News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Lotto nuusbrief
Kry die Lotto-uitslae elke Woensdag en Saterdag per e-pos! Kliek hier om in te teken.
Rapport-blogs
Dié wat weet sê dis die beste stry-plek in die kuberruim. Kom maak jóú stem dik!
Sondag 6 Julie 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Olimpiese Spele
Kommentaar
    Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  0°C  17°C
Kpstd  12°C  14°C
Dbn  10°C  25°C
Jhb  1°C  15°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

03/05/2008 15:30  - (SA)  
SEB herbekyk
    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Uiteindelik ’n stem van rede oor swart ekonomiese bemagtiging (SEB).

Mnr. Mathews Phosa, die ANC se tesourier-generaal, het op Werkersdag gesê die ANC en sy alliansievennote moet weer kyk na die model waarvolgens SEB tans toegepas word, na die wetgewing en na die SEB-kodes.

Die “vrese” van minderhede vir SEB kan nie geïgnoreer word nie, het Phosa gesê. Hy het daarop gesinspeel dat die bruin en Indiër-minderhede reken hulle word uitgesluit van die voordele van SEB en daarvan moet werk gemaak word.

SEB kan nie net ’n paar individue bevoordeel wat bande het met die politieke magshebbers nie; die breë massa aan die onderkant van die maatskaplike piramide moet hoofsaaklik die voordeel daaruit trek, aldus Phosa.

Hy het sy vinger gelê op sowat alles wat verkeerd is met SEB soos dit in die Thabo Mbeki-era toegepas is. Hy kon verder gegaan het en daarop gewys het dat SEB ’n kultuur van grypsug en selftoeëiening in ’n deel van ons samelewing laat posvat het.

Iets drasties is verkeerd as ’n swart magnaat in minder as tien jaar dieselfde rykdom kon vergader wat ’n entrepreneur soos Raymond Ackerman van Pick n Pay meer as 40 jaar se bitter harde swoeg en sweet gekos het.

Die perverse uiteinde van ’n kultuur van “ek kry en ek vat omdat ek geregtig is daarop” is Zimbabwe, waar ’n hele landbousektor en ’n land in minder as ’n dekade verwoes is. Die taal waarin die aggressiewe drywers van SEB in Suid-Afrika hul missie klee, is in wese dieselfde as die taal wat Robert Mugabe gebruik het vir sy noodlottige plaasbesettings in Zimbabwe.

As die ANC die daad by die woord voeg en SEB grondig herevalueer, sal dit goed wees as hy as vertrekpunt aanvaar dat Suid-Afrika se verstandige, pragmatiese minderhede die noodsaak vir SEB volkome aanvaar.

Dit sal wondere verrig as die ANC ook afsien van sy knaende gewoonte om selfs goed bedoelde, konstruktiewe kritiek af te maak as “vasklou aan die voorregte van die verlede” of rassistiese vooroordeel oor swartes se vermoë om doeltreffend te regeer en te bestuur.

Die wese van die dialoog oor SEB moet verander. Tans gaan dit grootliks oor hebsug, dié van wittes én dié van swartes. SEB sal net slaag as dit waarlik ’n instrument vir ontwikkeling en vooruitgang is. Nie ’n kortpad na fabelagtige rykdom vir mense met die regte pigmentasie en politieke konneksies nie.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
    Stem
Is die regering te vertrou met 'n nasionale aftreefonds?
Ja
Nee
Nee, maar ek steun die idee

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo