| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 11 Mei 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Super14 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kragkrisis | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
02/05/2008 15:50 - (SA)
Onverdraagsame en arrogante styl pla Prof. J.W. (Hoffie) Hofmeyr:
Met verwysing na die berigte oor die Christenmanne-saamtrek by Greytown in Rapport, prof. Julian Müller se artikel oor die “Hemel sonder vloer, God sonder troon” in Perspektief (20 April) en ander mediaberigte: Ek maak beswaar teen die werkwyse van sekere teoloë, predikante en anonieme briefskrywers met ’n styl van arrogansie, onverdraagsaamheid en onwetenskaplike eensydigheid. Waarom sê Müller in sy Rapport-artikel (wat panenteïsme wil bevorder) op ’n skynbaar neerhalende wyse dat “daardie man met sy rooi skoene en hoedjie (David Kramer) meer teologie in hom het as baie predikante. En sy teologie is beter as baie teoloë s’n”? “Denker van Pretoria” skryf onlangs in Beeld so simplisties dat “die ortodokse teologie van Angus Buchan uitgedien (is)”. Dis aanmatigend. Dit lyk my daar is in dié kringe ’n besonderse verdraagsaamheid teenoor ander godsdienste. Terloops, ons gebalanseerdes respekteer ook dié met ander geloofsoortuigings, maar as dit by die eie Christelike tradisie kom, is daar byna nie sprake van verdraagsaamheid nie. “Denker” sê onwetenskaplik eensydig na aanleiding van die Greytown-gebeure “dat die teïstiese Bybelse God ’n (bloot) menslike konstruksie … is”. Müller sê skynbaar ongenuanseerd op die Kletskerk-webblad (18 April) dat “denkende mense hulself al verder en vreemder van godsdiens (bevind)”. Hy en sy medestanders verteenwoordig nie die enigste denkende mense nie. Dit is tyd dat die breë kerkvolk sê hulle het genoeg gehad hiervan, en van die wyse waarop die kerk van Christus afgetakel word. Laat ons as gebalanseerde teoloë, predikante en kerklidmate dit duidelik en sonder arrogansie sê: die standpunte waarna hierbo verwys is, verteenwoordig nie die enigste denke oor kerk, teologie en samelewing nie. Die werklik hoogstaande denkers gebruik nie hierdie arrogante, onverdraagsame en eensydige styl nie.
|
||||||||||||||||
![]() |
||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
![]() |
|
|
|