News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Bose Roelien groet Binneland
Binnelanders se Roelien is loshande die mees gehate televisiekarakter in die land.
Video: Paaldans-fiasko
Paaldans doen dalk wondere vir die figuur, maar dis g'n kuur teen aggressie nie...
Sondag 11 Mei 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Super14
Olimpiese Spele
Kragkrisis
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
    Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Allerlei
Video
Blogs
Lotto
Fotogalerye
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  3°C  23°C
Kpstd  14°C  16°C
Dbn  16°C  28°C
Jhb  6°C  21°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

02/05/2008 15:27  - (SA)  
Sport: Kim kook in sewekamp én op die netbalbaan
Marthinus Koekemoer    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Pretoria

Nie hekkies, gewigstoot, verspring of spiesgooi is ’n probleem vir Kim Ludick (18) nie. Dis onder meer van die sewekamp-items vir o.19 meisies waarin sy uitgeblink het by die Suid-Afrikaanse kampioenskappe vir juniors wat by Tuks gehou is.

Kim, ’n matriekleerling aan die Hoërskool Waterkloof, het haar naaste teenstander met omtrent 200 punte geklop. Verlede jaar was sy tweede.

Van al die sewekamp- items geniet Kim spiesgooi die meeste. Sy reken dis die grootste uitdaging, maar sy het die tegniek onder die knie gekry.

Die sewekamp word oor twee dae beslis en Kim sê aan die einde van die taai stryd is almal groot maats.

Sporttalent is definitief in Kim se gene. Haar pa, Edwin, was ’n Springbok-atleet, haar oupa, Willie, ’n Springbok-bokser wat ook in die beroepskryt naam gemaak het en haar kleinsus, Sasha-Lee, is tans die naasbeste o.17-sewekamp- meisie in Suid-Afrika. Kim is vanjaar Klofies se eerste netbalspan-kaptein en speel al vyf jaar vir Gauteng-Noord.

Kim is ’n onderleier vir sport in haar skool, maar ook ’n slimkop wat jaar ná jaar een van die toptien- akademiese presteerders daar is.

“Mens moet alles wat jy doen, voluit aanpak,” sê Kim. “Ek wil volgende jaar vir ’n B.Com-graad in hotelbestuur by Maties gaan swot. Ek sal nog sewekamp doen, maar ek wil nog ver gaan met my netbal.”



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
    Stem
Is eerw. Frank Chikane nou 'n verskoning aan Adriaan Vlok verskuldig?
Ja
Nee

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo