News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Bose Roelien groet Binneland
Binnelanders se Roelien is loshande die mees gehate televisiekarakter in die land.
Video: Paaldans-fiasko
Paaldans doen dalk wondere vir die figuur, maar dis g'n kuur teen aggressie nie...
Sondag 11 Mei 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Super14
Olimpiese Spele
Kragkrisis
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
    Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Allerlei
Video
Blogs
Lotto
Fotogalerye
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  3°C  23°C
Kpstd  14°C  16°C
Dbn  16°C  28°C
Jhb  6°C  21°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

02/05/2008 15:27  - (SA)  
Misdadigers, pasop vir die fietsbrigade!
Marthinus Koekemoer    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Sr. supt. Rienette Pieterse lei haar span deur die strate van Hatfield om misdaad te voorkom. Foto: Craig Nieuwenhuizen

Pretoria

’n Span van tien polisielede en burgerlikes patrolleer sedert 18 April op Vrydae die strate van Brooklyn en Hatfield te voet en op fietse. Hulle is deel van die Brooklyn-polisiekantoor se Misdaadbekamping-fiksheid-Vrydag-veldtog.

Die span het dié week twintig splinternuwe fietse ontvang waarop die veertig vrywilligers op ’n rotasiegrondslag patrolliewerk in die omgewing doen.

“Ons het die veldtog begin om misdaad te bekamp en terselfdertyd ons polisielede te help met hul fiksheid,” sê sr. supt. Rienette Pieterse, hoof van misdaadvoorkoming in die Brooklyn-polisiekantoor. “Verder probeer ons die publiek bewus maak van misdaad sodat ook hulle hul kant kan bring om dit te bekamp.”

Die patrollielede is op Vrydae tussen 09:00 en 11:00 op straat en weer tussen 13:00 en 15:00. Dis tye wat geïdentifiseer is as hoërisikotye vir misdaad wat inbrake by motors, dwelmhandel en rooftogte insluit.

’n Polisielid met ’n vuurwapen en radio vergesel ’n burgerlike op die patrollie, wat gewoonlik oor 6 km tot 8 km strek.

“Die hele misdaadvoorkomingseenheid is deel van die patrollies en ook baie ander polisielede,” sê Pieterse. “Dit gee ons die geleentheid om met ander mense saam te werk en ek vind reeds ’n nouer band tussen die onderskeie lede.

“Die publiek het positief gereageer op die patrollies en ondernemings het aangedui hulle sal ons help met die instandhouding van die fietse.”

Pieterse meen misdadigers sien ’n motor wat aankom makliker en kan ontslae raak van dwelms voordat die motor stilhou. Die fietspatrollies bied ’n beter kans om misdadigers op heter daad te betrap. Een dwelmverwante arrestasie is reeds aangeteken.

“Ons sal binnekort terugvoering gee aan die hoofkantoor en hopelik sal die projek baie suksesvol wees,” sê Pieterse. “As dit hier werk, kan ek nie sien waarom ander polisiekantore dit nie ook kan gebruik nie.”



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
    Stem
Is eerw. Frank Chikane nou 'n verskoning aan Adriaan Vlok verskuldig?
Ja
Nee

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo