| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 11 Mei 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Super14 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kragkrisis | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
02/05/2008 15:27 - (SA)
Tussen ons: Kraam nie vir sissies Maretha Botes
Ons almal weet hoe swangerskap die vrou beïnvloed. Hormoonskommelinge, vergeetagtigheid, eet- en slaappatroonveranderings. Maar kom ons wees nou eerlik, dis nie nét die vrou wat snaakse goed aanvang in dié kosbare nege maande nie. Terwyl die nes reggeruk word vir kleinding se aankoms is manlief dikwels die angstige party. Dis een ding om angstig te wees. Dis ’n ander ding om angstig én haastig te wees. Só haastig dat jy jou vrou, swanger en in kraam, by die huis vergeet op pad kraaminrigting toe. Só vertel ’n vroedvrou die storie van ’n man wat hulle in die middel van die nag by die kliniek bel en sê hy dink sy vrou is in kraam. Hoe meer vrae die vroedvrou aan die arme man stel, hoe minder weet hy wat sy vrou se simptome is totdat die vroedvrou hom maar kalm aanraai om die vrou kliniek toe te bring sodat hulle kan kyk wat aangaan. ’n Paar minute later hardloop die man, oornagtassie in die hand, by die kliniek in. Die vroedvrou en haar handlangers wag rustig op die vrou met die gedagte dat iemand anders haar dalk uit die motor tot by die deur help. Maar hoe langer hulle wag, hoe minder vrou daag op. “Meneer, waar’s jou vrou dan?” vra die vroedvrou uiteindelik. “Huh?” kom die man self vir die eerste keer agter hy het sy swanger vrou voor die motorhek vergeet nadat sy die hek vir hom oopgemaak het. Die man is ’n sterk koppie tee ingegee terwyl ’n ambulans gestuur is om vroulief op te pik. En só neem nie net die angstigheid nie, maar ook die nagmerries toe in die laat stadium van swangerskap. ’n Goeie vriendin was al ver in haar laaste trimester toe sy nagmerries kry oor hoe haar man skielik tot sterwe kom. Só groot skrik sy een aand dat sy wild en wakker in die stikdonkerte begin rondvoel of haar man, diep in droomland, nog asemhaal en daar nog ’n pols is. Maar al wat manlief, salig onbewus van die angstige oomblik, geuiter kry, is: “Nie nou nie, ek wil nog slaap!” (Hy sal hom wat verbeel so laat in sy arme vrou se swangerskap!) Dan is daar natuurlik ook dié mans wat só rustig is wanneer kraamtyd aanbreek dat mens wonder of die voorgeboorteklasse ’n goeie ding was. Dis nou dié man wat rustig sy vrou se tas help dra tot by die kraamsaal en dan self op die bed gaan lê terwyl sy, in pyn en lyding, heen en weer in die gang stap. Sy woorde sal iets wees soos: “Onthou om diep asem te haal, my lief.” Maar soos my vriendin aan my sê: dis één dag van jou en jou kind se lewe wat jy ’n leeftyd lank onthou. Uiteindelik is dit immers die wonderwerk van ’n nuwe lewe wat elke oomblik die moeite werd maak.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
![]() |
|
|
|