News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
'Hy ly aan geheueverlies'
"Hy ly aan ernstige geheueverlies", sê Steve Hofmeyr se voormalige minnares, Janine van der Vyver.
Kate Moss in goud verewig
Sy is een van dié supermodelle van die wêreld - en superomstrede.
Sondag 5 Oktober 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
In Diepte
Kommentaar
    Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Leef in Gauteng
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  16°C  27°C
Kpstd  15°C  20°C
Dbn  16°C  24°C
Jhb  10°C  24°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

21/06/2008 15:22  - (SA)  
Verligting by die OTM
    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Suid-Afrika se banke is glo van die winsgewendste ter wêreld. Ons swaar beproefde verbruikers sal hierop sê: geen wonder nie, ons bankkoste is dan van die hoogstes.

Daarom sal bankkliënte verlig wees oor die nuus dat die Mededingingskommissie se ondersoek na bankkoste binnekort ’n bietjie verligting kan bring.

As die aanbeveling geïmplementeer word oor die heffing van tariewe vir die gebruik van OTM’s, kan die talle gebruikers van dié bankgerief binnekort gesamentlik sowat R1 miljard minder aan OTM-gelde betaal.

Suid-Afrika se vier groot bankgroepe maak gereeld gewag daarvan dat mededinging in die sektor besonder straf is en dat dié mededinging ’n dempende uitwerking op bankkoste het. Tog oortuig hulle nie heeltemal nie. Daarvoor is daar te veel oëverblindery. Een bank sal byvoorbeeld spog sy diensgeld vir ’n bepaalde rekening is die laagste van almal. Maar dan is die geld wat hy op ’n ander bankdiens hef, weer heelwat hoër as dié van die ander.

Daar is begrip daarvoor dat Suid-Afrika se bankgelde ’n premie dra weens koste wat banke moet aangaan om hulle en hul kliënte teen misdaad te beskerm. Tog raak banktegnologie al hoe meer gevorderd. Waarom kan dit nie, soos in ander bedrywe, ook lei tot dalende koste vir die kliënt nie?

Die bankwese in Suid-Afrika het ’n hele paar eienskappe van ’n kartel. Ons banke kan gerus harder probeer om daardie persepsie te besweer.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Motor- & huisversekering
Direct Axis-Lenings
Piggs Peak Casino
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Stuur jou video
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
    Stem
Wie dink jy praat die waarheid, Steve of Janine?
Steve
Janine
Mens sal nooit weet nie

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo