02/05/2008 15:50 - (SA)
Maak beursie oop vir motoroppassers
Johan de Villiers, Durbanville:
Ek reageer op die skrywe van Adriaan de Beer “Betaal karwagte en sê ja vir misdaad” (Rapport, 27 April).
Die regering is verantwoordelik vir die bekamping van misdaad en die toepassing van instromingsbeheer. Ons moet dus nie die karwagte ’n paar rand ontsê omdat die regering nie sy plig doen nie.
Uit my gesprekke met ’n paar karwagte blyk dit dat hulle probeer om op ’n eerlike manier in hul en hul afhanklikes se behoeftes te voorsien.
Deur hulle te help, moedig ons hulle juis aan om nie ook in misdaad te verval nie. My hand is altyd oop vir die karwagte.
|