News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Lotto nuusbrief
Kry die Lotto-uitslae elke Woensdag en Saterdag per e-pos! Kliek hier om in te teken.
Toer saam met Bokke
Wen 'n reis na Engeland en sien die Bokke op Twickenham.
Sondag 13 Julie 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
    Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Loopbane24
Staatsdiensnuus
Spaarmaand
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  6°C  18°C
Kpstd  16°C  19°C
Dbn  14°C  22°C
Jhb  2°C  16°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

10/05/2008 14:09  - (SA)  
Dis waarom ryk, wit Yanks Obama steun
Cliff Saunders, Northcliff:    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Met rassisme so hoog op die Suid-Afrikaanse agenda is dit interessant om te sien wat in die verkiesingstryd tussen Barack Obama en Hillary Clinton in Amerika gebeur.

Vir die 13% Amerikaners wat swart is (African Americans), speel ras beslis ’n rol, want die oorgrote meerderheid stem vir Obama.

Ontledings van wit Amerikaners se stemneigings is meer kompleks. Ontleders stem saam dat die blouboordjiewerkers (dié wat minder as $50 000 per jaar verdien) vir Clinton stem terwyl die meer gegoede wittes geneig is om vir Obama te stem – wat die rede is hoekom Obama soveel meer geld vir sy verkiesingsveldtog het as Clinton.

Die blouboordjiewerkers meen duidelik Obama sal meer geneig wees om die behoeftige swart Amerikaners te help as die wittes. Hulle is dan sy betroubaarste ondersteuners; hy is per slot van sake “een van hulle”.

Die meer gegoede wittes (sakelui ensovoorts) glo weer die onervare Obama sal veel meer manipuleerbaar wees as ’n gesoute politikus soos Clinton en dat hulle hom makliker sal kan oorreed om wetgewing te bevorder wat hul doelwitte bevorder. Ook sien hulle groot voordele daarin om ’n swart president te hê: Dit sal ’n groot indruk op Afrikalande maak van waar Amerika al hoe meer grondstowwe moet invoer en verwerk ter bevordering van ’n ekonomie wat sukkel. Dit is tog onmoontlik om Amerikaners as rassiste of imperialiste te brandmerk as diepresident swart is!

Die rassekaart is tot dusver min gespeel in die stryd tussen Clinton en Obama. Dit sal sterk na vore kom as Obama die stryd om die presidentskap teen John McCain moet voer.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
    Stem
Sal jy een van Angus Buchan se saamtrekke bywoon?
Ja
Nee
Nie weer nie

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo