News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
All Blacks wen rugby én harte
Dis nie net die Bokke wat swig voor die All Blacks nie - 'n Suid Afrikaanse model het ook vir 'n Kiwi geval.
Toer saam met Bokke
Wen 'n reis na Engeland en sien die Bokke op Twickenham.
Sondag 24 Augustus 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
In Diepte
Nuusfokus
Mandela90
Olimpiese Spele
Kommentaar
    Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Leef in Gauteng
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  2°C  24°C
Kpstd  12°C  16°C
Dbn  18°C  27°C
Jhb  7°C  27°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

26/04/2008 16:24  - (SA)  
Land Bank: ’n tragedie
    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Woorde kan nie die ramp, nee tragedie, beskryf wat by die Land Bank afspeel nie.

’n Kragtige instelling wat oor dekades heen met toewyding en kundigheid opgebou is om ’n lewenskragtige landbousektor vir Suid-Afrika te help verseker, is in veertien jaar van ANC-bewind feitlik ten gronde gerig.

SakeRapport berig vandag oor die wanbestuur, korrupsie en klaaglike ondoeltreffendheid wat ’n eens kapitaalkragtige helpende hand vir boere gereduseer het tot ’n korporatiewe bedelaar wat nie sonder aalmoese uit die staatskas sal oorleef nie.

Die tragedie is dat ’n Land Bank wat effektief en goed gefinansier gehou is, vandag in ’n uitstekende posisie sou gewees het om opkomende swart boere te help om kommersieel suksesvol te wees om Afrika se legioene van hongeres te voed en werk te skep. Pleks daarvan is miljarde verkwis op onsinnige projekte wat niks met landbou te make het nie, op selfverryking, bedrog en die opperste ondoeltreffendheid denkbaar.

Die Land Bank-skandaal is ’n enorme klad op 14 jaar van ANC-bewind. Daar is glo ’n regruk-poging aan die gang. Maar die verwagtinge moet baie beskeie wees. Daarvoor het die kultuur van nie-verantwoordbaarheid, die waarmerk van die ANC se regeerstyl, te diep ingesink. Dis mos altyd iets of iemand anders se skuld. Of die “kollektief” sal verantwoordelikheid aanvaar.

Eintlik is dit ’n wonderwerk dat Suid-Afrika nog hoegenaamd ’n kommersiële landbousektor het.


 
Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
Wat het julle verwag, 28/04/2008, JdP
Stem saam met Sarah, daar is gewaarsku maar ore was min - daar is Israel steeds vandag besig om sy man te staan teen die wereld. Ons het nou lat gepluk vir ons eie gatte en dit maak seer waar die houe val - Landbank is maar en voorbeeld van al die misgrype wat in die land plaasvind en niemand kan iets daaraan doen nie want dis nie meer onder ons beheer nie. (As dit maar net nog was - maar seker te laat vir trane....)
LandBank : 'n tragedie., 28/04/2008, sarah
Ek is geskok omdat Rapport geskok is in die LandBank se ondergang. Die KP, HNP en AWB het julle mos verniet gewaarsku en gewaarsku en gewaarsku teen (onder andere) al hierdie dinge. Lekker huil nou. Nou is dit te laat .... Hierdie is nog maar net die BEGIN van al jul smarte. Sarah Hawkins, Australia.
ANC = All now criminals, 27/04/2008, Jan Boland
Die ANC is besig om enige instelling met geld stelselmatig te stroop. In enige ander land sal regerings amptenare wat so iets doen vervolg word vir "crimes against humanity" Hier gaan dit oor selfveryking, tenspyte van die land se dringende behoeftes. Hulle koop eerder wapens in tye van vrede, en dit slegs om hulself te veryk ... vergeet die behuisings nood, behoefte aan skole, gesondheids dienste om maar net 'n paar te noem. Mbeki is 'n verleentheid, sy regering 'n grap ... en ons sit en kyk en kopskud! Hopenlik sal die waarheid eendag seevier, hopenlik sal alle Suid Afrikaners eendag instem dat ons hulle vervolg, groter tronke bou en hulle laat groente plant en sodoende al die geld wat hulle gesteel het laat terugbetaal! Die wereld is aan die verander, Mbeki moet weet, eendag sal hy verantwoording moet doen ... of hy nou vir Mugabe laat wegkom of nie ...
Afgetrede direkteur, 27/04/2008, Die hartseer
Ek ken 'n vroeg afgetrede afrikaanse direkteur van die Landbank weens die dinge wat daar plaasgevind het. Sy geld is maar min.
Vrot regering, 27/04/2008, Jonny
Die ANC het nie net die Landbank tengronde bestuur nie maar die hele land. Alles waaraan hulle vat foeter hulle op. Regte piesang regering. JD
 
Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.

Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
Piggs Peak Casino
    Stem
SA se swak prestasie in Beijing is...
Die atlete se eie skuld
Saskok (die owerhede) se skuld
'n aanduiding dat SA nie die talent het nie

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo