News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Charlize help VN
Charlize Theron is deur die Verenigde Nasies (VN) aangestel as vredesambassadeur.
Mej SA nou modeskouspel
Die nuwe formaat Mej SA-kompetisie beloof 'n modeskouspel soos Suid-Afrika nog nie gesien het nie.
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Suid-Afrika
Sport
Sake
Wêreld
In Diepte
Kommentaar/Opinie
    Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
Kaap-Rapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  14°C  30°C
Kpstd  16°C  20°C
Dbn  21°C  29°C
Jhb  14°C  22°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

28/06/2008 15:57  - (SA)  
Selebi-kontrak
    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Dit ’n hoogheilige en lamsakkige verskoning wat pres. Thabo Mbeki aanvoer hoekom komm. Jackie Selebi, die gediskrediteerde nasionale polisiehoof, se kontrak met ’n jaar verleng is.

Hoogheilig omdat Mbeki so ewe die regsreël voorhou dat iemand onskuldig is totdat hy skuldig bevind word.

Daarmee vergeet Mbeki gerieflik die langdurige pu-blisiteit oor die vriendskap met die bedenklike Glenn Agliotti wat Selebi so uitdagend uitgesaai het.

Geen mens met sulke verbintenisse kan geduld word in die amp van polisiehoof nie. Mbeki het ander mense om minder geldige redes in die pad gesteek, soos me. Nozizwe Madlala-Routledge, vorige adjunkminister van gesondheid, en adv. Vusi Pikoli, wat die Selebi-ondersoek gelei het, kan getuig.

Mbeki het ook geen probleem met die onskuldig-tot-skuldig-bevind-reël gehad toe hy mnr. Jacob Zuma uit die pos van adjunk-president gesit het nie.

Dis daarby lafhartig omdat Mbeki weet hy sal nie die finale besluit hoef te neem nie oor Selebi, wat hy so tot elke prys in sy pos probeer hou het. Wanneer dit weer ter sprake kom, sal sy ampstermyn verby wees.

Vir die belastingbetaler beteken dit R1 miljoen uit die staatskas aan Selebi se salaris terwyl hy op betaalde verlof is hangende sy hofsaak. Alles dui daarop dat uitspraak eers oor ’n jaar verwag kan word.

Erger: dis nog ’n aanslag op die moraliteit van die samelewing wat worstel om sy waardes te behou.

Die waarheid is dat Mbeki genoeg ander redes as die kriminele klagte teen Selebi en sy bedenklike vriendskapsbande gehad het om nie sy kontrak te hernieu nie.

Selebi kan sonder vrees vir teenspraak bestempel word as die onbekwaamste polisiehoof wat die land nog gehad het. Nie net het sy menseverhoudinge dikwels veel te wense oorgelaat nie (hy het ’n polisielid by geleentheid ’n gorilla genoem omdat sy hom nie herken het nie). In sy ampstermyn het interne ontevredenheid in die polisiediens en korrupsie toegeneem terwyl vaardighede drasties agteruitgegaan het. Bowenal het misdaadsyfers ongekende hoogtes bereik.

Mbeki se hantering van die Selebi-situasie, van sy aanvanklike staat van ontkenning tot sy skorsing van Pikoli en sy verwarrende verduidelikings agterna, sal vir altyd ’n skadu oor Mbeki se integriteit werp.

Eintlik moes die verlenging van Selebi se kontrak niemand verbaas het nie.


 
Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
Slebi, 29/06/2008, Dr J JLubbe
Die verlenging van die aangeklaagde boef, Selebi, en sy diens kontrak, en daarmee saam sy soustrein salaris, plus natuurlik alle voordele wat hy steeds geniet, is weereens 'n klasieke (siek)en duidelike voorbeeld hoe Mbeki en die ANC hulle struggle vennote pamperlang en bekerm. Lesers, Welkom in Zimzania!
Selebi Kontrak, 29/06/2008, Gert
Mbheki se onwrikbare geloof aan twee "Despots" nl. Selebi en Mad Bob kan moontlik net wees dat hulle iets het teen die A.N.C. en Mbheki homself het.Geen Staatsman wat homself `n geloofwaardige Demokraat noem ,kan die "Monster" Mugabe so beskerm ten koste van sy eie landsgenote of die bevolking van Zimbabwe nie.Die bevolking van Zim moet die Diktator met geweld die pad wys, want dis al wat hy sal verstaan. Mbheki en die ANC se ondersteuning aan ZANU-PF kan ook net nag wees vir ons landsgenote as die ANC se beheer ooit in gevaar kom!Geweld is al wat Afrika erken!!!
Selebi, 29/06/2008, WaarheidINUK
Mugabe en Mbeki is een in dieselfde, Kyk net na hulself, Ek wens Mbeki kon standpunt teen slapgat Mugabe inneem soos hy teenoor Pikoli standpunt ingeneem het. Slapgat!!
 
Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.

Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis-Lenings
Wen tot R1000 verniet
Motor- & huisversekering
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Rapport-foto's
    Stem
Wie is, volgens jou, mees "presidensieel"?
Mnr. Zuma
Mnr. Lekota
Pres. Motlanthe

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo