News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Bose Roelien groet Binneland
Binnelanders se Roelien is loshande die mees gehate televisiekarakter in die land.
Video: Paaldans-fiasko
Paaldans doen dalk wondere vir die figuur, maar dis g'n kuur teen aggressie nie...
Sondag 11 Mei 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Super14
Olimpiese Spele
Kragkrisis
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
    Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Allerlei
Video
Blogs
Lotto
Fotogalerye
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  5°C  24°C
Kpstd  15°C  24°C
Dbn  16°C  24°C
Jhb  7°C  23°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

02/05/2008 15:27  - (SA)  
Sport: Kaalvoet en net 9 skitter sy op water
Craig Nieuwenhuizen    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Shianne Addinall (9)

Bronkhorstspruit

Dit is nie aldag dat ’n negejarige toegelaat word om aan ’n uiterste sportsoort deel te neem nie, veral nie ’n meisiekind nie.

Teen minstens 55 km/h moes Shianne Addinall (9) verlede naweek voet bo water hou toe sy aan die Suid-Afrikaanse kaalvoetwaterski-kampioenskapsbyeenkoms op die Bronkhorstspruitdam deelgeneem het.

Shianne, ’n leerling aan die Woodlands Internasional College in Boksburg, is die jongste lid van die Suid-Afrikaanse kaalvoetwaterskispan. Sy is die belowendste junior kaalvoetwaterski-deelnemer sedert Nadine de Villiers, die afrigter van die Suid-Afrikaanse kaalvoetwaterskispan, wat steeds die houer is van drie junior vroue- en drie ope vrouerekords.

Shianne het die sport as vyfjarige begin beoefen nadat sy gesien het hoe dit gedoen word. Haar mikpunt is om De Villiers se rekords van die afgelope tien jaar te laat spat.

Om haar doelwit te bereik, oefen Shianne elke naweek. Wanneer sy nie kaalvoet waterski nie, is sy besig met gimnastiek en ballet.

Maar dit is nie net Shianne wat verlede naweek beïndruk het op die ysige water tydens die kampioenskapsbyeenkoms, wat oor twee dae aangebied is nie. Toeskouers kon gou sien waarom Heinrich Sam (16), ’n leerling aan die Hoërskool Overkruin in Pretoria, en Garth Strydom (17), ’n leerling aan Grey-kollege in Bloemfontein, die boonste twee plekke op die wêreldranglys vir kaalvoetwaterski in die junior afdeling beklee.

Boonop is Heinrich en André de Villiers (20) ook onderskeidelik eerste en tweede op die wêreldranglys in die ope mansafdeling.

Verlede naweek het groot opwinding opgelewer toe André aanvanklik die wêreldrekord van 10 880 punte tot 11 100 punte verbeter het. Sy vreugde is gedemp toe Heinrich sy nuwe rekord laat spat het deur 11 300 punte aan te teken.

Hulle sal in Januarie volgende jaar aan die wêreldkampioenskapsbyeenkoms in Nieu-Seeland deelneem.

Die Suid-Afrikaanse kampioenskap se ope mansafdeling het geëindig met Heinrich in die eerste plek, gevolg deur André in die tweede plek en sy broer, Zane, in die derde plek.

In die junior mansafdeling was Pascal Bauwens die wenner, gevolg deur sy broer, Laurent, in die tweede plek en Wian Jacobs in die derde plek.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
    Stem
Is eerw. Frank Chikane nou 'n verskoning aan Adriaan Vlok verskuldig?
Ja
Nee

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo