News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Lotto nuusbrief
Kry die Lotto-uitslae elke Woensdag en Saterdag per e-pos! Kliek hier om in te teken.
Toer saam met Bokke
Wen 'n reis na Engeland en sien die Bokke op Twickenham.
Sondag 20 Julie 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Mandela90
Olimpiese Spele
Kommentaar
    Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
Spaarmaand
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  2°C  20°C
Kpstd  12°C  16°C
Dbn  14°C  24°C
Jhb  3°C  17°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

03/05/2008 15:30  - (SA)  
Eskom doen dit weer
    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Op die oog af lyk Eskom se aankondiging dat beurtkrag gestaak word na goeie nuus, maar in werklikheid dwing dit net nuwe kwelvrae na vore oor sy hantering van die kragkrisis.

Eskom se rede vir die opheffing van beurtkrag – dat die verbruikers se besparing dit moontlik gemaak het – maak nie sin as ’n mens na die feite kyk nie.

Net die vorige week nog het Eskom self gewaarsku oor ’n drastiese kragtekort die res van dié maand. Dié probleem het skynbaar oornag verdwyn.

Die beurtkrag is ingestel om noodsaaklike instandhoudingswerk oor drie maande moontlik te maak om erge kragonderbrekings in die koudste wintermaande te voorkom. Eskom gee egter geen aanduiding wat dié situasie nou is nie.

Die onvermydelike vraag is dus wat die ware rede vir die opskorting van beurtkrag is. Een moontlikheid wat genoem word, is dat ontploffings by substasies daarop dui dat die verouderende infrastruktuur beurtkrag eenvoudig nie kan hanteer nie.

Eskom se kommunikasie laat veel te wense oor. Hy kan ten minste die publiek, van wie hy ’n 60%-tariefverhoging wil hê, deurlopend eerlik en volledig bly inlig oor die ware stand van sake. Al sal dit vir hom ’n verleentheid wees om toe te gee dat hy steeds nie raad weet met die kragsituasie nie.

Hopelik sal die kundigheid wat hy nou naarstig werf, help dat hy wel weer sy sake in orde kry.


 
Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
Wat gaan aan?, 04/05/2008, Cornel
Ek koop dit nie! Gister was ons in die knyp, vandag, met die winter om die draai, is alles 100% Eskom moet met die waarheid uitkom. Niks skok ons meer nie. Laat ons eerder weet wat werklik aan die gebeur is. Eskom=Regering=Onbevoeg=Korrup
Eskom Bestuur bewys hul onvermo?/span>, 04/05/2008, Riaan Oosthuysen
Eskom bewys net weereens hulle onvermoe. Intussen verdien die topbestuur miljoene Rande. Dit is tyd dat ons van hulle ontslae raak en vervang met bestuur wat weet wat hulle doen. http://oosthuysenattorneys.blogspot.com/2008/05/top-betalende-eskom-bestuur-besig-om.html
Eskom Bestuur, 04/05/2008, BVR
Ek stem 100% saam Henry en ek dink 100% van die land voel so. Die probleem is egter dat daar nou oorsee gesoek word na ingenieurs vir Eskom terwyl plaaslike talentvolle ingenieurs oor die hoof gesien word. As dit is oor regstellende aksie, dat wil ek vir Mnr president Mbeki een ding s?kry kundigheid daar is 'n krises in die land wat almal affekteer, ongeag kleur! Maar nou word ingenieurs van Indi?ekry! Watwou? Ek dog ons land is demokraties? Dit is mos gewoonlik net die wit mense wat rasiste is, wonder wie is nou?
ESKOM AL WEER??, 04/05/2008, BVR
Kan die regering asb inspan by dieEskom bestuur, want dit lyk of dit soos 'n Kleuterskool bestuur word. More gaan jul smarties en chippies kry asjul soet is, en dan daag more op, dan is die smarties en chippes weggevat want ons was stout!?? Neem tog 'n dekselse besluit Eskom wat jul wil doen en hou daarby??? So moeilik? Beurtkrag was net die ding en toe ons Suide Afrikaners daaraan begin gewoond raak, toe is dit nie meer reg nie, toe moet jul ons "straf" met iets anders. Dit is nou mar een ding van 'n Suid Afrikaner, Eskom, ons kan cope en planne maak! Dus, stel 'n totaal nuwe bestuur aan wat ten minste konsekwent is. Eskom, dit is nie die redelike man op straat se skuld dat daar 'm krag tekort is nie, dit is die BESTUUR wat dit sien kom het maar handjies gevou gesit het. Dank almal af en kry 'n nuwe besem wat skoon vee!
Eskom doen dit weer, 04/05/2008, Henry
Eskom se bestuur doen niks! Hulle is totaal onbevoeg om enigsins in beheer van 'n maatskappy te wees. Hoe gouer hulle besef dat perskonferensies vol liegstories net die publiek die moer in maak, hoe beter. Hoekom vra hulle nie insette van die publiek nie? Daar is tog duisende tegnici en ingenieurs wat kan en wil help. Eskom kort 'n klap teen die oor vir 'n groot wakkerskrik!
 
Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.

Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
    Stem
Steun jy 'n SA-bod vir die 2020 Olimpiese Spele?
Ja, beslis!
Nee, beslis nie!
Ja, maar...

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo