News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Lotto nuusbrief
Kry die Lotto-uitslae elke Woensdag en Saterdag per e-pos! Kliek hier om in te teken.
Rapport-blogs
Dié wat weet sê dis die beste stry-plek in die kuberruim. Kom maak jóú stem dik!
Sondag 6 Julie 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Olimpiese Spele
Kommentaar
    Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  0°C  17°C
Kpstd  12°C  14°C
Dbn  10°C  25°C
Jhb  1°C  15°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

10/05/2008 15:21  - (SA)  
Pikoli-ondersoek
    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Die skaduwee wat gedreig het om die geloofwaardigheid van die Ginwala-ondersoek te vertroebel, het teen die einde van die week weggeskuif toe die inhoud van ’n belangrike brief van pres. Thabo Mbeki bekend gemaak is.

Dr. Frene Ginwala, oudspeaker van die parlement, moet in opdrag van pres. Thabo Mbeki vasstel of adv. Vusi Pikoli, hoof van die nasionale vervolgingsgesag (NV), geskik is vir sy werk. Dit volg op Mbeki se skorsing van Pikoli.

Tensy die teendeel bewys word, sal die agterdog in die openbare gemoed bly dat Pikoli geskors is omdat hy die nasionale polisiehoof, komm. Jackie Selebi, wou arresteer.

’n Belangrike bewysstuk, meen Pikoli, is die inhoud van ’n brief van Mbeki aan die justisieminister, me. Brigitte Mabandla, die dag voordat sy op haar beurt weer ’n brief aan Pikoli gestuur het waarin sy klaarblyklik in die regsproses ingemeng het.

Ginwala se aanvanklike weiering om die inhoud van Mbeki se brief bekend te maak, het dadelik vrae oor haar onafhanklikheid laat opklink. Gelukkig het sy haar ’n dag later bedink omdat Mbeki se kantoor nie kon sê hoekom die brief geprivilegeerd is nie.

Dié hoofstuk in die Pikoli-sage bevestig weer eens dat die Mbeki-kamp alles in hul vermoë sal doen om elke moontlike rede vir Pikoli se skorsing aan te voer – behalwe die mees waarskynlike: sy vaste voorneme om Selebi te arresteer.

Dié vermoede is verder die afgelope week bevestig deur die getuienis deur niemand minder nie as die kerkman aan die spits van Mbeki se kantoor, eerw. Frank Chikane.

Die eerwaarde, wat in ’n gees van vergiffenis toegelaat het dat oudmin. Adriaan Vlok sy voete was en self verlede jaar ’n artikel geskryf het waarin hy die pleitooreenkoms met Vlok prys, het skielik dié week voor Ginwala aangevoer die hantering van die pleitooreenkoms is een van die redes vir Pikoli se skorsing.

Intussen behou Mbeki en Mabandla ’n hovaardige afstand van die ondersoek en is hulle nie van plan om self te getuig nie. Van hul amptenare wat hulle die spervuur ingestuur het, het die afgelope week les opgesê voor die aanslag van Pikoli se regspan. Ginwala is uit huis uit ’n ANC-funksionaris. Dit beteken nie sy is sonder integriteit nie. Ná die effense struikeling die afgelope week moet sy dubbel bedag wees daarop om onafhanklik te bly.


 
Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
 
Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.

Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
    Stem
Is die regering te vertrou met 'n nasionale aftreefonds?
Ja
Nee
Nee, maar ek steun die idee

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo