| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 20 Julie 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Mandela90 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Musiekblitz | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| Spaarmaand | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
26/04/2008 16:24 - (SA)
Skip van skande
Die oë van die wêreld is nou op Angola om te sien of die Chinese skip met moordwapens vir die Mugabe-regime toegelaat gaan word om in ’n Angolese hawe te ontskeep. Met die skryf hiervan was dit nog onseker of die An Yue Jiang ’n Angolese hawe sou aandoen om brandstof in te neem of om die wapens af te laai. Dit sal ’n ramp wees as pres. José Eduardo dos Santos ontskeping toelaat. Dit sal al die vordering ongedaan maak wat burgerlike instellings die afgelope tien dae behaal het om die skip van skande te gebruik om die onwettige, illegitieme Mugabe-regime te isoleer. Ná voorverlede week se hofbevel wat die aflaai van die wapens in Durban verbied het, het die SA vervoervakbond Satawu die internasionale alliansie van vervoervakbonde gemobiliseer om te verseker die wapens word in geen Afrika-hawe afgelaai nie. Daarna het pres. George W. Bush Dos Santos gebel en hom gevra om die skip nie in Angolese hawens toe te laat nie. Toe het daardie formasie van lamsakke, die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG), wakker geskrik. Die SAOG-voorsitter, pres. Levy Mwanawasa van Zambië, het die SAOG-lede gevra om die skip hawetoegang te weier. Die tyd sal leer of Angola die geledere gaan breek sodat Mugabe vir die soveelste keer ontsnap. Dié sage het ’n paar wenners en een yslike verloorder opgelewer: die regering van pres. Thabo Mbeki. Soos klokslag onder Mbeki was Suid-Afrika weer aan die verkeerde kant van die geskiedenis. Pleks van keer het die SA regering eerder uit sy pad gegaan om te verseker die wapens val wel in die moorddadige Mugabe se hande. In die proses het Mbeki en Kie. nuwe dieptes van politieke lafhartigheid beproef. Hul verskoning dat daar geen wapenboikot teen Zimbabwe bestaan nie en dat Suid-Afrika ’n “wettige transaksie” tussen twee soewereine lande moet respekteer, is pateties. Die Mugabe-regime het die laaste sweem van wettigheid lankal verloor. Suid-Afrika se eie Wet op die Beheer van Konvensionele Wapens sê Suid-Afrika mag nie betrokke wees by wapentraksies met regerings wat menseregte skend nie – presies die bepalings op grond waarvan die hofinterdik in Durban verkry is. Die Mbeki-bewind se hantering van die skip met wapens het Suid-Afrika nóg nader gebring aan die interna-sionale galery van pariastate – Zimbabwe, Soedan, Kuba, Libië, Noord-Korea en dies meer. Dis ’n genade dat Thabo Mbeki nog net vir sowat ’n jaar verduur hoef te word.
|
||||||||||||||||
|
||||||||||||||||
![]() |
||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|