News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Lotto nuusbrief
Kry die Lotto-uitslae elke Woensdag en Saterdag per e-pos! Kliek hier om in te teken.
Toer saam met Bokke
Wen 'n reis na Engeland en sien die Bokke op Twickenham.
Sondag 13 Julie 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
    Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Loopbane24
Staatsdiensnuus
Spaarmaand
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  6°C  18°C
Kpstd  16°C  19°C
Dbn  14°C  22°C
Jhb  2°C  16°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

10/05/2008 14:09  - (SA)  
Die advertensies in Engels pla
Pedro Diederichs, Pretoria:    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Dit was waarskynlik die kragtige pro-Afrikaanse brief van dr. P.F. Erasmus (Rapport, 4 Mei) en Madeleine Barnard se uitstekende ontleding in Perspektief van die “verdomming” van die media wat my radar ingestel het op die advertensies in Rapport se Loopbane 24-bylae.

Hier is ’n Afrikaanse koerant wat onomwonde pro-Afrikaans is (dink maar aan die ROF, rubrieke en redaksionele kommentaar) met agt volbladsy-advertensies in hoofsaaklik Engels.

So hoofsaaklik dat nie eens ’n halfbladsy met die paar Afrikaanse advertensies gevul sou kon word nie.

Wat verder opval, is dat die meeste advertensies van owerheidsweë kom wat duidelik Engels bo Afrikaans in ’n Afrikaanse koerant verkies. Boonop word met onder meer Afrikaanse belastinggeld daarvoor betaal.

Jammer, maar dit het nie sin nie.

Aansluitend hierby Barnard se vrees dat die media al hoe meer op wins ingestel is as op joernalistiek van hoë gehalte. Sou haar stelling: “Koerante is in die eerste plek ondernemings wat ’n wins moet toon en slegs daarna gehoor (kan) gee aan sosiale en kreatiewe gewete” so baie waar wees vir Afrikaanse koerante? Waar pas Rapport se “kulturele gewete” oor Afrikaans in wat die plasing van Engelse of Afrikaanse advertensies betref?

’n Mens is bewus van tegniese en koste-aspekte betreffende die produksie van ’n bylae soos Loop-bane 24 saam met Rapport se Engelse suster City Press se Careers 24. Maar my gevoel is dit is ten koste van Afrikaans.

Nee wat, Rapport. As die owerheid of sakewêreld dan toegelaat word om op jul advertensieblaaie die Queen’s language so in ons kele af te druk, is dit net nog ’n spyker in Afrikaans se doodskis en julle s’n.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
    Stem
Sal jy een van Angus Buchan se saamtrekke bywoon?
Ja
Nee
Nie weer nie

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo