News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Bose Roelien groet Binneland
Binnelanders se Roelien is loshande die mees gehate televisiekarakter in die land.
Video: Paaldans-fiasko
Paaldans doen dalk wondere vir die figuur, maar dis g'n kuur teen aggressie nie...
Sondag 11 Mei 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Super14
Olimpiese Spele
Kragkrisis
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
    Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Allerlei
Video
Blogs
Lotto
Fotogalerye
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  5°C  22°C
Kpstd  16°C  18°C
Dbn  17°C  21°C
Jhb  6°C  24°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

02/05/2008 15:49  - (SA)  
Ware leiers moet nou opstaan vir ons taal
Dr. P.F. Erasmus, Rant en-Dal:    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Mnr. Charles Nqakula

As ’n hond se stert afgekap is, kry jy hom nooit weer aangelas nie: hy ontbind en keer terug tot stof.

Is dit wat inderdaad met Afrikaanssprekendes (van alle rasse en gelowe) onder die “demokratiese” ANC-bewind aan die gebeur is?

Meer verontrustend is dat daardie klaarblyklik afgekapte stert sy lot blykbaar gelate aanvaar. Daar word toenemend genoeë geneem met die opdwing van Engels aan Afrikaanssprekendes deur die regering en sy dikwels onbevoegde staatsliggame, al kom daardie “Engels” skaamteloos krom en skeef en al het daardie taal sy hedendaagse status juis deur kolonialisasie verwerf en al haat al wat swart Afrikaan is kolonialisme.

Die sakewêreld, verloopte Afrikaanse ondernemings ingesluit, wis ook toenemend Afrikaans uit deur onder meer toenemend in alle Afrikaanse media in Engels te adverteer wanneer Afrikaanse geld nagejaag word, ten koste van Afrikaanses en ons taal.

Het die Afrikaanssprekende sy trots ná 1994 sodanig verloor dat hy nou aanvaar die sogenaamde nuwe Suid-Afrika het op die lyk van Afrikaans tot stand gekom? Is dit hoekom ons vandag politiek leierloos is? Die ander etniese groepe het steeds hul tradisionele leiers, maar Afrikaanses leef in ’n vakuum waarin kultuur- en ander ad hoc-liggame kwalik die allesomsluitende leierskapsfunksie kan vervul. Het dit nie tyd geword om ’n oorkoepelende liggaam tot stand te bring wat die stem van alle Afrikaanses in die sogenaamde global village – miskien met behulp van ’n “internet-parlement” – kan uitdra nie, of leef ons nog in die waan dat die een of ander Miekie Muis-opposisieparty in die voorsienbare toekoms iets teen die ANC gaan vermag – of dat die ANC ooit na ons belange sal omsien?

Watter hoop het ons: 1. Met ’n minister soos Charles Nqakula wat Agri-SA se versoek al sedert Maart 2007 summier ignoreer om hulle dringend oor die toenemende misdaad en plaasmoorde te woord te staan? 2. Met die ministers van landbou wat haat teen Afrikaanse boere versprei? 3. Met mev. Naledi Pandor (minister van onderwys) wat aktief deelneem aan regsaksies teen Afrikaans in Ermelo?

Dit het tyd geword vir die J.B.M. Hertzogs en Jan Smutse in ons kubernetiese tyd om op te staan vir die oorlewing van Afrikaanses en hul taal.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
    Stem
Is eerw. Frank Chikane nou 'n verskoning aan Adriaan Vlok verskuldig?
Ja
Nee

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo