News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Lotto nuusbrief
Kry die Lotto-uitslae elke Woensdag en Saterdag per e-pos! Kliek hier om in te teken.
Toer saam met Bokke
Wen 'n reis na Engeland en sien die Bokke op Twickenham.
Sondag 20 Julie 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Mandela90
Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
    Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
Spaarmaand
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  2°C  20°C
Kpstd  12°C  16°C
Dbn  14°C  24°C
Jhb  3°C  17°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

10/05/2008 14:09  - (SA)  
Dis gelowiges, nie ateïste wat meen hulle ‘weet als’
Nathan Bond, per e-pos:    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

In “Die gebed van ’n vrydenker” (Perspektief, 4 Mei 2008) neem Koos Kombuis sterk standpunt in teen “militante ateïsme” of “sekulêre intoleransie”.

Die aanklag dat “ateïste deesdae onwrikbaar glo dat hulle alles weet”, is vergesog. Absolute sekerheid is die aanmatigende aanspraak van die gelowige – “só sê die Here . . .” Elke enkele ateïs wat ek ken of wie se werk ek lees, sal ’n volmaakte u-draai oor “God” maak as die bewyse gebied word.

Ek wonder of Kombuis my aan selfs net een godgelowige kan voorstel wat bereid is om dienooreenkomstig te gaan waar die bewyse lei?

Ek kan nie aan een enkele wetenskaplike dink wat meen hy of sy is “doodseker dat hulle alles verstaan” nie. In die wetenskap, het Karl Popper gesê, word daar net vordering gemaak wanneer ’n hipotese faal en nie wanneer dit bevestig word nie.

Dit is noodsaaklik dat daar oorgereageer word om aandag op bepaalde vergrype te vestig. Dit is waarom ons ’n Vrouedag het – om die aandag te vestig op verskriklike wangedrag wat nie geduld durf word nie, maar tog alledaags is. Die bloedspoor van godsdiens loop uit die “Tuin van Eden” tussen verwoeste lewens deur tot by die jongste nuus en stééds is die gelowige se ruggie krom wanneer godsdiens gekritiseer word; stééds aanvaar ruim 90% van Suid-Afrikaners sonder meer dat “God” ís, regverdig is en in beheer is.

Hoewel Bybelwetenskaplikes soos Philip Kennedy meen ons het geen manier om God te omskryf nie, is daar steeds geen sweempie bewys vir die bestaan van ’n Perfekte, Almagtige, Alwetende, Alomteenwoordige Skepper en Beskikker nie.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
    Stem
Steun jy 'n SA-bod vir die 2020 Olimpiese Spele?
Ja, beslis!
Nee, beslis nie!
Ja, maar...

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo