Blaamkultuur gaan SA bespotting maak
Flip Buys se blaamkultuur-rubriek laas Sondag in Rapport was die beste wat ek in ’n lang tyd gelees het. Verskonings vir Maretta Bellinghan se gatvolheid, die Zuma-kliek en die SABC-raad waaroor Johann Maarman skryf, die Eskom-debakel, pres. Thabo Mbeki se Mugabe-vryery, die geweld en al hierdie dinge wat pla, is alles maar deel hiervan.
|
|
Mynongelukke is erg, maar moorde ook
10/05/2008 14:09
Ek betoon graag my innige en opregte simpatie met die familielede van die slagoffers van die South Deep-myn.Wat egter my verstand te bowe gaan, is dat mnr. Zwelinzima Vavi van Cosatu sommer die myn sy bedrywighede wil laat staak.
|
|
|
Wapens kon só in Angola beland het
Op Google Earth kon jy sien hoe verskeie skepe teenaan mekaar in Luanda se hawe vasgemeer lê. Dit was dus moontlik dat die Chinese skip sy houers met wapens vir Zimbabwe op ’n ander skip kon oorlaai.
Die advertensies in Engels pla
Dit was waarskynlik die kragtige pro-Afrikaanse brief van dr. P.F. Erasmus (Rapport, 4 Mei) en Madeleine Barnard se uitstekende ontleding in Perspektief van die “verdomming” van die media wat my radar ingestel het op die advertensies in Rapport se Loopbane 24-bylae.
Probleme om mengeltaal te keer
Dr. P.F. Erasmus van Rant-en-Dal verdien ’n veertjie van die ATKV vir sy standpunte oor die aanslag op Afrikaans.
Meer Afrikaanse private skole nodig
As Engelssprekende en taalliefhebber steun ek dr. P.F. Erasmus se denkwyse.
Dis waarom ryk, wit Yanks Obama steun
Met rassisme so hoog op die Suid-Afrikaanse agenda is dit interessant om te sien wat in die verkiesingstryd tussen Barack Obama en Hillary Clinton in Amerika gebeur.
Eskom leer nie, gaan aan met ‘regstelling’
Ek weet die Eskom-perd is al holrug gery, maar ek gaan hom nog ’n keer opsaal. |
|