News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Lotto nuusbrief
Kry die Lotto-uitslae elke Woensdag en Saterdag per e-pos! Kliek hier om in te teken.
Toer saam met Bokke
Wen 'n reis na Engeland en sien die Bokke op Twickenham.
Sondag 20 Julie 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Mandela90
Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
    Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
Spaarmaand
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  2°C  20°C
Kpstd  12°C  16°C
Dbn  14°C  24°C
Jhb  3°C  17°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

10/05/2008 15:38  - (SA)  
Milla en haar muffins
Karin Burger    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Die agtjarige Milla Peerutin met haar muffins. Foto: Deon Gurling

Die agtjarige Milla Peerutin kén van siek kinders. Haar ouer sussie, Alex, bestee baie tyd in die hospitaal en ’n vriend, Zachary Bloch, is in 2001, toe hy net ses maande oud was, met akute nierversaking opgeneem.

Zachary se ouers is goeie vriende met die Peerutins en Milla sien Zach se ma, Amanda, as ’n rolmodel.

Jonathan en Amanda Bloch is by geldinsamelingspogings betrokke en hulle het ná hul seuntjie se beterskap binne ses maande meer as R1 miljoen ingesamel om dankie te sê aan die hospitaalpersoneel.

“Ek wou self iets doen om siek kinders te help én ek wou ander mense inspireer om dieselfde te doen,” vertel dié graad 2-leerling aan Herzlia Primary High in Vredehoek.

’n Vriendin van haar, Tali, het een keer muffins op straat verkoop en net daar het Milla die plan gekry om dieselfde te doen en om dan die geld aan die Rooi Kruis-kinderhospitaal te skenk. “Hulle bou ’n nuwe teater en die geld is my deeltjie om dankie te sê dat hulle Zach gesond gemaak het,” verduidelik sy.

Milla en die gesin se huishulp, Jenny Mouers, is op “muffin-dae” al sesuur in die kombuis om te begin bak.

Milla se broer Max (6) is só gefassineer deur sy sussie se goeie daad dat hy homself as klitser aangestel het.

Milla verkoop die muffins teen R5 vir kleintjies en R10 vir grotes by haar ouers se kantore.

“Dit hang van die bestellings af, maar ons bak tussen 60 en 120 muffins op ’n slag,” vertel Milla trots. Haar kliënte kan kies tussen wortel-en-vanielje, semels-en- rosyntjies, en pekanneut-en-wortel.

Haar eerste mikpunt van R2 000 het sy binne drie maande bereik, waarna sy self ’n houertjie met die geld na die Rooi Kruis-kinderhospitaal geneem het om R2 242 aan hulle te oorhandig. “Die mense daar was baie gaaf en ook baie bly oor die geld. Hulle het vir my ’n sertifikaat gegee en my die hospitaal gewys,” sê sy.

Nou bak sy verwoed om haar volgende mikpunt – R4 000 – te bereik.

Milla sê sy het nog nooit die behoefte gehad om die geld op CD’s of ander bederfgoed uit te gee nie. “Ek help eerder ander mense as myself. En dis lekker om te weet ek kan ’n verskil in die siek kinders se lewe maak.”

* Mense in die middestad wat bestellings vir muffins by Milla wil plaas, kan ’n e-pos stuur na azraa@assocmags.co.za.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
    Stem
Steun jy 'n SA-bod vir die 2020 Olimpiese Spele?
Ja, beslis!
Nee, beslis nie!
Ja, maar...

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo