| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 5 Oktober 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Promosies | |||||||||||||||
| Musiekblitz | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
27/06/2008 15:17 - (SA)
Affies vier juffrou Steijn se 100ste verjaardag Marenet Jordaan
Pretoria Mej. Elizabeth Catharina Steijn weet op honderdjarige ouderdom steeds hoe om ’n saal vol meisies na haar te laat luister. Sy was immers sewentien jaar lank hoof van die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria en het gesorg dat die skoolsaal gebou word en dat dit ’n orrel en vleuelklavier kry. “Steijntjie”, soos sy algemeen bekend is, se verjaardagviering het verlede week met ’n tradisionele Vrydag-saalbyeenkoms by Affies begin. Talle van die skoolgebruike, soos die dra van pette, is tydens haar termyn as hoof (van 1945 tot 1962) ingestel. Juffrou Steijn was vasbeslote dat AHMP ’n spogskool en “sieraad” vir die Afrikaanse volk moet word. Dié legendariese juffrou het die nuwe geslag Affies vertel hoe sy destyds die meisies self die gras by die skool laat plant het. Sy het ook kunswerke van onder andere Laurika Postma en Anton van Wouw vir die skool gekoop en sportvelde laat aanlê. Juffrou Steijn het aan Rapport gesê sy is baie dankbaar dat só baie dinge by Affies steeds gedoen word op die patroon wat sy destyds vasgestel het. Herinneringe van haar kleintyd is ook nog vars in juffrou Steijn se geheue. Sy onthou nog hoe haar pa haar Johannesburg toe gebring het om na ’n beroemde ballerina te kom kyk. Juffrou Steijn is op 26 Junie 1908 in Heilbron in die Vrystaat gebore. Toe sy tien was, is haar ma aan die Groot Griep dood. Nadat haar pa in haar laat tienerjare dood is, het sy haar droom om dokter te word laat vaar om wetenskap-onderwyser te word. Sy het talle toekennings ontvang, insluitend die Orde vir Voortreflike Diens van oud-pres. PW Botha vir haar baanbrekerswerk as opvoedkundige. Tydens nóg ’n verjaardagviering die afgelope week by die Fleurenville-aftreeoord het juffrou Steijn vertel hoe sy in 1950 die eerste na-oorlogse Passiespel in Oberammergau bygewoon het. Haar tientalle wêreldreise het haar deur die jare letterlik van die Noord- na die Suidpool geneem. Juffrou Steijn sê sy sit egter glad nie heeltyd en terugdink aan wat verby is nie. “Ek lees elke dag die koerant en baie tydskrifte.”
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|