| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 11 Mei 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Super14 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kragkrisis | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
02/05/2008 15:27 - (SA)
Vermaak: Moose ligpunt wat kan genees Paul Boekkooi
Karoo Moose, deur Lara Foot Newton. Regie: Lara Foot Newton. Met Zoleka Helesi, Mdu Kweyama, Bongine Mantsai, Thami Mbongo, Chuma Sopotela, Mfundo Tshazibane. In die Barney Simon, Mark-teater, Johannesburg, tot 18 Mei. In elke volkslegende wat sy sout werd is, is daar moontlik ’n skoonlief, maar beslis ’n ondier wat waarborg dat die storie hom aan die vergetelheid sal bly ontruk. In Afrika wemel dit van sulke verhale – apokrief ofte not. Die wat wérklik wáár is, is meestal ook meer onthutsend. ’n Amerikaanse eland in die Karoo? Hoe bring ’n mens hier die kloutjie by die oor, of anders gestel: die hoef by die horings? Deur in die psigiese te glo, dit te soek en dit in te drink. In Karoo Moose is daar sprake – gerugte, veronderstellings, vermoedens, dade? – dat die takbok uit ’n dieretuin ontsnap het. Maar wat werklik aan ’t gebeur is, is dat hy in mense se onderbewussyn wei, maak nie saak of dit nou in lowergroen gras of uitgedroogde Karoobossies is nie. Lara Foot Newton se skryfwerk is ’n verlengstuk van haar intrinsieke bemoeienis met teaterregie oor ruim vyftien jaar. Die chronologie en veral veiligheid van die beskrywend-liniêre verhaal is nie vir haar nie. Hoogstens slegs elemente daarvan. Obsederende drome en die venyn van werklikheid werk afwisselend op mekaar in en, soos sy self erken, daaruit kom van tyd tot tyd magiese realisme op die verhoog. Patrick Curtis se stel lei die oog van voorwerp na voorwerp, terwyl elke rekwisiet ’n mede-verteller in die globale prentjie word. Huise en ’n windpomp word met doringtakke teen die agtermuur verbind: die tuiste met die bron van oorlewing, as ’t ware. Met dreunsang en danse word oerkragte losgelaat, terwyl skielike bewegings ’n opgegaarde, energieke drif en tegelyk frustrasie simboliseer. Dié Oos-Kaapse storie is bepaald g’n landelike idille nie, maar ’n soms onsigbaar kolkende metafoor vir die stand van die land as geheel. Daarom durf en wil hierdie resensent nie verder uitwei oor alles wat soveel treffender op die verhoog tot uiting kom nie behalwe nog dít: Selfs te midde van obsessiewe rituele en ’n ware ensemble-tsoenami wat die kyker en toehoorder omspoel, vergeet ’n mens nooit Chuma Sopotela se Thozama en veral die “vryskop”-aanvalle op haar nie. Klink dit alles baie duister? Gaan kyk na Karoo Moose vir opheldering. Menige kant van die uitgebeitelde Karoo Moose-munt word belig terwyl die toeskouer meervlakkig aangeraak word. Maar daar is ook sonstrale wat die donker deurpriem, gevatte humor, bruisende lewenslus en hoop: ’n ligbaken wat kan genees.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
![]() |
|
|
|