News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Tinarie gooi balle in die lug
Sy is gebore om op die verhoog te wees, meen Tinarie van Wyk Loots wat tans in kykNET se Transito te sien is.
Video: Paaldans-fiasko
Paaldans doen dalk wondere vir die figuur, maar dis g'n kuur teen aggressie nie...
Sondag 4 Mei 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Super14
Olimpiese Spele
Kragkrisis
Kommentaar
    Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Allerlei
Video
Blogs
Lotto
Fotogalerye
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  5°C  25°C
Kpstd  14°C  18°C
Dbn  13°C  25°C
Jhb  7°C  25°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

22/03/2008 15:20  - (SA)  
Langeveldt
    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Daar is ’n foutlyn in die denke van al die elites wat deesdae die septer swaai in die belangrike sektore van die SA bestel. Dit is dat gelykheid opgedwing kan word met politieke dwang. Met wette en regulasies. En dat dit eensklaps volhoubare gelykheid sal meebring.

In die sportwêreld het die manie om gelykheid met politieke mag op te dwing, die afgelope week op ’n kriekettragedie uitgeloop.

Adv. Norman Arendse, die politiek besete president van Krieket SA, het sy mag gebruik om ’n raskwota neer te lê vir die toergroep na Indië. Om die kwota te haal, is die bouler André Nel weggelaat ten gunste van Charl Langeveldt.

In ’n stap wat nog lank repurkussies sal hê, het Langeveldt hom ná sielewroeging aan die toer onttrek omdat hy daar wou wees na verdienste en nie as ’n kwotaspeler nie. Die hele land se hart moet vandag uitgaan na ’n jong man wat sekerlik net vir sy land wil krieket speel, maar hom toe geroepe gevoel het om hard nee te sê vir siek politiek. Loon vir sy dapperheid sal hy wel kry.

Langeveldt se eensame rebellie sal as ’n moment aangeteken staan in die lang en bitter geskiedenis van politieke inmenging in SA sport. Dis in die liga van H.F. Verwoerd se Loskopdam-toespraak wat Nieu-Seeland se Maori-spelers toegang tot Suid-Afrika belet het en die apartheidsregering se weiering dat die SA gebore bruin krieketspeler Basil D’Oliveira as ’n lid van die MCC in Suid-Afrika toer.

Dié twee dade van bedenklike politieke inmenging in sport het die ou Suid-Afrika se sportisolasie ingelui.

Langeveldt sal onthou word as die moment waar die dwaasheid van rassekwotas in sport finaal aan die kaak gestel is. Wee die arme Proteas wat ná dié moreel slopende gebeurtenis in Indië moet toer.

Hoekom in hemelsnaam is dit so moeilik vir die ANC-gesinde elites oral in die samelewing om te begryp die uitkoms van gelykheid kan nie volgens dekreet geskep word nie? Dat die onbetwisbare ongelykhede van apartheid reggestel moet word in ’n proses met gelykheid van geleenthede, nie uitkomste nie, waarin meriete nooit ondergeskik mag wees aan ideololgie nie?

As sport ’n metafoor is vir die lewe - en dit is - skyn daar ná die Langeveldt-episode ’n rooi lig vir die koers waarheen die ANC en sy handlangers oral in die samelewing met dié land op pad is.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
    Stem
Is die "afskaffing" van beurtkrag te goed om waar te wees?
Ja
Nee
Eskom is nie te vertrou nie

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo