News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Tinarie gooi balle in die lug
Sy is gebore om op die verhoog te wees, meen Tinarie van Wyk Loots wat tans in kykNET se Transito te sien is.
Video: Paaldans-fiasko
Paaldans doen dalk wondere vir die figuur, maar dis g'n kuur teen aggressie nie...
Sondag 4 Mei 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Super14
Olimpiese Spele
Kragkrisis
Kommentaar
    Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Allerlei
Video
Blogs
Lotto
Fotogalerye
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  7°C  25°C
Kpstd  14°C  17°C
Dbn  13°C  25°C
Jhb  7°C  25°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

15/03/2008 13:43  - (SA)  
Dade het gevolge
    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Jong Gert van Schalkwyk se loopbaan as ’n provinsiale rugbyspeler vir die Pumas is in die gedrang om redes wat niks met sy rugby te make het nie.

Die Mpumalanga-rugbyunie word hewig gekritiseer omdat hul haker een van die sogenaamde Waterkloof-vier is, die vier jong mans wat daaraan skuldig bevind is dat hulle sewe jaar gelede ’n onbekende hawelose man vermoor het toe hulle nog skoolseuns was. ’n Appèl is hangend.

Dis nie nou ter sake of dit billik of onbillik was van die Mpumalanga-rugbyunie om Van Schalkwyk te onttrek nie. Die eenvoudige feit is: die episode het gewys Van Schalkwyk en sy drie maats is gebrandmerk.

Op dieselfde manier as wat dáárdie video die vier gewese inwoners van Reitz Kamerwonings aan die Universiteit van die Vrystaat gaan agtervolg tot in lengte van dae. Selfs al word hulle aan niks skuldig bevind nie.

In die 1980’s het Robert McBride, ’n gewese MK-vegter, ’n bom met noodlottige gevolge in ’n kroeg vol mense in Durban laat onplof. Nie eens die amnestie wat hy hiervoor gekry het, kon hom bevry van die skadu van McGoo’s Bar nie. Kyk watter beroerde loopbaan het hy vandag.

In die naloop van die Reitz-debakel is dit wat nou met Gert van Schalkwyk by die Pumas gebeur het, vir ieder en elk ’n aanskouingsles in daardie ou-ou waarheid dat dade en besluite gevolge het.

Soms doen ’n mens in die hitte van die oomblik die verkeerde ding. Maar in die meeste gevalle het jy keuses. Dikwels tref die gevolg van een verkeerde besluit of daad jou jare later, wanneer jy dit die heel minste verwag of verdien.

Dit is ’n boodskap wat in dié dae maar weer deeglik by veral ons jong mense tuisgebring kan word. Wys die koerant met Van Schalkwyk se storie aan die kinders. Verduidelik die les. Dis baie meer konstruktief (en effektief ) as om te sit en kwaad word vir die uitdelers van kollektiewe skuld.

Die wêreld het vandag te klein geword vir enigeen om in weg te kruip. En tegnologie, danksy die internet, te indringend en te verfynd om reputasies en rekords te verberg.

Selfone met kameras en video, kringtelevisie en nuwe mediaverskynsels soos blogs en Facebook maak dit feitlik onmoontlik om in anonimiteit te skuil.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
    Stem
Is die "afskaffing" van beurtkrag te goed om waar te wees?
Ja
Nee
Eskom is nie te vertrou nie

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo