02/05/2008 15:50 - (SA)
Koos Kombuis moet feite korrek weergee
Kobus Louw, Gordonsbaai
Koos Kombuis se rubriek “Lyf liewer die polisie in by die Skerpioene” (Perspektief, 20 April) het betrek-king.
Ek geniet sy skrywes en aanvaar dat hy soms ook net ’n bietjie stir en dis goed so.
Ek stem veral ook volkome saam met die konteks van die spesifieke skrywe.
Waarvan ek egter nie hou nie, is wanneer hy onskuldige mense en organisasies se naam besoedel! Hoe sal hy daarvan hou as ons hom Koos Badkamer of Koos Slaapkamer of selfs Koos Toilet noem?
Hy beskuldig Gordonsbaai se polisiediens (SAPD) van handel in vleis. Sy feite is nie korrek nie, want dit is die metropolisie wat van die daad beskuldig is, nié die SAPD nie!
|