News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Lotto nuusbrief
Kry die Lotto-uitslae elke Woensdag en Saterdag per e-pos! Kliek hier om in te teken.
Toer saam met Bokke
Wen 'n reis na Engeland en sien die Bokke op Twickenham.
Sondag 20 Julie 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Mandela90
Olimpiese Spele
Kommentaar
    Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
Spaarmaand
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  2°C  20°C
Kpstd  12°C  16°C
Dbn  14°C  24°C
Jhb  3°C  17°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

19/04/2008 16:21  - (SA)  
Bebloede hande
    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Die Mbeki-bewind se houding oor die reuse-vrag Chinese wapens en ammunisie wat vir Zimbabwe bestem is, is sprekend van die regering se lamlendige en beginsellose hantering van die situasie in Zimbabwe.

Die internasionale gemeenskap het geen twyfel oor die situasie in Zimbabwe nie: menseregteskendings is aan die orde van die dag en van demokrasie is daar nie meer sprake nie. Onafhanklike waarnemers is dit eens dat Zimbabwe nou in werklikheid ’n militêre regering het, met dié dat die vorige regering se termyn verval het, die verkiesingsuitslae nie bekend gemaak is nie en die land se soldate en polisie ’n skrikbewind voer – met pres. Robert Mugabe nou wesenlik ’n onverkose diktator.

Dit is rede genoeg vir Suid-Afrika om te weier dat die wapenbesending wat per skip in die Durbanse hawe aangekom het oor land na Zimbabwe vervoer word.

Die internasionale aksienetwerk oor klein wapens het, tereg, ’n beroep op Suid-Afrika gedoen om nie die besending deur te laat nie omdat dit hoogs waarskynlik is dat dit gebruik sal word in gewelddadige aanvalle op burgerlikes en die skending van menseregte.

Suid-Afrika se eie wapenbeheerkomitee is gekant teen wapenverskaffing aan “konflikstreke” en lande betrokke by “die sistematiese skending of onderdrukking van menseregte”.

Maar sonder om ’n oog te knip keur die beheerliggaam die deurtog van die wapens goed omdat hy nie “bewerings” in ag kan neem nie en daar bowendien nie ’n wapenverbod teen Zimbabwe is nie. Die verantwoordelike kabinetslede lig nie ’n vinger om te keer nie. Spesiale reëlings word selfs getref vir die vervoer van die wapens na Harare.

En in New York vra pres. Thabo Mbeki: “Wapens? Watter wapens?”

Niemand moet hieroor verbaas wees nie. Só leun Mbeki nou al jare agteroor om Mugabe ter wille te wees. Só is alle kanse om druk op daardie regering uit te oefen verby laat gaan. Niemand glo meer Mbeki is nog in staat tot die rol van eerlike bemiddelaar nie.

Die direkte gevolg van die vervoer van hierdie besending wapens kan bloed en lyke op die strate van Zimbabwe wees. Indirek is Suid-Afrika en die ander lande in die streek, asook die res van die internasionale gemeenskap, weens hul dadeloosheid in elk geval lankal aandadig aan wat in Zimbabwe gebeur.

Nou gaan net nog meer bloed vloei.


 
Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
 
Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.

Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
    Stem
Steun jy 'n SA-bod vir die 2020 Olimpiese Spele?
Ja, beslis!
Nee, beslis nie!
Ja, maar...

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo