News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Bose Roelien groet Binneland
Binnelanders se Roelien is loshande die mees gehate televisiekarakter in die land.
Video: Paaldans-fiasko
Paaldans doen dalk wondere vir die figuur, maar dis g'n kuur teen aggressie nie...
Sondag 11 Mei 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Super14
Olimpiese Spele
Kragkrisis
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
    Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Allerlei
Video
Blogs
Lotto
Fotogalerye
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  5°C  24°C
Kpstd  15°C  24°C
Dbn  16°C  24°C
Jhb  7°C  23°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

02/05/2008 15:27  - (SA)  
Waterkloof-vier se speurder aangekla
Sonja Carstens     

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Mnr. Johan le Grange

Pretoria

Die private speurder wat vroeër deur die sogenaamde Waterkloof-vier aangestel is om bewyse in hul verweer te versamel, is nou self ’n verdagte in vermoedelik een van die grootste renosterhoringhandelsindikate ter wêreld.

Mnr. Johan le Grange het die afgelope week vlugtig in die landdroshof in Bronkhorstspruit verskyn op 43 aanklagte.

Die saak teen hom is oorgeplaas na die hooggeregshof in Bloemfontein. Hy moet op 5 Mei saam met mnre. Clayton Fletcher van Sandhurst Safaris, Gerhardus Saaiman van Saaiman Safari’s, Pieter Johannes Swart, Frans Andries van Deventer en Cumaran Moodley verskyn.

Agttien dossiere wat spruit uit beweerde voorvalle in ses provinsies word teen die vermeende sindikaat ondersoek.

Hulle staan voorlopig tereg op aanklagte van rampokkery, handel in renosterhorings en regsverydeling.

Minstens 22 witrenosters met ’n geraamde waarde van sowat R3,3 miljoen is na bewering geskiet sodat hul horings bekom kan word. Die horings, wat na raming vir sowat R20 000 per kilogram verkoop word, is glo in die buiteland verkoop. Die moontlikheid word ondersoek dat nóg renosters van kant gemaak is.

Die twee renosterjagters Deon van Deventer en Nick van Deventer, broers van mnr. Frans Andries van Deventer, is vroeër tronk toe gestuur nadat hulle pleitooreenkomste met die staat gesluit het.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
    Stem
Is eerw. Frank Chikane nou 'n verskoning aan Adriaan Vlok verskuldig?
Ja
Nee

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo