die resultaat van daardie ja.So stem gerus ANC of DA of VF+- of net waar julle wil ter wille van demokrasie,maar moet net nie vergeet om daaroor te huil in die toekoms en 'n sondebok te soek nie. |
Interessante briefwisseling ussen Rabe en Lekota, 08/10/2008, Brentie
Die ope brief wat Mnr Lekota geskryf
het en Mnr Radebe se antwoord toon
duidelik dat alles binne die ANC nie
so vlot verloop as wat die party se
openbare gesig wil voorgee nie.
Sal Mnr Lekota 'n splinterparty tot
stand kan bring in so 'n kort tydjie
en sal dit die ANC se stemkrag
in so'n mate verlaag dat die party
se politieke houvas verbreek word?
Ek sou graag hoor wat ander lesers hieroor voel,of is dit net 'n storm in
'n teekoppie? |
Slim manne, 08/10/2008, Tshikwashamatemba
He he he har har har hie hie hie hiiieeee !!! Is die slim manne daardie gewese redakteur van 2 bankrot koerante, Harald Pakendorf of Albert Venter wat die ANC se staatsgreep op WDS probeer afmaak het as iets soortgelyk aan die vervanging van Tony Blair in Brittanje? Julle onderskat jul lesers en kykers se IK's. Ander 'slim manne' wie gedurig aangehaal word is die Idasa tweeling: Van Zyl Slabbert en Alex Boraigne - albei nou diep teleurgesteld in die bedeling wat hulle so geesdriftig tot stand help bring het. Een manier hoe dit vir hierdie 'slim manne' moontlik was om hul wandade of dade van verraad te voltrek was dmv die media, veral die monopolistiese Afrikaanse Naspers media wat hierdie persone as slim 'verkoop' het, terwyl hulle eintlik totaal en al Afrika politiek onnosel is of hul eie onderduimse agendas bedryf het, terwyl die Afrikanervolk in die ANC hinderlaag gelei is. Stephen Mulholland skryf onlangs in Finweek dat 'n joernalis, veral 'n politieke joernalis, gewoonlik iemand se joernalistieke prostituut is. Iemand gebruik hom of haar gewoonlik of buit sy/haar oningeligtheid uit om hul doel te bereik. Mbt die 'slim manne' het die ANC duidelik geseevier. |
Post Polokwane, 08/10/2008, Matt Heyns
Die aktivisme wat kop uitsteek, om die regstelsel en regters se bevindings openlik te bevraagteken, is nog n bron van kommer. Daar is selfs dreigemente in daardie rigting geslinger deur mense wat van beter behoort te weet. Gaan die nuwe M "as boodskapper van Luthulihuis" sy demokratiese- en grondwetlike pligte nakom en n kommissie van ondersoek na die beweerde wapenskandaal gelas?. Hy is die enigste persoon wat dit mag doen. As Luthulihuis daarteen besluit is dit neusie verby. In Hlope se geval het die meerderheid regters in sy guns beslis. Kan dit wees dat die organe van die staat, wat die regbank moet beskerm, versuim het om hulle grondwetlike-pligte na behore uit te oefen? Polokwane het dit tog duidelik gemaak dat die ANC die beheer oor die regbank wil bekom. Maak die regbank kwesbaar en die taak om beheer uit te oefen word soveel makliker. Ongelukkig vir die ANC sal so n ongesonde toedrag van sake geheel en al ongrondwetlik wees. Wat wel grondwetlik sal wees is om n plan te beraam om regter Hlope met pensioen te laat gaan. Ook maar dicey. |
Post Polokwane, 08/10/2008, Matt Heyns
My bright son in the Caribean says that the downfall of terrible TB is no more than the downfall of a failed economic system that enriched the few and dump the poor.Although SA is still a third world country in many ways Clever Trevor said "we seek to establish an enviroment in which winners flourish".
Boasting a deficit so low it had fallen to the level of European economies he and his "fellow moderates" turned away from the social economy the majority of South Africans desperately wanted and needed.As they were inhailing the hot air of corporate speak by the WB and the IMF they confirmed the historic compromise between the black majority and the white minority to exchange the "crown of political power" for the "jewel of the SA economy". Isn't that the continuation of apartheid by other means? |
Wat hou die toekoms in?, 08/10/2008, Brentie
Lees 'n mens al die kommentare sal jy
gou agterkom dat dit wissel van hoop
tot wanhoop,afhangende van persoonlike
ervaringe.
Persoonlik glo ek dat 'n mens jou nie
persoonlike ervaringe moet gebruik om
dit as 'n veralgemening van 'n volk
waarvan jy deel is te maak.
Jy moet eerder kyk wat besig is om met
die groep mense te gebeur waarvan jy
deel is omdat dat selfs onder die
slegste omstandighede daar altyd 'n
groep mense sal wees met wie dit goed
gaan.
Die tyd het dus aangebreek om 'n rukkie
stil te staan en 'n balansstaat op te
trek met die bates en laste en die
verskil dit wat jou nog hier hou of
jou tassie laat pak en te laat trek.
Dus Tim is jy in 'n ideale posisie
as redakteur en boekhouer van 'n
volk se doen on late insette van
jou lesers te kry sodat almal kan
sien waarons staan.
|
Rowers en Diewe, 07/10/2008, JVR
Nou ja, waar begin mens? Naspers voorspel nou al jare lank dat die ANC eendag uitmekaar gaan val, en met Mbeki se bedanking word die voorspellings koorsagtig. En hier gaan Tim nou weer aan. Mens hoor oral kiesers wat se hulle is ANC, maar in 2009 gaan hulle nie stem nie en dat Die DA se stemmetal behoort te styg. Hoeveel keer moet mens ?n eksperiment herhaal voor jy nou die resultate sal glo? Twee keer, vyf keer, tien keer? Die Afrika-eksperiment was nou al probeer in Kenia, Zambie,Mosambiek, Angola, Zimbabwe, en nou finaal in Suid-Afrika. En elke keer was die uitkoms dieselfde -verjaagde en vermoorde wittes, ekonomiese en maatskaplike verval, uiteindelik despotiese regerings. Dit was so in elke geval. O ja, behalwe in Suid-Afrika. Daar droom Rapport se redaksie nog oor 'Baie kiesers sal in 2009 ag slaan op 'n losse alliansie tussen die DA, Bantu Holomisa se UDM en Patricia de Lille se Onafhanklike Demokrate' so asof hierdie onbenullige politieke masjinerings tussen partye met geen talent en nog minder invloed enigsens ?n verskil gaan maak aan die eksperiment wat nou weer herhaal word. Tim, die belangrike organisasies in SA vandag is die ANC, die ANC jeugliga, en die SAKP en die swart unies. Dit is waansinnig om te dink dat die UDM of die DA Suid-Afrika gaan red van die kranksinnige diewe en rowers wat sedert 1994 regeer. |
Post Polokwane, 07/10/2008, Matt Heyns
As SA in die hande van die internasionale kapitaal is, en ek twyfel geensins oor die stelling nie, dan was die skrif vir Mbeki en sy gatlakeie voor Polekwane alreeds aan die muur.Hierdie toestand is veroorsaak deur leiers soos Clever Trever wie se egos so gevlei is deur die G8 en ander lande, wat die makro-ekonomiese prestasie as n model voorgehou het, dat hulle die kluts weereens kwytgeraak het.Werkloosheid, beter as arbeider- buigsaamheid bekend, het deur die toedoen van herstrukturering en samesmeltings gelei tot die verlies van honderdduisende poste omdat profyt meer belangriker was as die beloftes wat gemaak is om na die werkersklas om te sien. Hierdie strategie herinner sterk aan die vorige regime se gulsigheid oor die jare heen.Wat gaan van ons miljoene arm mense word wat nie eens skoonwater en sanitasie het nie?Gaan hulle weer aan hulle ellendige lot oorgelaat word?En vir hoelank nog?Is dit die prys, saam met die $25 biljoen apartheidskuld, wat ons land en sy mense moet betaal vir die historiese kompromie?Die kroon van politieke mag in SA vir die ekonomiese juweel van SA.
