News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
'Hy ly aan geheueverlies'
"Hy ly aan ernstige geheueverlies", sê Steve Hofmeyr se voormalige minnares, Janine van der Vyver.
Kate Moss in goud verewig
Sy is een van dié supermodelle van die wêreld - en superomstrede.
Sondag 5 Oktober 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
In Diepte
Kommentaar
    Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Leef in Gauteng
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  16°C  27°C
Kpstd  15°C  20°C
Dbn  16°C  24°C
Jhb  10°C  24°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

28/06/2008 15:57  - (SA)  
Gevra: ’n wonderwerk
    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Dit is kritiek belangrik watter posisie Suid-Afrika oor Zimbabwe gaan inneem op die beraad van die Afrika-unie (AU) wat dié week in Sjarm el-Sjeikh in Egipte gehou word.

Robert Mugabe gaan met ’n breë glimlag opdaag met die “uitslag” van Vrydag se “verkiesing” in sy sak. Hy gaan eis dat die AU sy “verkiesing” bekragtig, al was dit ’n klug en ’n oefening in bloedige intimidasie. In die naam van Afrika-solidariteit het die lamlendige ou AU al bedenkliker verkiesings goedgekeur. Die AU weet dit en Mugabe weet dit en daarom kan en sal hy aandring op dieselfde behandeling vir hom.

As die AU sy legitimiteit erken, word die verdoemende resolusie grootliks geneutraliseer wat die veiligheidsraad van die VN die afgelope week oor Zimbabwe aanvaar het. Suid-Afrika, ’n nie-permanente lid van die Veiligheidsraad, is ingebind in daardie resolusie waarin onder meer Vrydag se “verkiesing” verwerp word.

Maar dalk gebeur ’n wonderwerk en pres. Thabo Mbeki maak genoeg moed en integriteit bymekaar om sy stem te verhef teen ’n AU-posisie wat Mugabe kondoneer. Nie net sal dit moreel korrek en politiek dapper wees nie, dit sal ook die logiese konsekwensie wees van Suid-Afrika se stem in die Veiligheidsraad oor Vrydag se skynverkiesing en die bloedige geweld wat Mugabe teen sy eie mense toepas.

Dit sal egter, gegewe Mbeki se hantering van die Zim-krisis tot dusver, ’n baie groot wonderwerk wees.


 
Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
nie 'n kans nie!, 29/06/2008, johan
want mbeki het: a) GEEN integriteit nie, en b) GEEN moed nie!, en c) GEEN wilskrag of motivering nie! Moenie te veel verwag van verlamde pluimvee nie!!
VN resolusie, 29/06/2008, tradere
Jou stelling: "Suid-Afrika, ?n nie-permanente lid van die Veiligheidsraad, is ingebind in daardie resolusie waarin onder meer Vrydag se ?verkiesing? verwerp word." Kry jou feite eers reg voor jy in die koerante skryf. Die VN resolusie het, op ONS EIE LAND se aandrang NIE die verkiesing verwerp nie, maar dit bloot net betreur.
 
Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.

Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Motor- & huisversekering
Direct Axis-Lenings
Piggs Peak Casino
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Stuur jou video
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
    Stem
Wie dink jy praat die waarheid, Steve of Janine?
Steve
Janine
Mens sal nooit weet nie

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo