02/05/2008 15:27 - (SA)
Briewe: Sien die tekens en spaar
Hermène Koorts, DA-LPW, Gauteng:
Deesdae is dit nie moeilik om die tekens van ’n swakker ekonomie te sien en jou daarby aan te pas nie.
Met ’n inflasiekoers van 10,1%, wat tekens van ’n styging toon, moet ’n mens verantwoordelikheid aan die dag lê om spaarsamig te werk te gaan.
Spaarsamigheid moet onder verbruikers aangemoedig word. Dink twee keer voordat jy in ’n motor te klim en ry. Skakel onnodige elektrisiteit af, bespaar waar moontlik wanneer ’n maaltyd berei word. Moenie nou op onnodige luukses bestee nie.
As ’n mens by matigheid bly, sal die land ook hierdie ekonomiese krisis met sukses te bowe kom.
|