| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 11 Mei 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Super14 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kragkrisis | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
02/05/2008 15:27 - (SA)
Briewe: Groot fout by Pta se dieretuin P. de Villiers, per e-pos:
Ek besoek die Pretoriase Nasionale Dieretuin gewoonlik ’n paar keer per jaar. Ek was altyd verlig om te sien dat dit een instansie in SA is wat uitstekend is en waarop ek trots kan wees. Die afgelope maand het ek oorsese gaste gehad en lank gedink waarheen ek hulle gaan neem. Ek het besluit om hulle my trots, die dieretuin, te wys. Wat ’n verleentheid! Ek het die dieretuin nog nooit so verwaarloos ervaar nie. Waterpoele en waterwerke in hokke was leeg of afgeskakel. Waar wel water was, was dit vuil en stinkend. Ek was in die loop van die dag in vier badkamers, waarvan drie nie ligte gehad het nie en stowwerig en vol ou blare was, en nie almal het papier ingehad nie. “Out of order”-bordjies was by die kinder-speelterrein en hangbrug. Daar is nie eens moeite gedoen om die pryse op die inligtingsbord by die ingang aan te bring nie! En orals leë hokke sonder verduideliking. Hokke wat duidelik nie bewoon word nie omdat dit oorgroei of verlate is. Die yslike, redelik nuwe lemur-eiland is sonder lewe en die watergrag leeg. En waar is die robbe? Wat ’n aaklige gesig is so leë swempoel! Verbeel ek my of het dieretroppe baie kleiner geword? Waar is die diere? Baie diere is verskuif, dalk tydelik, maar die inligtingsborde is nog verkeerd. ’n Tier in ’n leeuhok, voëls in ’n aaphok ensovoorts. Party hokke is só oorgroei dat dit onmoontlik is om diere te sien. Die ruie plantegroei skep nie ’n natuur- of bosatmosfeer nie, maar lyk bloot onversorg. Die standaard van die tuine het van puik en pynlik netjies tot net goed gedaal. Instandhouding word duidelik agterweë gelaat. As ’n tou-heining verweer en net so afgevrot in die modder lê of ’n staalkabel verroes het (die groot voëlhok) gee dit ’n droewige boodskap van agteruitgang. Orals kort verf. Die gevoel en indruk wat die dieretuin wek, is van onnetheid, vuilheid en traag-my-nieagtigheid. Ek hoop die vorige direkteur, mnr. Willie Labuschagne, het in sy tyd erkenning gekry vir sy briljantheid. Die vinger op die pols is weg. En ek wonder of dit die begin van die einde is, want daar is duidelik groot fout en die gebrek aan bekwame bestuur wys.
|
||||||||||||||||
![]() |
||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
![]() |
|
|
|