02/05/2008 15:50 - (SA)
Hondeliefhebber sien rooi oor Joost-uitlating
Hondeliefhebber, Danhof:
“Joost sien steeds rooi” (Rapport, 27 April) het my as diereliefhebber en veral hondeliefhebber rooi laat sien. Hy sê in die berig (hopelik by wyse van spreke!) as jy hom soos ’n hond behandel, hy jou soos ’n hond sal behandel.
Hoe behandel jy honde, Joost?
Dis onaanvaarbaar om wreed en oneerbiedig teenoor enige dier op te tree. Diere is deel van God se skepping. In dieselfde Rapport is twee interessante berigte oor honde wat in die belang van die samelewing diens lewer. My honde is my beste vriende en hul onvoorwaardelike liefde en lojaliteit kan nie met geld gekoop word nie.
|