| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 29 Junie 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
10/05/2008 15:38 - (SA)
Zanne blom oor haar boepie Karin Burger
“Nege maande voel hopeloos te lank om te wag. Ek is nou 30 jaar oud en ek wag al my hele lewe lank vir hom,” vertel Zanne Stapelberg oor haar eersteling wat in September sy opwagting maak. Dié gewilde operasangeres is nou 22 weke swanger met ’n seuntjie. “Ek kan ons vreugde nie beskryf nie,” sê haar man, Jomar de Lange (33). Dié paartjie is al 14 jaar bymekaar en is sewe jaar gelede getroud. Zanne vertel dat hulle peetkind uit Namibië, Christina (1), in Desember by hulle gekuier het. Dis net daar dat sy en Jomar besef het die tyd is reg om met ’n gesin te begin. “Jomar het net vir my geknipoog, toe is ek swanger,” spot sy. Zanne is baie opgewonde oor haar boepie wat begin wys (maar wou in die fotosessie niks weggee nie!). “Sowat ’n week gelede kon ons voel hoe die outjie begin skop. Dis net ongelooflik om te weet daar groei in lewe in jou.” Die egpaar het op Jan Alexander as name vir hulle seuntjie besluit. “Dis so ’n sterk naam. Mense moet sommer nou al weet sy ma gaan gesteld wees daarop dat sy noemnaam Alexander is, nié Alex of Xander of enige ander afkorting nie,” sê Zanne. Sy is oortuig daarvan dat Alexander nie haar loopbaan gaan terughou nie. “Die feit dat ek swanger is, voeg juis nuwe dimensie by my menswees. Ek dink nou aan myself in ’n nuwe rol. Dis nou asof ek meer as vantevore seker is oor wat ek wil bereik. Ek en Jomar wil ons kinders kan toerus vir hul lewens.” Die egpaar wil graag nóg kinders hê – vier, as dit van hulle afhang. “En ons het klaar vir hulle name. Alexander, Sebastian, Nina en Maja,” sê Zanne.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|