| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 11 Mei 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Super14 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kragkrisis | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
02/05/2008 15:27 - (SA)
Vermaak: Jhb se filharmoniese Orkes verleng sy seisoen tot ses weke Paul Boekkooi
Met die tweede simfonie-seisoen van 2008 lui die Johannesburgse Filharmoniese Orkes (JFO) ’n nuwe fase in hul agtjarige bestaan in. Vanweë die groot vraag na kaartjies en die feit dat al die kaartjies vir talle konserte in veral die laaste paar jaar talle verkoop is, word daar van dié seisoen af ses programme pleks van die gebruiklike vyf aangebied. Dié seisoen is ses weke lank en begin volgende week op 7 en 8 Mei en duur tot 11 en 12 Junie. Konserte word steeds op Woensdag- en Donderdagaande aangebied. Hulle vind plaas in die Linder-ouditorium op die Wits-onderwyskampus in Parktown, Johannesburg. Die aanvangstyd vir die konserte is 20:00. Twee dirigente wat nog nie voorheen die JPO gelei het nie, maak in dié seisoen hul buiging: Michal Dworzynski en Grant Llewellyn. Die Switser Emmanuel Siffert, wat die JFO al by verskeie vorige geleenthede met welslae gedirigeer het, staan vir die eerste twee konserte voor die orkes. ’n Groot verskeidenheid soliste gaan optree: die violiste Min-Jin Kym en Philippe Graffin, die pianiste Pallavi Mahidhara, Boris Giltburg en Anton Nel, asook die tjellis Dmitry Kouzov. Programbesonderhede vir die ses konserte is soos volg: * 7 en 8 Mei – Dirigent: Siffert. Soliste: Kym. Program: Karnaval-ouverture en Simfonie no. 9 in E mineur – Van die nuwe wêreld (Dvorák); Vioolkonsert in E mineur (Mendelssohn). * 14 en 15 Mei – Dirigent: Siffert. Soliste: Mahidhara. Program: The Walk to the Paradise Garden (Delius); Rapsodie op ’n tema van Paganini (Rachmaninof); La mer (Debussy); La valse (Ravel). * 21 en 22 Mei – Dirigent: Dworzynski. Solis: Kouzov. Program: Capriccio Es-pagnole (Rimski-Korsakof); Tjellokonsert (Miaskowski); Simfonie no. 5 in E mineur (Tsjaikowski). * 28 en 29 Mei – Dirigent: Dworzynski. Solis: Giltburg. Program: Siegfried-idille (Wagner); Klavierkonsert no. 2 in F mineur (Chopin); Simfonie no. 4 in E mineur (Brahms). * 4 en 5 Junie – Dirigent: Llewellyn. Solis: Graffin. Program: Coriolanus-ouverture (Beethoven); Vioolkonsert in D mineur (Brahms); Enigma-variasies (Elgar). * 11 en 12 Junie – Dirigent: Llewellyn. Solis: Nel. Program: Klavierkonsert no. 2 in C mineur (Rachmaninof); Simfonie no. 2 in G majeur (Vaughan Williams). Vir seisoenkaartjies teen ’n spesiale afslag kontak Neville Pirtchard by 011-789-7256.
|
||||||||||||||||
![]() |
||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
![]() |
|
|
|