Net om die jaarwyne en moutwhiskey aanhoudend vir die finansiele elite te laat vloei?Een ding is duidelik, ons het wel n bree konsensus oor baie dinge in 1990 gekry, vir onse mense is apartheid nog springlewendig alhoewel in n ander gedaante.Wat n verbrande skande. |
So, it appears, 07/10/2008, Candace
Mr Mbeki will be called upon (another callback?) to campaign for ANC in the coming election .... how much more humiliation will be dumped on our ex-president? Will he campaign with greater enthusiasm than Bill Clinton. |
Die twee kante van 'n muntstuk, 07/10/2008, Johann Eksteen
Sou die ANC skeur sal dit goed wees in die sin dat hulle 2/3 meerderheid heel waarskynlik daarmee heen sal wees. SA sal dan nader beweeg aan 'n ware demokrasie. Dit is die mooi kant van die muntstuk. SA is egter deel van Afrika...'n kontinent waar demokrasie tot dusver klaaglik misluk het. Die meeste van hierdie mislukkings het hulle oorsprong in etnies gedrewe konflikte. So, hopenlik sal die splintergroep deur ekonomiese oortuigings gemotiveer word en nie om 'n "Xhosa-party" as teenvoeter vir die "nuwe Zulu-ANC" nie. Dit sal die gatkant van die muntstuk wees. Alhoewel ek nie glo dit is wat nou aan die gebeur is nie, is my voorgevoel nog steeds dat 2009 SA se laaste vry en regverdige verkiesing sal wees...hopenlik is ek verkeerd, want ek wens dit nie vir SA toe nie, hoor jy Tim?!?!
|
tim gesels, 07/10/2008, frikkie botes
dankie tog die afrikaner is nie meer die vyand waarteen die zulu en xhosa opgestaan en kragte saamgesnoer het nie.nou is dit weer terug na die tyd voor die afrikaner.zulu teen xhosa. |
MIA, 07/10/2008, Selma
Pik Botha is deesdae baie stil oor sy party se doen en late. Om van Marthinus nie te praat nie. Die Marthinus se politike oorlewingsvermoe is merkwaardig. Stom was my verbasing nie dat hy nie sy bedanking ingedien het nie toe Meneer Mbeki die trekpas gekry het nie. |
Zuma en Hitler, 07/10/2008, Dirk Smit
Vir meer inligting aangaande die voortsetting van Hitler se plan, sien gerus die internetfliek 'The real face of the European Union'. Tony Blair het tot die Rooms-Katolieke geloof verwissel. George Bush het 'n ontmoeting met die pous gehad. Die pous het nie lank gelede nie 'n besoek afgele by koning Abdullah bin Abdulaziz van Saudi Arabie. Vir meer inligting aangaande hoe die Rooms-Katolieke Kerk die kommunisme sowel as Nazisme gestig het, lees gerus die prenteboek 'The Godfathers' op 'n webblad genaamd www.chick.com. Robert Mugabe is 'n Rooms-Katoliek. Fidel Castro, wat voorkom het dat Suid-Afrika verder as Angola kon vorder, is 'n Jesuiete priester, ongeag sy skyn-ekskommunikering. Vir meer inligting aangaande die Eenwereldregering en Eenwereldgeloof, wees welkom om op te soek aangaande 'Project Blue Beam'. As baie mense nie hul koppe uit die sand uittrek en ophou om die waarheid as samesweringsteorie?f te maak en begin staan teen aborsie en wettiging van homoseksuele huwelike nie, dan is ek ernstig as ek skryf dat Jesus se wederkoms nie veel verder in die toekoms le as miskien 2015 nie. Enige vrae? Sien gerus die huidige rand/dollar en dollar/euro-wisselkoers. Die uiteindelike doel is om die pond te verswak en euro sterk te hou tot daar waar Brittanje die euro aanvaar. Die 'subprime and derivatives'-krisis is slegs die oppervlak. Ek gaan nie alles met 'n teelepel voer nie, maar kyk dieper as die oppervlak. Die Fed is gestig nadat die Titanic gesink het. Vors na, lees tussen die lyne, want die waarheid word nie op n skinkbord aangebied nie. |
Post Polokwane, 06/10/2008, Matt Heyns
"If you don't like it get out".Day in and day out we remember this fat piece of man; the so called minister of justice and security.What justice and what security have you provided to the citizens of SA? Day in day out we lust for a leader who we will trust. A leader who is not hungry for money, a leader who care for the common good of all people, who is not a disguised racist, a leader who is not psychologically damaged, a leader who is not a manipulator, a leader who is not an alcoholic, a leader who is not afraid, a leader who believes in justice, a leader who believes in his people and a leader who believes in leadership. You have destroyed the moral of our country mr Mbeki; and in my eyes you are nothing more than a stupid, arrogant little man who ejoys the suffer of his people, who enjoys the death of his people, who enjoys the rape of his people and who enjoys the torture of his people. In your case mr Mbeki, it is not only difficult but disastrous also, not only for you but arrogant, little man. |
Twee ANC's, 06/10/2008, Cathy
Afrika se oersonde steek ook hier weer kop uit: stamverknogtheid. Mbeki is 'n Xhosa, Zuma is 'n Zoeloe. Daar is al vir eeu lank tweespalt tussen hierdie twee groepe en nou is die party-leier van die ANC wat nog altyd oorheers is deur Xhosas, skielik 'n Zoeloe. Boonop word hierdie Zoeloe nie as danig slim beskou nie, terwyl die Xhosa baie hoog opgegee het oor Mbeki se intellek.
Ek is bevrees die opposisie partye sal net beperkte sukses behaal. Apartheid se gedwonge verskuiwings was 'n vulletjie teen die ANC s'n. Hulle het mense met mening laat uitskuif na dorpe en stede waar hulle in die minderheid was. Ek twyfel sterk daaraan dat enige Xhosa uit vrye wil van die geile Transkei na die dorre Karoo sou uitwyk.
Daar was nie altyd ekonomiese oorwegings hiervoor nie.
Die ANC sal wel steun verloor onder die Bruin en Indiese kiesers en 'n splintergroep van die ANC sal beslis verliese by die stembus vir die ANC veroorsaak, maar die swartstem stel nie belang in opposisie partye waaraan wittes behoort nie. Daarvoor was die indoktrinasie van die afgelope dekades te hoog.
|
Word wakker Tim., 05/10/2008, johan123
Tim, jou probleem is dat jy dink in die westerse paradgima. Jy kan nie of wil nie besef dat ons in Afrika leef en dat westerse beginsels nie geld nie. Van al jou naiewe wensdenkery oor al die jare het nou net n gemors gekom. Die slim mense? wet wie jy praat is nie slim nie, maar arrogant in hul eenogige begrip. Kan julle nog nie sien dat die multirassige SA n mislukking is en dat ons nou op n enorme katastrofe afstuur nie? Beduidende opposisie teen of binne die ANC beteken oorlog, maar julle lieraliste mistas weer die werklikheid deur te dink dat die die demokrasie gaan verstewig?. En hou tog op om voor te gee dat een mens een stem? die enigste alternatief vir apartheid was...die ander modelle wou julle, in julle liberale ivoortoring, nie oorweeg nie... Maar dan, jys mos aandadig aan hierdie gemors... |
Bloed is dikker as water en so is stamverband, 05/10/2008, Brentie
Tim,bly maar een van die mense wat
kleur en ras graag deur 'n donkerbril
aanskou of glo soos die Hollanders se
'in die donker is al die katte grys'
of so iets.
Om nou ewe skielik na 15 jaar die goed
vinnig onder die tafel te vee omdat
daat 'n klompie 'geleerdes en eenersdenkendes' goed met mekaar oor
die weg kom is eenvoudig dom en naief.
Dwarsoor die wereld word die teendeel bewys maar tog sluit slim maar goedgelowige mense hul oe vir die waarheid.
Toe die Jode in die 2de wereldoorlog
probeer vlug en wegkruip het vir die
Nazi-vervolging het baie van hulle van
identiteit en beroep verander.So het
dokters loodgieters geword.Maar die
Naziregime het 'n baie eenvoudige metode
gehad om dokters en ander geleerdes te
indentifiseer.Loodgieters het eelte op hul hande en meeste dokters nie.
So ken 'n mens dan ook die 'goedgelowiges' uit dit was hulle
wat in strome 'ja' gestem het en
toe in ewe dikstrome met ander die
land verlaat het.
Dus Tim tot dusver het ons nog net
liggies geskerm en dit is tyd vir
reguit praat.Dus die volgende:
1.Glo jy in volkeverskeidenheid en
dat God dit in sy wysheid dit goed
geag het om die mensedom oor die
hele aarde te versprei en in verskillende lande hul eie indentiteit
en kultuur te laat ontwikkel?
2. Indien nie is jy 'n voorstaander
van totale rassevermenging sodat
daarop die uiteinde 'n volk tot
stand kom wat totaal 'n nuwe kultuur
geskiedenis en identiteit ontwikkel het?
3.Dink jy dat so 'n 'nuwe volk' op
die Afrikakontinent aanvaarbaar sal word?
4.Is jy 'n lid van die ANC of staan
jy as redakteur los van politieke
partye?
|
Post Polokwane..., 05/10/2008, Corrie Botha
Mense vergeet maklik dat mense kan verander, ten minste van mening as 'n beginpunt. Zuma se aanmerking "tot wederkoms van Christus" was gemaak VOOR hy ontnugter is .....Hoewel nou oor baie jare het Madiba self ook van mening verander. Ek skat dat hy voor die tronkjare,(ek was toe nog skaars speenoud) in dieselfde lig gesien was as wat ons Peter"kill-the-boer" Mukaba beskou het in ons tyd. Ek glo niemand ter wereld het kon glo dat Madiba so versoenend sou optree na sy vrylating nie. My punt is dat Mnr Zuma hom dalk so hard in die "muur" vasgeloop het dat die skille van sy oe afgeval het en dat hy inderdaad tot ander insigte gekom het.....Kom ons hoop en bid en vertrou dat hy ons almal gaan verras en een van die groot geeste gaan word in ons geskiedenis...onthou: Dawid was ook eers 'n veewagtertjie...het ook 'n swakte aan die evasgeslag gehad....Wie weet? |
Die wit stemme, 05/10/2008, Matt Heyns
Solank al die wittes vir die DA en FF stem kry hulle meer stemme. Meer sitplekke in die "Babbelhuis". Waarom Pip? Maak glad nie sin nie.Piksaam werk nie.Die byl(e) moet liewers bygele word. Dan sal ons wegkom van "the rule of everyone by everyone direct" en in die rigting beweeg van "the rulers and the ruled". |
Opposisie, 05/10/2008, Daniel
Tim, ek bedoel hierdie nie as 'n persoonlike aanval nie, maar die naiwiteit wat jou uitlatings openbaar, is verstommend. Suid-Afrika se enigste hoop op politieke stabiliteit was 'n eenpartystaat waarin die ANC nooit ernstig beproef is deur politieke opposisie nie. Beduidende tweespalt gedurende die verkiesing gaan lei tot intimidasie en geweld soos wat laas in die tagtigs gesien is - so laat ons bid dat dit nooit realiseer nie.
(Hygend hert, het iemand al aan jou genoem dat jy in Afrika woon?) |
Verkiesing, 05/10/2008, WASP
KOEBAIE vir die ANC se tweederdes!!! |
tim gesels , 05/10/2008, frikkie botes
moenie die zumakamp onderskat nie.hulle het al reeds begin met nuwe beloftes,want hulle weet die skrif is aan die muur.
vir 15 jaar kon die anc nie misdaad onder beheer kry nie.nou skielik sien die nuwe minister nathi mthethwa dat daar groot misdaad is,meer as wat ngakula ooit gesien het.net nog n nuwe "scheme" van die anc om stemme te probeer hou en nuwes te kry.die anc gaan van nou tot met die verkiesing met baie nuwe dinge mee vorendag kom,totdat hulle gewen het,dan is dit terug na "business as usual"hierdie keer met zuma manne en nie mbeki manne nie. |
Zuma en Hitler, 04/10/2008, Peet Scholtz
Arme Zuma! Arme Hitler! Hulle het iets in gemeen: Arrogansie en gebrek aan politieke insig; Hitler het gedroom van 'n ryk wat 1000 jaar sou duur - na so 12 jaar was dit kapoet. Zuma het beweer die ANC sou regeer tot by Jesus Christus se wederkoms. Shaaaame! arme mnr Zuma. Sal die ANC 20 jaar haal? |
 |
| |
| Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit. |
|
 |
|