News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Bose Roelien groet Binneland
Binnelanders se Roelien is loshande die mees gehate televisiekarakter in die land.
Video: Paaldans-fiasko
Paaldans doen dalk wondere vir die figuur, maar dis g'n kuur teen aggressie nie...
Sondag 11 Mei 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Super14
Olimpiese Spele
Kragkrisis
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
    Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Allerlei
Video
Blogs
Lotto
Fotogalerye
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  5°C  24°C
Kpstd  15°C  24°C
Dbn  16°C  24°C
Jhb  7°C  23°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

02/05/2008 15:27  - (SA)  
Dam word veilige voëlhawe
Christine van der Westhuizen    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Johannesburg

Westdene se geveerde inwoners sal binnekort rustiger kan slaap, want die raadslid vir dié wyk, me. Cindy Grobbelaar, is besig met planne om die Westdenedam in ’n veilige hawe vir voëls te omskep.

Die voëlpark word met die hulp van BirdLife SA en dié se hoofborg, Sasol, tot stand gebring.

Volgens Grobbelaar word die draadheining rondom die dam reeds stuk-stuk deur ’n palissadeheining vervang.

Soos wat geld beskikbaar raak, sal ’n parkeerterrein van omgewingsvriendelike plaveiteëls gebou word, twee permanente voëlgidse opgelei en aangestel en ’n opvoedkundige sentrum waar kinders meer van die natuur kan leer, ingerig word.

Grobbelaar sê die voorkoms van misdaad in die gebied is een van die beweegredes vir die projek.

“Ongelukkig gebruik misdadigers die damterrein as ’n vinnige ontsnaproete. Dit is vir hulle maklik om oor die draadheining te spring en spore te maak. Hopelik sal dit end kry met die palissadeheinings.”

Die heining sal inwoners egter nie keer om die dam te gebruik nie. Hekkies sal op strategiese plekke aangebring word wat van soggens sewe-uur tot saans sewe-uur oopgesluit sal wees.

“Ek dink inwoners sal meer van die dam gebruik maak omdat dit, veral met die teenwoordigheid van die voëlgidse, veiliger sal wees.”

Sy beplan ook om inwoners se talente in te span met ’n driemaandelikse Art at the Dam, ’n platform vir plaaslike kunstenaars, asook ’n Kersfees in Julie, ’n lentefees en Kersliedere in November.

Prof. Gerhard Verdoorn, pas uitgetrede direkteur van Bird-Life SA, sê die dam het ’n ryke bevolking van veral watervoëls soos eende, kolganse en reiers, asook kenmerkende “stedelike voëls” soos vinke en houtkappers.

“Dit sal natuurlik goed wees as die oranjebors-kalkoentjie, wat verdwyn het namate verstedeliking rondom die dam plaasgevind het, deur die voëlpark teruggelok word,” sê Verdoorn.

Volgens Grobbelaar ontferm van die inwoners om die dam hulle oor die voëls as hulle seerkry of siek word.

“Mense versorg hulle totdat hulle beter is en laat hulle dan weer vry.”

cvanderw@rapport.co.za



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
    Stem
Is eerw. Frank Chikane nou 'n verskoning aan Adriaan Vlok verskuldig?
Ja
Nee

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo