News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Lotto nuusbrief
Kry die Lotto-uitslae elke Woensdag en Saterdag per e-pos! Kliek hier om in te teken.
Toer saam met Bokke
Wen 'n reis na Engeland en sien die Bokke op Twickenham.
Sondag 20 Julie 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Mandela90
Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
    Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
Spaarmaand
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  2°C  20°C
Kpstd  12°C  16°C
Dbn  16°C  24°C
Jhb  3°C  17°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

10/05/2008 15:38  - (SA)  
Kaapse Bul
Avril Fillies     

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Burton Francis

Sy suksesse op die rugbyveld skryf hy toe aan die vertroue en ondersteuning van die inwoners van sy geboortedorp, die Paarl. Daarom dra hy sy insluiting in die Super-14-span vir gister se kragmeting teen die Brumbies aan hulle op.

Só gesels Burton Francis (21), losskakel van die Blou Bulle, wat verlede Saterdag die helfte van die punte in die oorwinning van 40-20 teen die Griekwas in die Vodacombeker-halfeindstryd met sy geleerde skopvoet aangeteken het. Hy het vier doelskoppe, twee strafdoele en twee skepdoele aangeteken.

“Ek het niks spesiaals gedoen nie, maar het by die spelplan van die afrigter, Nico Serfontein, gehou. In die eerste helfte het ons teen die wind gespeel en was dit moeilik om hulle te keer. Jy moet onthou, Griekwas is die huidige kampioene en hulle het die wind gebruik en behoorlik in ons halfgebied kamp opgeslaan. Ons moes toe ons keer ken, want ons het heeltyd verdedig. Ons kon net-net daarin in slaag om met rustyd 10-7 voor te loop.

“In die tweede helfte het ons saam met die wind gespeel en kon ek met lang skoppe hulle hul eie medisyne laat proe. Ons het knaend aangeval en hulle gedwing om foute te maak. Daardie foute het ek in punte omskep, maar sonder my spanmaats sou ek dit nie kon doen nie,” sê hy.

Burton was ’n leerling aan die Sekondêre Skool Klein-Nederburg en het vir die skool op losskakel of heelagter uitgedraf. “Ek het maar ’n kans gevat om heelagter te speel, want die wanopvatting is dat as jy losskakel kan speel, is heelagter net so maklik. Ek stem nie hiermee saam nie, want jy het verskillende vaardighede nodig en jou aanslag is heeltemal anders.

“Ek verkies om losskakel te speel, want jy is betrokke by die spel, jy bepaal hoe die wedstryd gaan verloop en jy moet goed takties en na die pale kan skop. Op heelagter is jy soms baie alleen en moet self werk soek om by die spel betrokke te raak,” sê Burton.

“Dit was vir my moeilik om in my laaste twee jaar op skool nie die Boland se Cravenweekspanne te haal nie, maar ek is in 2004 wel in die Boland-Akademiespan opgeneem. Ons het aan die Akademieweek op Graaff-Reinet deelgeneem en dis daar waar ek ’n kontrak aangebied is om Potchefstroom toe te kom. Ek het die volgende jaar Cravenweek vir die Luiperds gespeel en het in dieselfde jaar die o.16- SA Akademiespan gehaal.

“In 2006 is ek na die Bulle en het vir die o.19-span uitgedraf. Verlede jaar het ek die Bulle se o.21- en Vodacomspanne gehaal en was vanjaar weer deel van laasgenoemde,” sê hy.

Dit was altyd sy droom om eendag Super-14 te speel, maar hy het geweet dit gaan nie maklik wees by die Bulls nie.

“Ek moet hier as losskakel meeding met Derick Hougaard en Morne Steyn, maar met die onttrekking van Derick vir die Brumbies-wedstryd het ek nou my eerste kans gekry. Ek sal die kans met albei hande aangryp en as ek goed doen, sal een van hulle dalk moet baklei om my weer uit die span te lig,” skerts hy.

Albei sy ouers, Lizette en Anthony, is sportmense. Sy ma het vir die Suid-Afrikaanse Netbalunie (Sacos) netbal gespeel en sy pa het vir die Boland rugby gespeel.

“My pa het skrumskakel en losskakel vir die klub Young Standards en Boland gespeel en ek leer baie by hom van losskakelspel. My held is Stephen Larkham van Australië – hy is aanvallend, kan sy agterlyn organiseer, is baie bedrieglik, kan takties skop en sy aanvoeling is buitengewoon. Ek glo dat ek oor al die eienskappe beskik, maar dat dit nog nie so afgerond is nie,” sê Burton.

“As ek vandag ’n keuse kon maak saam met watter skrumskakel ek wil speel, sal dit George Gregan wees. Hy is soos ’n tweede generaal op die veld, langs Stephen. Hy is die skakel tussen voor- en agterspelers, hy weet wat om te doen en wanneer. Sy diens aan Stephen het hulle ’n kombinasie sonder weerga gemaak. Sy balverspreiding is ook uitstekend,” sê hy.

“My afrigter speel ’n groot rol in my vertonings. Hy help my om in myself te glo. Nie dat ek dit nie voorheen gedoen het nie, maar nou twyfel ek nie meer oor my besluite op die veld nie, want hy ondersteun my en moedig my aan om nuwe goed te probeer. Ons het ’n oop verhouding en gesels gereeld oor hoe ek my spel kan verbeter en wat ek op sekere tye op die veld kan of nie kan doen nie.

“My ouers en my broer, Bevan, is my grootste ondersteuners, maar ek kan ook nie die mense van die Paarl uitlaat nie. Die rugbygemeenskap in die Paarl is ’n hegte gemeenskap, en as die een kind van die Paarl presteer, is dit die hele dorp se prestasie. Ek sal nooit vergeet van waar ek kom en hoe ek as kannetjie in die pad rugby en krieket gespeel het nie.

“Moenie ’n fout maak nie, jy is nie net jou ouers se kind nie, maar almal s’n in jou straat! Jy het ook pak gekry as jy saam met die ander kinders in die straat kwaad gedoen het,” skerts hy.

Hy hoop om oor twee jaar die Bokspan te haal, maar strewe nou eers daarna om volgende jaar heeltyds in die Curriebeker-span van die Bulle te speel.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
    Stem
Steun jy 'n SA-bod vir die 2020 Olimpiese Spele?
Ja, beslis!
Nee, beslis nie!
Ja, maar...

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo