| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 29 Junie 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
10/05/2008 14:08 - (SA)
Blaamkultuur gaan SA bespotting maak Hans, Amanzimtoti:
Flip Buys se blaamkultuur-rubriek laas Sondag in Rapport was die beste wat ek in ’n lang tyd gelees het. Verskonings vir Maretta Bellinghan se gatvolheid, die Zuma-kliek en die SABC-raad waaroor Johann Maarman skryf, die Eskom-debakel, pres. Thabo Mbeki se Mugabe-vryery, die geweld en al hierdie dinge wat pla, is alles maar deel van hierdie blaamkultuur van die ANC. Maar hoe nou met die Wêreldbeker-sokkertoernooi in 2010 en die gasheerland se tragiese nasionale span? Hier is transformasie, of die verskoning “ek is arm omdat jy ryk is of omdat ek benadeel is” nie ter sprake nie. Sokker is en was nog altyd die swart man se nasionale sport, deel van hul kultuur, en dit is ook so geadministreer. Ondanks al die politiek en transformasie in rugby het ons nou al twee keer die Wêreldbeker gewen sedert die ANC aan die bewind is. Die blaamkultuur of geld kan nie as verskoning gebruik word vir Bafana Bafana se treurige vertonings nie en is daarom ’n tipiese voorbeeld van die ANC se insig en leierlose mislukkings. Is die spanlede nie ook net “vet katte” wat die wêreld vol vlieg en speel vir geld en nie vir Suid-Afrika nie? Hulle is allesbehalwe die helde wat hulle behoort te wees. Moenie vir my vertel ons het nie sokkerspelers in hierdie land wat goed genoeg is om wêreldwyd mee te ding nie. Op alle ander gebiede doen ons dit dan. Daar is minder as twee jaar oor voordat die Wêreldbeker-sokkertoernooi plaasvind en nasionale proewe kan landwyd gehou word om spelers te soek wat nie net die beste sokker kan speel nie, maar ook die guts het om vir hul land te speel en nie net vir geld nie. Kry dan ’n Rassie Erasmus as bestuurder om die afrigter by te staan en wat sal weet hoe om ’n span saam te snoer in ’n gedrilde en gedissiplineerde sokkerpeloton. Maar ongelukkig het die ANC nie die guts om ons land van die verleentheid wat in 2010 kom, te spaar nie. Dis makliker om verskonings te soek en om ander te blameer.
|
||||||||||||||||
![]() |
||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|