02/05/2008 15:50 - (SA)
Wette geld almal, ook ryk bekendes
TvA, Paarl:
Daar is wyd berig oor die onderonsies van Corrie Sanders en Joost van der Westhuizen onlangs by die landgoed Dainfern.
Dit is onaanvaarbaar dat bekendes, en veral ryk bekendes, die landswette oortree en dan, soos in Joost se geval, die saak probeer regstel met ’n vinnige R15 000. Geld wat stom is maak mos reg wat krom is, of hoe?
Wil Joost en Corrie miljoene Suid-Afrikaners laat glo dat hulle onbewus is van die wet wat bepaal dat jy jou ID en rybewys te alle tye in jou voertuig moet hê wanneer jy bestuur? Die twee here, maar veral Joost, se klaarblyklik robuuste optrede, arrogansie en gebrek aan respek verstom ’n mens – hulle is rolmodelle en hul optrede is ongevraag en verkeerd, ongeag die mate van provokasie wat daar ook al was.
|