News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Bose Roelien groet Binneland
Binnelanders se Roelien is loshande die mees gehate televisiekarakter in die land.
Video: Paaldans-fiasko
Paaldans doen dalk wondere vir die figuur, maar dis g'n kuur teen aggressie nie...
Sondag 11 Mei 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Super14
Olimpiese Spele
Kragkrisis
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
    Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Allerlei
Video
Blogs
Lotto
Fotogalerye
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  3°C  23°C
Kpstd  14°C  16°C
Dbn  16°C  28°C
Jhb  6°C  21°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

02/05/2008 15:27  - (SA)  
Rolprente: Rasionele, tegnologiese, eiegemaakte held van staal
Naas Ferreira    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Iron Man (8 uit 10)

Regie: Jon Favreau.

Met Robert Downey jr., Terrence Howard, Gwyneth Paltrow, Jeff Bridges.

Sedert die eerste primitiewe mense bewus geword het van hul sterflikheid en na antwoorde op hierdie tydelike bestaan gesoek het, het die mens superhelde of gode geskep wat in verhale rondom heilige vure aan volgende geslagte oorgedra is.

Die Grieke het Herkules gehad, die Jode Simson en die Chaldeërs Gilgamesj.

Die Amerikaanse geskiedenis is deurspek met helde soos Wyatt Earp en Wild Bill Hickok, terwyl die Lone Ranger en Zorro die eerste gemaskerde helde was.

Toe het Superman en Batman hul verskyning gemaak. Die meeste van hierdie moderne superhelde het ontstaan danksy ’n fratsongeluk, kom van ’n ander planeet af of is deur ’n radioaktiewe spinnekop gebyt.

Dit weerspieël die mitologiese held of god wat van buite af moet ingryp om die mens te red.

Teenoor hierdie mitologiese helde/gode staan Iron Man, die rasionele, tegnologiese en eiegemaakte superheld. Iron Man is die nuutste van Marvel se superhelde wat ’n nuwe lewe op die silwerdoek gegun word.

Spider-Man, X-Men, die Fantastic Four, die Hulk en Daredevil is vorige grootskerm-inkarnasies.

Die verhaal is eenvoudig: Tony Stark (Robert Downey jr.) is ’n middeljarige Amerikaanse wapenvervaardiger wat in Afganistan ontvoer word om ’n wapen vir ’n onafhanklike groep terroriste te vervaardig.

In stede van ’n wapen vir die terroriste maak Tony ’n metaalpak wat hom sal help om te ontsnap en te dien as prototipe vir sy uiteindelike Iron Man-pak.

Nou is dit nie meer die mitologiese god of held van buite af wat mense (deus ex machina) uit die moeilikheid help nie, maar die mens se eie vernuf en vindingrykheid. Die superheld het die rasionele vlak van ontwikkeling bereik.

Soos dit elke goeie superheld betaam, het Iron Man ook ’n aartsvyand.

Ná sy ontsnapping en terugkeer na sy paleis van ’n huis in Malibu kondig Tony aan dat Stark Industries nie meer wapens sal vervaardig nie.

Nie almal is gediend daarmee nie en probeer dit keer. Iron Man se vyand kom van dié wat geld en mag bo mense stel en hy sal oud en jonk oortuig wat dit beteken om waarlik ’n held te wees.

Dit wys dat ons minder op superhelde en eerder op ons eie vermoëns en soms ook op tegnologie moet staatmaak.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
    Stem
Is eerw. Frank Chikane nou 'n verskoning aan Adriaan Vlok verskuldig?
Ja
Nee

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo